Pediater geskors oor ope brief

Dr. Tim de Maayer (Foto: Change.org)

*JONGSTE: Dr. De Maayer is Vrydag weer terug op sy pos. Klik hier om meer te lees.

Die pediater wat verlede maand uit pure desperaatheid ’n noodkreet aan die departement van gesondheid gerig het oor die skokkende omstandighede by die Rahima Moosa-moeder-en-kind-hospitaal (RMMCH), is oor dié noodkreet geskors.

Dr. Nomathemba Mokgethi, die LUR vir gesondheid in Gauteng, het Donderdag in ’n verklaring bevestig dat die RMMCH dr. Tim de Maayer voorlopig geskors het nadat hy hom in ’n ope brief uitgelaat het oor die uitdagings waarvoor die hospitaal se personeel elke dag te staan kom.

“Kinders sterf en die haglike toestande in ons openbare hospitale dra by tot hul dood,” lui De Maayer se ope brief wat op 22 Mei deur Daily Maverick gepubliseer en sedertdien wyd versprei is.

Die brief lui verder: “Ek wens julle kon ons eenheid besoek en sien hoe dokters kinders probeer intubeer en kardiopulmonêre resussitasie met hul selfoon se liggie toedien omdat die krag – al weer – af is. Of die koue baba wie se broeikas afgeskakel het met die verlies aan krag (weens beurtkrag) en nie warm gehou kan word nie.”

Jack Bloom, die DA se woordvoerder oor gesondheid in Gauteng, sê De Maayer word nou van ernstige wangedrag beskuldig en nie eers op die hospitaal se terrein toegelaat nie. Dit omdat hy kwansuis “pasiënte in gevaar kan stel, met getuies kan inmeng of weer ʼn oortreding kan begaan”.

“Dit is uiters afgryslik dat hierdie toegewyde dokter geviktimiseer word deur op te staan vir die kinders wat onnodig sterf weens ’n tekort aan personeel en toerusting,” meen Bloom.

“Die persoon wat geskors moet word, is die hospitaal se uitvoerende hoof, dr. Nozuko Mkabayi, wat baie dae van die huis af gewerk het in plaas daarvan om die krisis by die hospitaal op te los waar swanger vroue onlangs op die vloer aan die slaap gevind is.”

Die Rahima Moosa-moeder-en-kind-hospitaal. (Foto: Facebook)

Talle sosialemediagebruikers het ook reeds hul woede oor De Maayer se skorsing uitgespreek.

’n Petisie teen De Maayer se skorsing “omdat hy vir die babas en kinders van Rahima Moosa opgestaan het” het intussen die lig gesien en reeds meer as 14 000 handtekeninge ontvang. Een van dié handtekeninge is dié van Bloom.

“En ek doen ’n beroep op almal om dit ook te onderteken,” sê hy.

Bloom doen ook ’n beroep op die LUR om dringend in te gryp sodat De Maayer “wie se lof eerder besing as gestraf moet word” se skorsing opgehef kan word.

Mokgethi sê sy sal binnekort met die bestuur van RMMCH oor De Maayer se skorsing vergader.

Die Gautengse departement van gesondheid het weereens die kwessies wat vroeër deur dr. De Maayer geopper is, erken.

“Die departement gee toe dat daar uitdagings binne die provinsie se gesondheidstelsel én in die land oor die algemeen is wat veelvlakkige intervensies vereis. Die departement bly daartoe verbind om die uitdagings te pak terwyl hulle voortgaan om jaarliks dienste aan miljoene pasiënte te lewer,” sê die LUR.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

74 Kommentare

marius ·

Laat daar onderhoude met die families gehou word en stuur dit oorsee , sodat hulle kan sien in wat se donker gat hul skenkings land .

LeanetteS ·

Mense gaan teken daardie petisie, dis verregaande wat hier aangaan?

Miskruier ·

Skokkend, hier by ons dorp se kliniek word pasiënte gesien en dan met n medisyne lysie na die apteek gestuur. As hul nie geld het nie, gaan koop hul net nie die medikasie nie.

Werner ·

Net so sal alles tot niet gaan en as jy praat is jy krimineel
Nie die start nie hulle word geloof alles gaan erger word

Marius ·

Dit is duidelik dat our people nie van die waarheid hou as dit in die openbaar kom nie.
Die maklikste is om die waarheid te skors.
Pateties verby.

Heinrich ·

Ai, tipies mafia optrede; enige iemand wat iets teen die ANC mafia se vele tekortkominge sê moet uitgehaal word.

KatjieDeKat ·

Ek kan letterlik nie beskryf hoe woedend hierdie my maak nie. Asb mense Teken daai petisie, deel met almal wat julle kan. Hierdie man is n held en verdien ons almal se ondersteuning.

Vernon ·

Dr. Vat jou goed en gaan werk oorsee..hierdie sinkende skip van n ANC wil nie die waarheid hoor nie,hullle kan dit eenvoudig nie vat dat jy nog boonop wit is nie,duidelik het hulle jou nie nodig nie.

Pieter ·

wat n grap, hy was seker nou weer rasisties om n brief te skryf. Ek stel voor die dokter soek n werk in die buiteland waar hulle jou dienste sal waardeer.

domheks ·

Waar kan ons die petisie kry om te teken?
En hulle wil ons mediese fondse wegvat – dan moet ons by sulke plekke behandeling kry?
Kan net in SA gebeur, met cANCer aan die stuur!

Di ·

Jy kan die petisie link kry in die berig bo – click net op Petisie wat in blou geskryf is

Mallie ·

Sterkte dokter as meer dokters soos jy is dan sal daar dalk iets van kom. Hoop jy wen die saak teen die Noxukos. Dis omdat dit nie hulle kinders is nie.

Misky ·

Hierdie dokter is ‘n held en moet vereer word. Ek gaan dadelik daai petisie onderteken en ek hoop almal doen dit ook. Hierdie regering moet val en vinnig ook, want hulle wil nie hê hul foute moet uitgewys word nie.

KatjieDeKat ·

Ek glo in hierdie geval sou velkleur nie saak gemaak het nie.

marthie ·

Hospitale dokters verpleegster verpleegsuster is daar om mense te help noudat 1 dr sy mond oopmaak vir hulp omdat hy sien hoe kinders doodgaan en om hulp Vr word hy geskors ek sou ook my mond oopgemaak hst

Di ·

Dr. Nomathemba Mokgethi moet summier uit die pos gehaal word! SELF useless en onbevoeg om die werk te doen nes die res van die kaders in die land. VAT haar HOF toe!

Kokerboom ·

Kla die politici aan van volksmoord. Waar is die oorgretige vooropdiewa MRK nou??
Dr doen net sy werk.

Kokerboom ·

Ek stem volkome saam. Hang ANC misdrywe aan groot wereldklok!

melaney ·

Stem! Dan stuur Biden vir hulle nog 50 miljoen dollar om die arme anc te help.

Althes ·

LUR van Gesondheid, vat die waarheid soos ñ man. Adresseer die probleem eerder as om ñ toegewyde dokter te skors.
Sies man!

Di ·

In die berig is daar in blou die woord Petisie, click net daarop en dit sal jou na die petisie toe vat

Anel ·

En hulle wil die nasionale gesondheidsorg of so iets op ons afdwing! Behoede ons! Dokter, gaan werk by ‘n privaat hospitaal waar jou dienste waardeer sal word. Hierdie onbevoegde regering wil net hê, maar waardeer niks!!!

Delia ·

Hou asb op om vir drs te sé om privaat te gaan of oorsee. Die man wil werk waar hy verskil maak en dit gaan nie elke dr oor waar by die beste betaal word.
Kleintjies wie se ouers nie mediese fondse kan bekostig nie, het sy hulp nodig.

Jr ·

Ja vir 28 jaar is daar uitdagings en steeds vir 28 jaar het julle sweet fanny adams gedoen. Nou na 28 jaar gaan julle WEER PROBEER OM DIT REG TE KRY. USELESS cANCer party. Maar coming to a hospital near you – GOVT NHI and yeees eeh eeh iet will bee first klass. Yyeess

Gerra ·

Wangedrag is nie wanneer jy n staatsinstelling laat verval en bykans tot niet laat gaan.
Wangedrag is nie wanneer jy versuim om n vrou wat deur haar man verrinneweer word deur sy woorde, vuiste en voete, te laat getuig in die hofsaak.
Wangedrag is nie wanneer jy nie vingerafdrukke of DNS monsters neem van skurke nie.

Nee “wangedrag” in die nuwe SA is wanneer jy opstaan en praat oor die verval en onreg!

Nierkie ·

My raad aan Dr. de Maayer is om sy privaat praktyk op ‘n rustige dorpie oop te maak en die malhuis agter te laat.

Delia ·

Duidelik verstaan baie van julle nie waarop n ware roeping gaan nie. Hierdie man is n pediater maw n kinder spesialis. Hy is jonk met nog baie bydraes om te gee.
Wil jy regtig hê die man moet op n klein dorpie gaan sit en elke dag klein klagtes uitsorteer.
Hier is een dr wat opstaan vir wat reg is, so anders as ons(ek ingesluit) wat soms net kan.opstaan agter ons keyboards.
En nou word hy vertel om oorsee te gaan, op n klein dorpie te gaan sit of privaat te gaan. Regtig…..

LANA is ELANè ·

Ja Nee, so tipies van staatsinstellings wat nou eenmaal nie kan pa staan vir dit waaraan hulle skuldig is nie, hulle sal eerder diegene wat openbaar wat aan die gang is voor die bus gooi.

Nie Verbaas ·

Een manier van die gemors om hulle patetiese onbevoegdheid te probeer verdoesel. Die lafharte kan maar net nie verantwoordelik aanvaar nie.

anniekiewiet ·

Ja soos daai natie matetwa weier om die petisie oor die ATM te aanvaar.

Kotie ·

Dr as jy hier lees begin jou eie praktyk want ek kan jou belowe met die passie wat jy vir kinders het sal mense in stroom om jou te sien. Jy het niks verkeerd gedoen nie jy het bloot die waarheid gepraat daai hospitaal is nie n hospitaal nie dis n doods plek. Ek was baie daar oor die jare met my kinders en die hardseerste van alles was elke keer moes ek n privaat dr gaan sien het na die tyd want hulle het net nie moeite gedoen om ordentlik na my kinders om te sien nie.

Vonkprop ·

Die ANC het gedink om hom te skors gaan die probleem oplos, maar dit het nou net die probleem vir hulle vererger, want nou gaan meer mense daarvan kennis dra as wat hulle net probeer het om die probleem op te los (wat hulle in elk geval nie kan doen nie). Tragies as ‘n mens nie dink nie.

Aanhouer ·

Internasionaal behoort daar van hierdie geval kennis geneem te word.
Maroela Media, deel asseblief hierdie artikel wyd, met oorsese nuus media.
Hierdie verskriklike land moet herstel, die ANC was lank genoeg aan bewind.

Ansie ·

Dit is totaal belaglik! Nóg ‘n waardevolle dokter wie se diens nie gebruik word nie omdat die regering te kleinlik, kinderagtig, onbevoeg en gwoon sleg is om die waarheid te erken en werk te maak om hulle mislukkings reg te stel. En ja, dokter, ek wonder of hulle enigsins gewetens het wat hulle kan wakker hou.

SjN ·

Die waarheid maak seer, hul wil nie verantwoordelikheid vat nie, dis hoekom die land as rommelstatus gegradeer word.

Theo ·

Is die sogenaamde Dr mokgethi ‘n dokter of het sy haar dokters graad by een of ander plek gekoop soos wat baie van die kaders doen want die goed is te onnosel om te gaan studeer.As sy ‘n dokters graad gehad het sou sy iets aan die saak gedoen het want sy le ‘n eed af dat haar naastes eerste gestel sal word en daar na hulle gesondheid om gesien sal word.maar sy is te slapgat om iets te doen wil net die geld he en haarself dik vreet en geen werk doen nie.

almanie ·

Dit is asof kurupsie die oorhand het oor elke aspek van ons land se verskillende afdelings……dit is om van te huil.
Hierdie Dr het n nood kreet geuiter, nie vir homself nie, maar vir weerlose pasiënte……het niemand in hierdie hoër posisies meer n gewete of ñ omgee hart nie??
Dit is tog van die eienskappe wat van ons méns maak……….

JohanR ·

Net in die mal ANC land kan iemand wat ‘n fluitjieblaser is geskors word. Hoekom nie die hoof(e) van die plek, of die overhede? Kinders sterf en niemand doen iets daar aan. Gaan oorsee Dr. Tim daar sal jy waardeer word.

Martin ·

Welkom in SA, die rainbow nation van “our people”. Sodra ‘n Dokter die regte ding doen word en ons regering ontbloot word hy summier stil gemaak…

Ivana ·

Hoe del hel en op grond van wat word hy geskors omdat hy die waarheid praat

Eden ·

Een van die grootste leuens wat ons mede-landgenote met trots verkondig is Ubuntu. Daar is egter geen Ubuntu by hul teenwoordig nie. Dis net nog ‘n klomp twak.

Tanya ·

Watter wangedrag? Hy het ‘n ope brief aan die LUR van Gesondheid gestuur oor die haglike omstandighede wat kinders se lewens kos, dis omgee, dis die waarheid nie wangedrag nie! Goeie genade… wat weet julle “geleerde” amptenare! Of waar het julle geswot sodat ek kan seker maak om nie my kinders daar te laat swot nie! OOOHHH dit maak my somme bitter kwaad!

Natasha ·

Dr. Nomathemba Mokgethi moet afgedank word saam met die res van onbevoegde kaders.

Swerwer ·

Hoe op aarde kan die Dr geskors word omdat hy eerlik en openhartig die foute uitgewys het? O ja……….na die ANC aan bewind gekom het is eerlikheid mos ‘n strafbare gedrag. Hoe meer korrup jy is hoe meer floreer jy in ons land……………moet asseblief net nie eerlik wees nie want dan skend jy die ANC
se naam omdat hul onbevoeg is.

Philip ·

Een van die beloftes van die sogenaamde nuwe Suid Afrika was dan juis “beter mediese sorg aan almal” Waar is dit nou? Onbevoegte klomp en dan wil hul aanstoot neem as iemand die waarheid praat. Belaglik.

Ria ·

Wat n skande dat hospitale so vervalle is en dat die grootkoppe dit ignoreer

anniekiewiet ·

Ek hoop dat ouers van baba’s in daardie hospitaal hof toe gaan met al dié bewyse sodat die spul hoofde en minister daar aangekla kan word en dan moet antwoord op elke probleem van swakheid en oorsaak van n baba se dood en verantwoording moet doen daarvoor.

Magda G ·

Ons moet die man ondersteun. Tipies vd hoe koppe, straf die dr omdat hy eerlik en reguit was

Mariana ·

So tipies. Hy vat die waarheid vas en word geskors deur die wat nie eers hul werk doen maar steeds helse salarisse verdien. Hierdie tipes moet summier afgedank word. Hulle versuim om hul werk te doen maak mense dood.

Owlie ·

Dis n skande dat n dr wat lewens wil red sy werk moet verloor omdat hy openlik en eerlik om hulp vra Die publiek en die wêreld daar buite het nie n ope brief nodig om te weet wat in die hospitale aangaan nie Al die pasiente/ouers/geliefdes wat oor jare deur smart en hartseer gegaan het is n lopende ope ensiklopedie As daar met skorsings begin moet word is dit by diegene wat hom skors omdat hulle bsng is vir die waarheid, diegene wat hierdie wonderlike mediese wyse implementeer het, diegene wat van alles weet masf alles toelaat. Laat mens wonder of hier enige werklik geloofwaardige party in SA is wat nou sal opstaan en help

Catherina ·

Moet net nie eerlik wees nie dr! Government doesn’t understand positive criticism…..

Danny ·

Welkom in SA – waar die waarheid jou kan laat aankla en die oogklappe jou (blykbaar) kan laat slaap snags. Mag geregtigheid geskeid en God Sy beskermende hand oor die pediader en enig in sy soort hou.

Toy ·

Dit is ‘n opperste skade hoe dit in die staatshospital gaan. Hoekom die dr skors, die Staat moet liewers net hul kant bring en die hospitale op standaard bring wat gelyk is aan privaat hospitale. Wat word met al die geld gemaak wat aan die departemente van gesondheid toegeken word. Maak sommer plan met die verpleegstaf wat nie hul kant wil bring, jy moet in daai beroep wees omdat jy omgee vir mense nie net vir ‘n salaris nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.