Ouers woedend ná skool Afrikaans afskaf

Gekombineerde Skool Cullinan (Foto: Facebook)

Die ouers van Afrikaanse leerders aan die Gekombineerde Skool Cullinan is woedend nadat dié skool se taalbeleid oornag verander het om Afrikaans af te skaf. Die Gautengse departement van onderwys het besluit om Afrikaanse onderrig af te skaf weens die kwynende getal Afrikaanse leerders aan dié skool, sê Steve Mabona, woordvoerder van die departement.

Afrikaanse leerders is gevolglik verlede week na ander skole etlike kilometers verder oorgeplaas en ouers moes inderhaas nuwe skoolklere aanskaf.

“Dit is ’n Engelse én Afrikaanse skool. Nou skop hulle die Afrikaanse leerders uit,” kla Cindy Smit, ’n Afrikaanse ouer aan die skool.

Volgens Mabona is ouers in Oktober verlede jaar van die departement se planne ingelig, nadat daar in dié stadium onderskeidelik net tussen vyf en agt leerders vir grade 2 tot 7 ingeskryf was.

Die getal Afrikaanse hoërskoolleerders in die Gekombineerde Skool Cullinan het volgens die departement ook al hoe minder geword met 11 leerders in graad 9, 10 in graad 10 en 12 in graad 11. Daar moes voorsiening vir dié leerders in Afrikaans huistaal en wiskunde gemaak word.

“Aangesien ’n laerskoolklas gewoonlik 40 leerders bevat en ’n hoërskoolklas uit 35 leerders bestaan, het die departement die opvoedkundig besliste besluit geneem om hierdie leerders in die Laerskool Rayton (Rayton) en Hoërskool Erasmus (Bronkhorstspruit) te plaas.”

Die ouers is verlede Maandag gedurende ’n ouervergadering ingelig dat die departement met sy planne voortgaan en dat leerders vanaf Woensdag by dié skole ingeskryf moet word. Die departement het gevolglik sielkundiges beskikbaar gestel om leerders “geestelik en emosioneel” op die oorplasing voor te berei, sê Mabona.

“Dit is baie hartseer. Ons het baie hard baklei vir daardie skool. Baie ouers het al verlede jaar hul kinders uit die skool begin haal, maar ons het net gesê ons gaan bly,” sê Jessica Swart, nog ’n ouer.

Volgens Swart is daar aan hulle gesê dat die leerders ses maande het om nuwe skoolklere vir die onderskeie skole aan te skaf. Toe hulle egter Woensdag by die nuwe skool kom, is hulle dadelik klerebank toe gestuur om skoolklere te kry, waarna die ouers gevra is om R2 000 te betaal vir onder meer handboeke, skryfbehoeftes en buitemuurse aktiwiteite by die nuwe skool.

“Wat van die nuwe skoolklere en R1 600 wat ek reeds moes betaal vir benodigdhede by Cullinan?” wil Swart weet.

Argieffoto (Foto: mromerorta, Pixabay)

“Groot kommer oor vervoer”

Volgens Mabona stel die departement ’n gratis bus tot leerders se beskikking, wat hulle soggens en smiddae tussen Cullinan en die onderskeie skole sal vervoer.

Dit is egter juis hierdie bus wat vir groot kommer sorg, meen Swart.

Volgens Swart sal haar kind nie voortaan meer aan buitemuurse aktwiteite kan deelneem nie, aangesien daar net een geleentheid is om smiddae met die bus terug te ry huis toe.

Smit en Swart is bekommerd oor die leerders se veiligheid aangesien Laerskool Rayton reeds 13:30 verdaag en die bus leerders eers 15:00 by die skool oplaai. Dit beteken dat hulle reeds sowat anderhalf uur sonder toesig op die skoolterrein moet wag vir die bus om te kom.

“Hoe gaan hulle waarborg dat my kind veilig van hier tot by die skool kom en wat as die bus breek? Hoe kom ons kinders dan by die skool?” wil Swart weet.

“Ek kan nie my kind self na ’n skool verder weg vervoer nie. Dit is hoekom ons nie ons kinders in die eerste plek uit Cullinan se skool gehaal het nie. Dit is net drie kilometer van my huis af.”

“Groot ontwrigting”

Albei ouers meen ook dat hul kinders tans verward is en sukkel met die skielike aanpassing ondanks die feit dat al hul skoolmaats nou in Rayton en Bronkhorstspruit skoolgaan.

Volgens Swart word haar kind in graad 10 ook nou genoodsaak om van vakke te verander, aangesien sy nuwe skool nie toerisme aanbied nie.

Mabona erken dat ouers ongetwyfeld nie almal gelukkig gaan wees met die departement se besluit nie. “Let ook daarop dat sommige ouers gekies het om van Afrikaans na Engels oor te skakel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

64 Kommentare

Francois Acron ·

So neem hulle oor met hulle getalle. Eers 10, dan 100 dan 1000 en dan is jy jou universiteit, skool, taal en kultuur kwyt.

HARTSEER ·

Baklei vir jou kind se regte. Hoevele optogte ens is deur ouers gehou as hul kinders nie opgeneem word in skole nie of die taalbeleid staan hul nie aan nie. Ouers en kinders is nie speelballe wat net rond en bond geskop kan word nie. Ons kinders se veiligheid en reg te moet nagekom word.

Yolandy ·

Die ouers moet maar die skool dagvaar vir die nuwe skooldrag ensv. Saam met uitgewerkte petrol vir die skielike verandering.

Anoniem ·

Dit gebeur al hoe meer dat Afrikaanse kinders by skole verwyder word sodat die skole net Engels kan word. Hierdie kinders word dan in skole wat kilometers van hulle woonplek is geplaas tot groot ontwrigting van die kinders en die ouers.

Antoinette ·

Ek verstaan nie. As daar drie Engelssprekende of swart kinders is wat by ‘n Afrikaanse skool wil aan sluit is dit ‘n hele herrie as die Afrikaanse skool nie Engelse klasse wil verskaf nie. Lekker dubbele standaarde.

Mathilda ·

Dit is vir seker nie die geval nie. Ek is n onderwyseres en ons skool bied die vakke slegs in afrikaans aan, hetsy die leerder swart of indier of chinees is. Ons het nou ‘n Chinese kind gehad wat top in die skool was. Die ouers kan nie eers engels verstaan nie. Kinders het as tolk tussen skool en ouers opgetree.

Elsabie ·

En so gaan hul voort om ons uit te roei op al die maniere en die wêreld bly tjoepstil. Ons is in die minderheid en sal so bly want ons teël nie aan soos hul nie. Vader red ons asb.

Kootjie ·

Jaaaa!!! Die Engelse het ‘ n manier om al die ander tale uit te roei!! Weet julle hoekom? Want hulle is dom!!! En leer nie maklik ander tale aan nie!! Vra my!! Ek het dit gesnap toe ek mooi na hulle geluidste!! Het! HULLE is te lui om te leer!! Dis verseker!

jaco ·

Waarom kla NET wit Afrikaanssprekendes oor diskriminasie teen Afrikaans? Ek hoor nooit kleurling Afrikaanssprekendes kla nie. Ek hoor ook nooit swart Xhosa-, Zulu- en Tswanasprekers kla oor diskriminasie teen hulle tale nie.
Oppas, eendag is eendag wat daar gesê gaan word “ons is nou finaal moeg van hierdie rassistiese wit mense wat gedurig reaksionêr en teen transformasie is”. En dan begin die kwaai onderdrukking eers.
Lag eerder vir dié mense wat ‘n wit Europese taal bevorder wat oor maklik 1 derde van die wêreld ‘n taal van onderdrukking was in die nou lank reeds vergane British Empire.
En kla oor meer dringende goed: bietjie taaldiskriminasie lei nie tot PERMANENTE werkloosheid weens regstellende aksie nie. Dit is ook nie wreed en moordend soos plaasaanvalle nie. Daardie ure se gekla oor diskriminasie teen Afrikaans kan veel meer produktief wees as jy dit eerder gebruik net om patrollie vir die buurtwag te ry.

Swartwolf ·

Dis maklik, swart tale word nie teen gediskrimineer nie. Meeste nie blanke mense wat afrikaans praat praat Kaaps. Dis nie afrikaans wat in ‘n skool as ‘n vak op ‘n akademiese grondslag aangebied kan word nie. Dis hoekom wit afrikaans sprekendes kla oor diskriminasie teen afrikaans in skole. Niks met rassisme uit te waai nie. Die wat rassisme eerste skree gewoonlik die grootste rassiste. As my lanie sal verstaan….

Jl ·

@Jaco, die afrikaanse sprekendes in die Wes Kaap, is harder op die taal as enige wit persoon in SA. Blanke mense in SA wil he, en wil he iemand moet baklei vir hulle regte, solank dit nie hulle hoef te wees nie. Feite.

Karel ·

As n skool Afrikaans is en jy wil soontoe gaan, goed en wel, maar om dan aan te dring hulle moet jou in engels leer…. wel, gaan soek dan n engelse skool of watse skool jy soek, maar die een is afrikaans. Hoe kan die wat inkom sommer later aandring dat n ding verander vir hulle, belaglik. Jy sluit aan by n ding as dit is wat jy wil hê, jy sluit nie aan en verander dit tot dit is wat jy wou hê nie.

Maggie ·

Jaco,
Wie het daardie skool opgerig en gebou tot dit wat hy is? Afrikaans sprekendes.
Wie het hom in stand gehou?
Hoe kan jy vir een oomblik se ons kerm. Ons bou skole en nou moet Afrikaansprekendes gaan sodat swart taliges en Engelse die skool kan afbreek.
Wat verstaan jy nie. Die regering is besig om Afrikaans uit skole te dwing.
Dieselfde het gebeur met Universiteit RAU wat spesiaal gebou is vir Afrikaans sprekendes. Met wie se geld was dit gebou? Afrikaans sprekendes.Vandag is dit genome UJ. Wie mag daar studeer? Net anderkleuriges. Afrikaans sprekendes kan 9 onderskeidings he maar mag nie daar studeer nie. Wie keur hulle af. Ander kleuriges.
Daardie skool gaan nie lank staan nie dan gaan hy afgebrand word deur die leerlinge.

Attie ·

Liberale Afrikaanssprekendes het ‘n reuse aandeel hieraan, want hul is een van die primêre oorsake van die aanslag teen veral wit, Afrikaansprekendes. Nog nooit het ‘n nasie so lustig saam deelgeneem om homself te verwoes nie.

Elna Kupke ·

Ek stem 100 persent met jou saam. As die paw paw die fan strike, wil hul na die hol wat elke dag baklei vir oorlewing…

Ryn ·

Lesufi sit agter dit als .. groot rassis .. hy moet uit maar mense staan nie saam om hom uit te kry.. dan gaan dit net erger raak ..moun en praat help niks tyd vir saamstaan.

toy ·

Dit is belaglik. Hoe sal dit wees as daar gese word weg met al die ander talle, net Afrikaans. Afrikaanse kinders het ook ‘n PLEK in die 5de wereldse lande, dit is nie eers meer 3de werelds nie.

Nelia van Zyl ·

Mnr. Mabona, spreek die probleem aan – dit gaan hoegenaamd nie hier oor ouers wat gekies het om hul kinders in Engels te laat onderrig nie.Dit gaan oor elke kind se reg om in sy Moedertaal onderrig te word – ook Afrikaanse kinders. Wonderlik as u nou ‘n ander skool voorsien, maar dan moet u en u departement sekerlik ‘n bydrae maak tot die ouers se onkoste.

Josifk ·

@Nelia, sal jy ook so tevrede wees as die departement tax gelde gebruik op die ander 10 tale se kinders se onkoste?

Alex ·

@Josifk, as die ander 10 tale se ouers ook hul bydrae tot tax gelde bybring, kon dit dalk gewerk het. Nou verwag hulle dieselfde standaarde sonder om te betaal.

PIJ ·

Alhoewel dit baie sleg is vir die ouers en kinders, het die departement verlede jaar reeds die ouers daarvan ingelig. Dit help nie om nou te wil huil nie. Die meeste ouers het verlede jaar al voorsiening gemaak en die kinders in ander skole geplaas.

Amanda ·

Ja dit kom nou daarvan as afrikaanse mense hul kinders in engelse klasse sit. Daardie kind kry swaar, want dit is nie sy moedertaal nie. Sies! Waar is jul trots.

Karlos ·

Wonder hoeveel afrikaanssprekendes gaan hul bestes natmaak as +-40 kinders die skool taal wil verander.

Catherine ·

Kom ons bekyk die spulletjie vanuit n ander hoek.
Dit is uiters goed om in engels te leer.
Neem 2 ure in die middae en saans om 1 uur elk aan afr en die Bybel te bestudeer. Selfs n half uur is bevorderend.
In Engeland leer my kleinkind op skool 3 tale (Engels,Frans en Spaans) plus buitemuurs nog duits ook. Sy gaan “skool ” 7 dae n week. Vakansies het hul take wat ook gedoen moet word. Niemand kla nie.

bokka ·

Swartwolf, waarvan praat jy ouboet? Die feit dat “sommige” bruinmense ‘n ander streekdialek praat, beteken nie dat dit daai “dialek” is wat hulle in hul skole leer nie. Hulle leer “suiwer” boek Afrikaans in hul skole. Met ander woorde, hulle gaan nie skryf soos die “Kaaps” wat hulle in hul streek of dorp praat nie. Die standaard van Afrikaans in hul skole is en was altyd uitstekend.

Minste ·

Dit het al lankal in die stede gebeur, Afrikaanssprekende leerders word al minder, so dan raak die skool Engelstalig om sy getalle vol te maak sodat onderwysers nie hul poste verloor nie. Pas aan en hou op kerm.

Alex ·

Ek dink nie dit is ‘n geval van Afrikaanse kinders wat minder word nie. Dit is die Engelssprekendes wat meer word en Afrikaans uitdruk.

@jaco ·

Dit gaan nie net oor die taal nie, dit gaan oor dat hulle eenvoudig net oorvat waarvoor ons baie jare hard gewerk het. En dan verwoes hulle dit tog uiteindelik. Hulle kan nie eers bestaande instansies gryp en onderhou nie, wat nog te se hulle eie anskaf.

MANNY ·

Die afrikaanse mense doen die hele ding verkeerd. Die swartes gooi klippe en steek skole aan die brand as daar nie na hulle geluister word. Die patetiese houding van die afrikaner om mooi te vra beter gou eindig of ons sit met niks in die land.

Mario ·

Ja, lekker dubbel standaarde. In ‘n plattelandse skool in Noordwes was jare gelede ‘n handjie vol swart kinders ingeskryf in Graad 1. Nou praat ek van iets soos rondom die 10 kindertjies. Daar is toe spesiaal ‘n Tswana juffrou vir hulle aangestel en die het hulle vergesel soos hulle gevorder het tot Graad 7, maar vir 10 Afrikaanse kinders sal dit nie gedoen word nie, nee moenie glo nie. Die van julle wat gedurig dit wil aanpraat dat dit tog nie so erg is om oor te slaan na Engels nie. Onthou net, saam met die Afrikaanse taal verdwyn die goeie standaarde ook. Pasop wat julle se. Behalwe as jy die fondse het vir ‘n privaatskool, dan alleen kan jy praat en daarvan is daar maar min!

Ongelooflik ·

As ‘n skool te min Afrikaanse leerders het, maak Lesifi hom toe of maak hom Engels en skuif die Afrikaanse leerders. As ‘n skool vol Afrikaanse leerders is, dan wil Lesufi ander Engelse leerders in so ‘n skool indruk.

Onderwys in Gauteng sal dalk herstel as Lesufi weg is. Sy dept bou te min skole en teiken dan gevestigde skole waar Afrikaans die medium van onderrig is. Dis darem tragies om so onbevoeg te wees.

Oud Leerder ·

Het jare terug gematrikuleer by die skool.
Ons was heelwat afrikaans sprekendes. Maar die getalle het afgeneem omdat die nedersettings soos bv. Refilwe, na Cullinan oorgegaan het, let wel hul het hul eie skole in hul areas.

Persoonlik is ek van mening die vorige skool hoof het die probleem veroorsaak met hoe hy dinge hanteer het ten opsigte van die skool.

Die skool bestaan al jare en geslagte voor my het hier skool gaan waar die hoërskool oorspronklik net ‘n laerskool was….

Nou word die kinders van Rayton en Cullinan na Pretoria en Bronkhorstspruit skole gestuur waar hier ‘n laer en hoërskool ongeveer 10km vanaf Rayton aan hul beskikbaar WAS. En loop afstand in Cullinan area.

So mens kan egter die ouers se frustrasie verstaan oor die saak.

Lou ·

As die situasie omgekeerd was dat die engelse kinders uitgeskop is dan was daai skool lankal afgebrand tot op die grond toe. Afriforum moet die saak maar gaan baklei in die hof want dit is niks anders as diskriminasie teen die minderheid nie.
Enige iets is vandag aanvaarbaar in terme van politieke standpunte, geloofs oortuiging, seksuele orientasie, ens. Jy moet net nie wit en Afrikaans wees nie want dit is so goed soos doodsonde.

Matriek ·

Dit het met my gebeur toe ek matriek toe gegaan het. Die skool was ‘n dubbel medium skool, en toe ons in matriek kom toe wil hulle he ons moet onderrig word in engels, maar eksamen skryf in Afrikaans.

Ek en ‘n paar van my vriende het met die hoof gaan praat en gese hoe ongelukkig ons is, toe se sy, wel, as julle wil gaan kan ek julle oorplasingskaarte NOU reg kry.

Nodeloos om te se, my ma moes daarna my inskryf by ‘n skool in Kempton Park en ons het in Edenvale gebly (Nie een van my ouers het toe werk gehad nie), so sy moes elke dag haar brandstof uitry om my in matriek te hou in ‘n skool wat my moedertaal respekteer.

Ek het matriek GEHAAT, elke liewe sekonde daarvan, want my vriende moes agterbly in die ander skool en hier moet ek vriende maak met kinders wat my klaar haat omdat ek nuut is

TwaalfBoor ·

@Elsabie
As jy uitgeroei word net omdat jou taal onderdruk word is jy na my mening maar rugraatloos. Jou identiteit is nie in jou taal nie maar in Jesus Christus. Al maak jy my watse taal leer en praat…. ek weet nogsteeds wie ek is.

Penellope Jones ·

So subtiel, onder ‘n tafel deur, maak hulle met die taalbeleid op hierdie aarde Net soos hulle wil, breek dit af soos en wanneer hulle wil om Afrikaans uit te dryf, te verwoes.
Moedertaalonderrig geld glad nie sover dit Afrikaans aanbetref nie.

JohanR ·

Soe sal Afrikaans by een skool na die ander afgeskaf word, met een of ander swak rede gegee word. Sal wees as jy in Afrikaans onderRig wil kry, sal jy Kaap toe moet trek waar daar nie ‘n sirkus in bewind is nie! Moet net nie US universiteit probeer nie. Dit is nie meer PUKKE nie maar die Engelse PICKERS!

Pottie ·

Ek stem saam met jou ons blankes wil nie standpunt in neem nie die ANC gemors maak met ons net wat hulle wil en al wat ons doen is kla

bokka ·

Meeste Afrikaanse kinders neem in elk geval Engels as ‘n tweede taal. Kan maar net sowel heeltemal oorskakel na Engels as hoof onderig taal. Die wat in Afrikaans wil leer is net kortsigtig. Jou kinders gaan waarskynlik in die buiteland moet werk in elk geval. Spoggerige Engels kan net tot hul voordeel wees.

Rinkhals ·

En jy praat net spoggerige engels uit selfverdediging uit ?

Groen Ertjie ·

Dit maak nie sin om onderwysers vir net 5 leerlinge te betaal nie – dis n besigheids besluit wat nie gemik is op Afrikaans sprekende mense nie – as dit omgekeerd was dan sou dieselfde gebeur het

Pampoen ·

Dit gebeur al klaar by sekere kerke. Mammie bring haar huishulp. Huishulp bring familie en voor jy jou oë uitvee dan dring hulle daarop aan om alles in engels tekry want skiwrlik verstaan hulle nie Afrikaans.

Kerneels ·

Dis demografie. Afrikaanssprekendes moet maar trek na streke waar hulle ‘n meerderheid kan vorm.

Griet ·

My seuns was in ‘n Engelse skool en in ‘n puik Afrikaanse universiteit. Beste besluit ooit. Met hulle Afrikaanse name en van het hulle nie gesukkel om werk te kry nie. Kennis en vaardigheid is mag – ongeag in watter taal jy dit bekom het. Hou op kerm en werk vir/aan jou toekoms.

Mario ·

Riaan, jy’s helemaal reg. Die kerke is die volgende. Siestog die charismatiese groepies dink blykbaar as hulle Engelse liedjies sing is hulle “grend”. Waar kom Afrikaanse mense tog daaraan dat die Engelse taal verhewe is bo Afrikaans? en dat jy dom is, as jy Afrikaans praat. Die Gereformeerde kerke het klaar met die laaste sinode 2 jaar gelede, amper geswik onder die druk van swart predikante wat wou aandring op Engels as voertaal. Dit terwyl diesulkes se gemeentes soos met alles, deur die Afrikaanse gemeentes gesubsidieer word. Die druk is net tydelik afgeweer tot die eerskomende sinode wat begin 2021 plaasvind. As dit gebeur, is ek klaar met my geliefde kerk!!

Pensioenaris ·

Waar is al die beloftes van eie skole, ens nou heen??? Ons wat NEE gestem het sit hande in die hare want ons is belieg. Dit gaan al erger word. Dit voel of daar nie meer plek in Suid-Afrika is vir die Afrikaans sprekendes nie. Hoekom? Omdat ons nie by God en Sy gebod hou nie en leef soos ons wil…

jaco ·

blykbaar verstaan afrikaanssprekendes nie engels nie. dis vreemd, want toe ek in die ou SA op skool was, onder die regering van die UITERS pro Afrikaanse Nasionale Party, was Afrikaans ‘n verpligte vak tot op matriekvlak.
Ek was op hoeveel vergaderings van die Nasionale Party en selfs die latere regse Konserwatiewe Party, en daars ALTYD ruimte vir Engels gegee.
So iewers maak iets nie nou sin nie.

Rika ·

Los jou kinders in dieselfde skool dat hulle in engels skoolgaan, hier is in elk geval nie n toekoms vir hulle hier nie so hulle gaan oorsee moet gaan werk soek so hoe vinniger hulle die Brits magtig word hoe beter vir hulle.

JohanR ·

Jammer Rika maar elke keer as ons ‘n Afrikaanse skool of universiteit verloor, verloor ons ‘n stukkie van ons self.

Sarie ·

Maroela media kan jul asb duidelik maak die kinders is wel klerebank toe gestuur by laerskool Rayton waar ouers Verniet gehelp is en met ordentlike klere. Ons gaan uit ons pad om hul gemaklik te maak niemand het hul enigsins gedwing on 2 de handse klere te vat 99% mense het gesê hul kan nie skool klere bekostig en is geholpe sonder betaling. Verder volgens my kennis is daar ook geen ekstra registrasie gelde of hanboek gelde gevra vd leerlinge wat by ons ingeskryf het nie!

Elaine Krige ·

Baie dankie Sarie. Dit is wel nie duidelik of die geld wel in Rayton of Bronkhorstspruit gehef is nie. Groete.

Wedersiens mede burger. ·

Ria spyt kom te laat. Hoekom? het ons as kind van grootmense gehoor dis nie om die hoek nie dis straat af…nou die straat loop reguit af op die REG VAN TROTS VIR MY GELIEFDE TAAL, VRYHEID met VERANDWOORDELIKHEID en GELOOF tot oorwining. Prent dit in jou kind se uitkyk op sy toekoms dàn het hy een hier in die REPUBLIEK anders JA emmigreer Britanje toe alle voorspoed vir jul sulkes vaarwel wedersiens.

Hannie ·

Somige leerders moes in klas sit waar onderig in nie blanke taal aangebied word gevolglik het hul baie swak punte gekry want hul moes self probeer studeer sonder leiding. Die ouers het toe van die kinders begin skuif na skole waar hul wel in Afrikaans onderig kan word

Antoinette ·

Kyk in die Grondwet Afrikaans is een van 11 amptelike tale. Hoekom moet daar nou net weggedoen word met DIE spesifieke taal. Hoekom nie Zoeloe of Xhosa nie. En is ek reg as ek se Engels is n colonial language. Hukm is DIT nou vir sekere mense aanvaarbaar maar ander dinge nie. Wonder net?

Jody ·

History repeats itself !!!!! Net in n ander kleur en taal, bou ‘n brug en kom oor dit!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.