Pa en seun ook in Browns Farm aangeval

Jacques Bruwer ná die aanval in Browns Farm in Kaapstad. (Foto: Verskaf)

Toe die Bruwer-gesin van Stellenbosch Donderdag op Maroela Media lees dat die restautanteienaar Ben Tuzee (51) in Browns Farm in Kaapstad vermoor is, het hul hare gerys – want net twee weke tevore is Jacques Bruwer (48) en sy seun, ook Jacques (23), onder presies dieselfde omstandighede op vermoedelik dieselfde plek aangeval en beroof.

In albei gevalle het die slagoffers items wat hulle wou verkoop by ʼn adres in dié omgewing gaan aflaai toe hulle deur ʼn groep aanvallers oorval is. Tuzee is verskeie kere met ʼn mes gesteek en sy voertuig gekaap. Bruwer en sy seun is onder meer met klippe bestook en Bruwer is ook met ʼn baksteen in die gesig geslaan. Sy gesig is in die voorval gebreek en sommige fyn beentjies vergruis.

Bruwer het Maandag aan Maroela Media gesê dit kon netsowel hul name in dié berig gewees het, en hulle sidder om te dink wie nog slagoffers kan word indien die polisie nie vinnig optree nie.

Die adres waarheen die Bruwers gelok is, is te Msengestraat 2634 in Browns Farm geleë. Hulle het na dié adres gery om braaidromme te gaan aflewer wat iemand by hulle wou “koop”.

Jacques (junior) verkoop braaidromme en braaiers en adverteer onder meer op die platform Market Place op Facebook. Die kamstige kopers het op dié advertensie gereageer en gesê hulle wil graag ses dromme koop, maar het nie vervoer om dit self op te laai nie en aangebied om vir aflewering te betaal.

Met hul aankoms by die adres is Bruwer en Jacques egter deur ongeveer tien mans oorval, aangerand en van persoonlike besittings soos Bruwer se selfoon beroof.

Die pa en seun het teruggeveg en kon eindelik van die aanvallers wegkom. Hulle het na die naaste polisiestasie by die Kaapstad Internasionale Lughawe gery, maar is deur beamptes en mediese personeel aangeraai om Bruwer dringend by ʼn hospitaal te kry en ʼn saak by die polisiestasie in Stellenbosch aan te gee. Dié saak sou dan na die Philippi-polisiestasie oorgeplaas word.

Kort ná die aanval op die Bruwers het die aanvallers boonop sy gesteelde selfoon gebruik in ʼn poging om nog mense na die adres te lok. Hulle het hulself as Bruwer voorgedoen en onder meer gevra dat iemand namens Bruwer ʼn televisiestel by die betrokke adres oplaai.

Die Bruwers het reeds al die inligting en bewyse aan die polisie deurgegee en ʼn saaknommer ontvang, maar het teen Maandag nog steeds nie terugvoer van die polisie oor die ondersoek ontvang nie. ʼn Speurder van die Nyanga-polisiestasie het Jacques egter Sondag gebel en oor Bruwer se gesteelde foon uitgevra.

Bruwer het intussen ook ʼn waarskuwing op sy Facebook-blad geplaas en versoek dat enigiemand wat items op Market Place adverteer baie versigtig moet wees.

Maroela Media het ʼn navraag aan die polisie gestuur en wag tans op terugvoer.

  • Lees môreoggend meer op Maroela Media oor Bruwer en sy seun se nare ervaring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Herpiet ·

Jy kan ongelukkig nie meer staatmaak op die polisie nie.
Bewapen jouself en wees op jou agterpote solank as wat jy nog leef in hierdie wettelose plek

Christine ·

En moenie in gevaarlike areas gaan besigheid doen nie, dis nie jou lewe werd nie! Wees parraat en ‘n goeie mens en die regte mense sal na jou gestuur word vir besigheid, sonder dat ons in sulke aaklige areas moet gaan besigheid doen.

Di ·

Ongelukkig is ons aan on eie lot oorgelaat in hierdie land. Ons moet onself maar begin beskerm en vuurwapens aanskaf, polisie te sleg om ons te beskerm OF die skuldiges vas te trek.

Delia ·

N Gevaarlike area….
The Brown’s Farm area is a neighborhood located within the Philippi area of Cape Town’s Cape Flats region, in the Western Cape province of South Africa. The urban area is densely populated and contains many informal homes. The 2011 national census recorded 71,518 residents living in the area.

Delia ·

As mense nie die vermoë om iets te kom afhaal wat hulle bestel het nie, kan hulle maar met die afleweringsgeld wat hulle sogenaamd bereid is om te betaal n voertuig huur.

Onnie ·

As jy vir die polisie wag, gaan jy lank wag… Die lykswa sal voor die polisie daar wees.

Anel ·

As die polisie hierdie saak op gevolg het dou daar nou nie mense vermoor gewees het nie. En wat het sy edele cele hieroor te sê???????

Strandloper ·

Grootste rasis op aarde maar untouchable in sy anc hool.

Johan ·

Spesiale welkom aan die Liberale Kaapland wat by ons hier in die binneland aansluit. Maak jul maar reg, dit gaan net erger raak.

Danie ·

Dis so tipies polisie nie baie lus om te help en on verdagtes te arresteer nie.Dit is mos werk.Verwys en kom terug more dan werk n ander skof.

Jack ·

Ek is jammer maar om daar te gaan wetende wat die statistiek op moord en roof aandui asook die afwesigheid van wetstoepassing is eenvoudig ondeurdag. Jy word soontoe gelok deur die terroriste sodat jy jou goed skenk en ook jou lewe. Ons is tog slimmer as hulle of hoe?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.