‘Parlement moet aandag gee aan plaasaanvalle’

Pieter Groenewald, VF Plus-leier (Foto: @ParliamentofRSA/Twitter)

Lede van die parlement het die verantwoordelikheid om op te tree in die belang van boere en voedselsekerheid en boere kan nie langer aan hul eie lot oorgelaat word nie.

Dr. Pieter Groenewald, VF Plus-leier, het Donderdag ʼn mosie in die parlement voorgelê vir die stigting van ʼn parlementêre ad hoc-komitee om ʼn behoorlike ondersoek te doen na plaasaanvalle en -moorde. “Boere hou die ekonomie aan die gang en sorg dat elke Suid-Afrikaner kos op die tafel het.”

Volgens Groenewald is daar vele redes om die voorkoms van plaasaanvalle op die parlementêre agenda te plaas. “Enkele hiervan is die kardinale rol van die landbousektor tot die land se bruto binnelandse produk (BBP) en werkskepping. Die heel belangrikste egter is die mense wat in die aanvalle vermoor en beseer word.”

Suid-Afrika se boere is onder beleg, het Groenewald gesê. “Wanneer boere hul plaas verlaat en terugkeer, moet hulle altyd voorbereid wees op ʼn hinderlaag. Daarby laat die regering hulle in vele opsigte in die steek. Benewens stygende produksiekoste, brandstofpryse en salarisse, leef boere saam met die voortdurende bedreiging van aanvalle en moet hulle hulself teen groot koste hierteen beveilig.

“Die wreedheid wat met aanvalle gepaard gaan wat boere en hul werknemers betref, wys ook duidelik dat die meeste aanvalle nie gewone misdaad is nie. Gewone misdadigers sal nie hul slagoffers martel nie. Hulle sal vat wat hulle wil en vlug.”

‘Regering doen nie naastenby genoeg’

Die ACDP het daarop gewys dat geweldsmisdaad in die land onaanvaarbare vlakke bereik het.

“Die ACDP is uiters bekommerd oor die aantal aanvalle op plase en kleinhoewes, wat dikwels baie wreed van aard is. Ons veroordeel hierdie plaasaanvalle en -moorde ten sterkste,” het Steve Swart, ACDP-hoofsweep, gesê.

Die sing van “Kill the Farmer, Kill the Boer” vererger ʼn reeds haglike situasie, meen Swart.

“Die ACDP glo dat veel meer gedoen kan en moet word om boere en hul werkers te beskerm. Hoe lank nog sal ons as burgers hierdie onbeskryflike dade van geweld teen ons burgers duld? Ons ondersteun die stigting van ʼn ad hoc-komitee soos in die mosie voorgestel.”

‘Plaasmoorde raak hele samelewing’

DA-LP Noko Masipa (Foto: Noko Masipa/Facebook)

Die DA het ook die stigting van ʼn ad hoc-komitee verwelkom.

Noko Masipa, DA-LP en die party se woordvoerder oor landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, het ook sy diepe kommer uitgespreek oor die onlangse en herhalende gesing van “Kill the Boer, Kill the Farmer” deur lede van die EFF.

“Hierdie onverantwoordelike gedrag het die boeregemeenskap, regoor die land se diverse spektrum, bekommerd gelaat, veral as dit gesien word binne die konteks van die onlangse oplewing in plaasaanvalle. Dit is jammer dat pres. Cyril Ramaphosa stilbly, ten spyte van versoeke van baie Suid-Afrikaners en selfs die internasionale gemeenskap om hierdie veragtelike gedrag te veroordeel.”

Masipa meen die frase “Kill the Boer, Kill the Farmer” is nie net onvanpas nie, maar ook skadelik vir Suid-Afrika se nasionale bouprojek. “Dit is ʼn verdelende gesang, een wat haat aanwakker, rasseverdelings aanblaas en die fondamente van ons demokrasie bedreig.”

Volgens Masipa het die DA reeds vir Ramaphosa genader en hom aangemoedig om ʼn kommissie van ondersoek na plaasmoorde en verwante misdade te stig.

“Die DA bepleit ʼn kommissie van ondersoek omdat ons glo dat dit belangrik is om die grondoorsaak van kriminele aktiwiteite in ons boerderygebiede te verstaan om ʼn omvattende reaksiestrategie te ontwikkel. Ten spyte van die dringendheid van die kwessie het ons nie ʼn konkrete reaksie van die president gekry nie, behalwe om die ontvangs van ons brief te erken.

“Voorsitter, ons moet erken dat plaasmoorde nie net die direkte slagoffers emosioneel skend nie – dit raak ons hele samelewing. Dit saboteer ons ekonomie, skrik toerisme af en verminder staatsinkomste.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Sean ·

Dankie mnre Masipa en Groenewald Die regering is onbevoegd Sodra Moonshot oorneem sal dinge regkom

Althes ·

Ek glo hierdie keer kan die regering nie die onderwerp systap nie. Iewers moet hul verantwoording neem vir die vlaag wrede aanvalle op boere. Min boere en hul families word net vasgebind terwyl die perseel geplunder word. Dat hul gemartel, verkrag en wreed vermoor word het niks met roof te doen nie.

melaney ·

As hulle nie in die verlede iets daaromtrent gedoen het nie, gaan hulle nog minder vandag iets daaromtrent doen nie.

kaplyn ·

Die anc regering verkies om niks aan plaasmoorde te doen nie en wil ook nie die bestaan daarvan erken nie, want hulle wil van privaatplase en privaatboere ontslae raak en hulle vervang met staatsplase en staatsboere, getrou aan hulle kommunistiese siening van alles.

Gert ·

Regerings is instellings wat hoofsaaklik die landsburgers moet dien. Huidiglik geniet hulle die landsburgers wat hulle dien en ryklik bedien met belasting geld.

Fontein Tannie ·

Almal van ons weet dat al waaraan die Parlement WERKLIK aandag gee is hoe vinnig hulle die rande uit die Staats Koffers kan laat rol in hulle eie sakke in!!

bolletjie blom ·

Na Elon Musk gevra het hoekom die president niks aan die plaasmoorde doen nie begin ander lande dit ook bevraagteken. Almal weet hoe daar jag gemaak word op die boere.

piket ·

En wat het dit ons in die sak gebring?
Net mooi niks nie!
Deut. 28.

Anel ·

Hulle koop mos kos by Checkers, so hoekom moet hulle omgee! Besef hulle hoeveel werkloosheid word veroorsaak met ‘n boer de moord? Seker maar nie genoeg grysstof om te verstaan nie!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.