Pasgebore baba se lyk gekry

Paramedici op die toneel. Foto: Verskaf

Die liggaam van ʼn pasgebore babadogtertjie is Dinsdagmiddag langs ʼn straat in die Durbanse middestad gevind.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is omstreeks 13:15 na die toneel in Smithstraat ontbied.

“Die baba is in ʼn plastieksak langs die straat aangetref. Na wat verneem word, het ʼn verbyganger die lykie in ʼn asdrom gekry en uitgehaal,” het Meiring gesê.

Paramedici het die baba ondersoek. “Sy het geen teken van lewe getoon nie en is op die toneel dood verklaar.”

Die polisie was op die toneel en stel ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Woedend ·

Mag jy wat geen gevoel het daai babatjie sommer netso weg gegoo het, slapelose nagte kry en elke oomblik van jou lewe daai babatjie se gehuil hoor. Onthou daai bondeltjie se bloed is op jou hande….

Leo ·

Ek dink altyd aan die Paramedici en Polisielede wat so ‘n toneel moet besoek. Ek dink dit breek enige geharde mens se hart om so ‘n weerlose kindjie te sien wat nie eens een kans gegun was en wat nie gevra het om verwek te word nie. Ai en dan is daar so baie mense wat enige iets sou gee om kindjie van hul eie te wil hê. Ironies is dit kinderbeskermingsweek………..

Theresa B ·

Altyd die maklikste uitweg. Geen menslikheid nie. En niks kom verder daarvan nie. Hoe wreed…………………………………

Lee ·

Ai dis verskriklik. Die arme lyfie het nie gevra vir dit nie. Ek hoop hulle vang die ma spoedig!! Rus in Vrede kleine liefie!! Hier blameer ek ook die regering. Deesdae moet jy ‘n voorskrif kry vir die pil of inspuiting as jy dit by ‘n gewone apteek wil gaan haal of jy moet bereid wees om vir ure by ‘n kliniek te sit en wag met useless staff wat jou omtrent gladnie help nie so ek dink vir party vrouens is dit te veel moeite om by ‘n kliniek te gaan sit en dan gebruik hulle niks en raak swanger.

Amelia ·

Ek stem saam en jy moet n hele dag verlof vat want teruggaan werk toe is taboe. En jy sit van 6uur in die oggend tot laat middag.

GM ·

As ek sulke berigte lees, is daar altyd ‘n vae hoop in my dat die baba doodgebore was, in plaas van dat die sogenaamde ma die baba LEWENDIG in ‘n sak gedruk het. As eersgenoemde die geval is, kon sy die baba met respek begrawe het. So ongeag wat die geval was, dis ‘n bewys dat daar geen menslikheid in haar skuil nie.
Daar is geen, maar geen rede om tot sulke dade oor te gaan nie. As jy nie die baba wil hê nie, gaan gee die baba vir iemand, as jy verkrag is, gaan gee die baba vir iemand en kry hulp. Die ergste is, die pil is gratis!
Mense beledig diere deur te sê hulle is hondsleg ens., maar nie eers ‘n hond sal haar baba so weggooi nie.
Die vrou moet vir altyd uit die samelewing verwyder word. Ek het geen simpatie met sulke psigopate nie.
Mag die baba in vrede rus.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.