Panayiotou hoor vandag oor borgtog

Christopher Panayiotou tydens 'n vorige hofverskyning. Foto: ANA

Christopher Panayiotou tydens ‘n vorige hofverskyning. Foto: ANA

Christopher Panayiotou, die man van Port Elizabeth wat daarvan beskuldig word dat hy die moord op sy onderwyseres-vrou gereël het, sal na verwagting Dinsdag hoor of hy op borgtog vrygelaat gaan word.

Die hooggeregshof in Grahamstad het verlede week Panayiotou se appèlaansoek teen ʼn vorige besluit om hom borgtog te weier, aangehoor.

Adv. Mike Hellens, vir Panayiotou, het onder meer aangevoer dat landdros Abigail Beaton fouteer het in haar bevinding dat Panayiotou ʼn vlugrisiko is en dat hy finansiële probleme het. Beaton het Panayiotou op 5 Junie borgtog geweier. Hellens het gesê sy kliënt is bereid om aan streng borgtogvoorwaardes te voldoen, asook om tot R200 000 te betaal vir borgtog.

Regter Glen Gossen het gesê hy sal op 28 Julie uitspraak lewer.

Panayiotou het Luthando Siyoli glo betaal om die huurmoord op sy vrou te reël. Siyoli het as uitsmyter gewerk by ʼn nagklub wat Panayiotou besit. Siyoli het glo vir Sizwe Vumazonke genader om die moord te pleeg. Panayiotou het na bewering R70 000 vir die moord betaal, waarvan Vumazonke R40 000 en Siyoli R30 000 ontvang het.

Jayde (29) is op 21 April buite haar huis in Kabegapark, Port Elizabeth, ontvoer terwyl sy gewag het op ʼn saamrygeleentheid na Riebeeck College, waar sy ʼn onderwyseres was. Haar liggaam is die volgende dag buite die Kwanobuhle informele nedersetting in Uitenhage gevind.

Klik hier vir alle vorige berigte oor die Jayde Panayiotou-saak op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Angelique Jacovides ·

Ek het een vraag? Hy is nie n vlug risiko nie, omdat hy geld probleme ondergaan??? Nou waar kry hy die R200 000 vir borgtog? Hy moet sit en kry wat na hom toe kom!

SNEL ·

Ek stem, hy het haar juis vermoor omdat hy nie genoeg geld gehad het om haar en sy skelm gelukkig te hou nie, waar kry hy nou al die geld. Hy moet sit en vrot.

Sandra ·

Hoe uiters gemeen – hoekom dan nie liewer net van haar skei nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.