Permit versoek om Dinokeng-leeus van kant te maak

(Foto: Dinokeng Game Reserve/Facebook)

Dinokeng Game Enterprises, wat die wilde diere in die Dinokeng-natuurreservaat besit, het aansoek gedoen vir ʼn permit om drie leeus van die Gautengse departement van landbou en landelike ontwikkeling en omgewing van kant te maak.

Dít nadat dié leeus glo die 30-jarige Johannes Matshe, ʼn werknemer van die eienaar van grond in die Dinokeng-natuurreservaat, Sondagaand aangeval en verskeur het.

Maroela Media het vroeër berig Matshe het die betrokke aand, ná donker, te voet deur die reservaat gestap toe hy deur die leeus aangeval is. ʼn Span wat die reservaat se heinings nagaan, het Maandagoggend op Matshe se oorskot afgekom.

Ingevolge die wildreservaat se regulasies is dit streng verbode om te enige tyd – bedags óf snags – te voet in die park te wees.

Hartogh Streicher, woordvoerder van die Dinokeng-wildreservaatbestuursowerheid, het Donderdag gesê Dinokeng Game Enterprises het verskeie faktore oorweeg voordat daar eindelik besluit is om ʼn permit te bekom om die leeus van kant te maak.

Dié faktore sluit in die emosionele trauma wat Matshe se familie, vriende én die grondeienaars van Dinokeng gely het, die reservaat omgewingsontwikkelingsplan, die reservaat se bestuursplan wat die leeus betref en die Wet vir Bedreigde of Beskermde Spesies (ToPS).

Daar is ook glo verskeie gesprekke met vakkundiges gevoer voordat daar tot die besluit gekom is.

Die direkteur van die Gautengse departement van landbou en landelike ontwikkeling en omgewing se biodiversiteit rentmeesterskap- program het intussen bevestig dat die aansoek vir ʼn permit ontvang is en dat die aansoek aandag geniet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

55 Kommentare

MC ·

O ja, nou word die diere weer gestraf vir die mens se onnooslike optrede. Verstommend.

Janine ·

“natuurreservaat”. WAT het hy te voet daar gedoen? “Ingevolge die wildreservaat se regulasies is dit streng verbode om te enige tyd – bedags óf snags – te voet in die park te wees.” Weereens moet wilde diere boet vir ‘n ‘mens’ se onnoselheid!

Impact ·

Hoekom kom ry mense op fietse in Dinokeng???? Dit is ook mos onnoselheid v.d mense en teen die regulasies maar tog word dit toegelaat!!!!

Janine ·

Wat het hierdie berig daarmee te doen? Ek het kommentaar gelewer op DIE geval.

Impact ·

So klim mense in Dinokeng uit hulle motors om ‘n drankie te drink, fotos te neem, en blaas leeg te maak – ook onnosel

Juanita ·

In alle respek vir die famile van die oorledene was dit hy wat nie die reels nagekom het nie. Hoekom moet die leeus van kant gemaak word?

Koos 100 ·

Impact, ek neem aan jy ken die persoon en omstandighede? Die feite spreek egter. Ek sal voorstel dat jy eerder terugstaan as aanval, want jy het ook geen ander weergawe nie.

Niklaas ·

Dis eintlik skokkend . Leeus in ‘n wildtuin soek deurgans prooi of iets om te eet. Dalks het die werker weg probeer hardloop in die nag en min roofdiere bly dan maar net staan en kyk. Ek sal verbaas wees as hierdie leeus van kant gemaak word , want hulle het nie teen hul aard opgetree nie..

Bolandse Nooi ·

En mense is van nature moordenaars, jy behoort dit te weet.

Papsak ·

Ai ai arme diere hoekom moet hulle nou met hulle lewe gaan betaal wat het hy daar gesoek maar ja hulle mag mos niks oor kom nie arme leeus maak my nou boos

Skittles ·

Omdat een persoon die reëls oortree het, “Ingevolge die wildreservaat se regulasies is dit streng verbode om te enige tyd – bedags óf snags – te voet in die park te wees.” nou moet 3 leeus dood gemaak word. Dis waansin.

Bolandse Nooi ·

Ek hoop dit word nie toegestaan nie. Matshe was die oortreder. NIE DIE LEEUS NIE!!!!!!!!!!!

Thelsa ·

Dis so goed jy vernader Banyana Banyana se kouse omdat hulle die wedstryd verloor het. Haal diep asem en dan dink julle weer.

Bolandse Nooi ·

Bottomline is, hy was waar hy NIE GEHOORT HET NIE. Of sy van nou Makoekie, Matotshi, Matshethe … whatever was. Hy het galoop by die leeu, die leeu hy het hom gasien … die leeu toe byt hy vir hom mamorsdoodpapvrek.

Bolandse Nooi ·

Wel, ek is nou sommer rooiwarm om die bors oor hulle die leeus wil uitsit.

Plaaskind ·

Ek voel ook so, iemand moet kan help om petisie op te stel om hierdie onnooslikheid te probeer stop…..

Pieter ·

Ek dink ons doen n petisie van die publiek om hierdie leeus nie van kant te maak nie, anders ondersteun ons nie meer Dinokeng reservaat nie

Bolandse Nooi ·

Peper hulle op hul sosiale media bladsye. Google net “Dinokeng Nature Reserve”, jy word outomaties herlei.

Cherokee ·

Ek stem saam Pieter. Dan sal ek nooit weer daarheen gaan nie. Waar is dit?

Wakkerslaper ·

…”emosionele trauma wat gely is” Dit is so goed iemand verlaat sy voertuig in die Kruger Nasionale Park, gaan stap ‘n draai in die veld en as ‘n leeu, of ‘n luiperd, of ‘n seekoei, of ‘n olifant hom doodmaak, dan word die dier van kant gemaak omdat die personeel en omliggende gemeenskappe “emosionele trauma ervaar het”. Hoe absurd…?!

Impact ·

En tog almal wat nou hierso so skreeu, is ook v.d mense wat in Dinokeng kom fietstry of draf of ‘n doppie drink, of uitkom vir ‘n foto of water iewers in die bos afslaan – julle almal skreeu verniet so want ons almal oortree iewers – almal is nou so hoog heilig en onskuldig. Dit maak my sommer naar. Julle wat so skreeu is die wat anders mense van die pad afry of vinger wys omdat julle haastig is en die ander nie. Almal van ons is oortreders, iewers in die samelewing

Bolandse Nooi ·

Want – soms, net soms – is diere lewens ook belangrik. Daardie leeus was in ‘n RESERVAAT waar hulle BESKERM moet word. Die werker was ONWETTIG na-ure, te voet in die Reservaat. Wat – dink jy – het hy daar gaan doen? Die leeus gaan uitnooi vir ‘n koppie tee saam met hom? “You live by the sword, you die by the sword”. As jy dinges soek, gaan jy dinges kry. Jammer, maar vir diesulkes het ek geen simpatie nie. As werker van die Reservaat moes hy geweet het hy speel met sy lewe.

Wit Leeu ·

Nee wat, baie swak bestuur. Hoekom nou die leeus vankant maak ! Uiters swak besluit ! Gee nie om wie julle is nie. Stuur hulle eerder dan weg na iemand wat ordentlik na hulle kan kyk !

Wit Leeu ·

Ag siestog, moet nou net nie ‘n aar bars met jou onnodige kommentaar nie !

Ronel ·

Regtig – ek het nie woorde nie. Hierdie mense noem hulle self wildbewaarders of watter naam hulle hulle self ookal gee – hulle het duidelik nie ‘n idee waaroor dit gaan nie. Hulle is seker ook almal jagters want dit blyk die tipe mense kan nie wag om te skiet en te moor nie!!!! Maak my siek tot in my diepste wese!!! Daar is bitter min respek vir diere in hierdie land, ag wat praat ek tog, daar is nie eers respek vir mense nie, waar kom die arme diere in?????

Impact ·

As ‘n Leeu een keer mensvleis geeet het, dan gaan hy dit weer doen. Daar is oop kampe waar mense ook nie meer veilig sal wees nie. Dink bietjie verder as wat julle neuse lank is. Die leeus is in elk geval na Dinokeng gebring, dit is ook nie hulle natuurlike habitat nie, daar is baie ander inheemse diere in die reservaat wat nie daar hoort nie – maar niemand skreeu daaroor nie.

Ronel ·

Wel ek vir een het beslis baie meer respek vir diere as vir mense. Diere is onskuldig en opreg, hulle liefde is onvoorwaardelik en hulle is tevrede met die minste. Verseker nie wat van die meeste mense rondom ons gesê kan word nie. Pla my nie in die minste om dit te erken nie, inteendeel ek is trots daarop om te sê EK IS GEK OOR DIERE EN SAL BASIES ENIGIETS VIR HULLE DOEN!

Michael ·

Jy is ‘n baie siek mens Ronel, hopelik word jy nie soos ‘n dier behandel deur een van jou medemense nie, want dan moet jy nie kla nie

Stephen ·

Lees tussen die lyne mense. Die Dinokeng Reservaat het nou eintlik aansoek gedoen vir n permit om geld te maak uit die situasie. Probleemdiere word nou trofees vir buitelandse jagters wat ten duurste betaal.
Die lam verskonings om die permitte te regverdig maak nie sin nie.

Bolandse Nooi ·

Daar is ‘n verskil tussen doodskiet en “euthanize”. Ek glo nie die reservaat sal die leeus laat uitskiet nie, maar eerder ‘n gekwalifiseerde veearts kry om hulle met ‘n doofpyl te skiet en dán te “euthanize”. Nog steeds – ek hoop dat die toepaslike wetgewende owerheid NIE die permit om die leeus vankant te maak, sal toestaan nie.

Nettie ·

Hy het ‘n wet oortree, geloop waar hy nie mag nie, en geweet het hy mag nie, want hy het daar gewerk. Nou word die leeus gestraf oor sy familie se emosionele trauma? Wat van ons emosionele trauma om te hoor weereens moet die leeus die blaam dra?!

SomeOne ·

nee mnr de beer, laat die leeus wat alreeds ‘n bedreigde spesie is in vrede, dis nie elke dag so ‘n voorval nie

Plaaskind ·

Is daar dalk ‘n moonlikheid dat daar ‘n petisie geteken kan word om hierdie diere se lewens te probeer red? Is daar nie ander natuurbewarings mense wat kan raad gee en leiding gee nie. Dit is so onnodig en onregverdig om die leeus van kant te maak vir menslike onnoselheid. Kom mense, ons diere kan nie vir hulle self praat nie.

Bogom ·

Daar is huidiglik te veel leeu mannetjies in al die reservate.
Geen reservaat wil leeu mannetjies inneem nie.
Dit gaan nie oor wat die spesifieke leeus gedoen het nie.
Hulle moet minder gemaak word.

Ronel ·

Nee wat Michael ek is heeltemal gesond en wel dankie – dis juis as gevolg van mense soos jy wat dit my siening in die lewe is, want dis juis mense soos jy wat maak dat mens meer respek het vir diere as vir mense!! Ek kan jou belowe geen dier sal ‘n mens ooit behandel soos wat mense diere behandel nie. Mense is diere se grootste grootste vyand, en klaarblyklik ook hulle eie grootste vyand!

francois ·

baie bly maar ek hoop ons boere kry gaan nou ook bietjie meer kry vir ons speenkalwers

Dewald ·

Dis dit of die gemeenskap brand daai hele plek af.Kies maar 3 leeus of almal daar se eiendomme

Marina ·

Ek sal dit nooit verstaan nie, ek hoop die permit word NIE toegestaan nie.

Thinus ·

Ek stem saam dat dit die man se eie dom besluit was wat tot sy dood gelei het, maar baie mense verstaan nie hoekom die leeus nou van kant gemaak moet word nie. Die beginsel is dieselfde as ʼn hond wat skaap begin byt – as hy dit eers eenkeer gedoen het gaan hy dit aanhou doen. ʼn Leeu wat ʼn smaak vir mens gekry het is baie waarskynlik om ʼn mensvreter te word. Die kan gesien word in verskeie gevalle in Afrika op waar daar baie gevalle was van leeus wat mensvreters geword het nadat hulle begin mens vang het.

Dit is baie sleg dat die leeus nou moet ly onder die man se dom optrede, maar dit is ongelukkig onvermydelik op die stadium. Die koeël is, so te sê, deur die kerk.

Tsek! ·

Nee dis moes nie regverdig nie. Wie het die reels oortree, die leeus of die persoon. Net nee. Dan moet die ANC en EFF ook van kant gemaak word.

Eden ·

Kan die menseregtekommissie onmiddelik die leeus se rassistiese gedrag ondersoek? Dringend.

Purpleflower ·

Wat gebeur het is tragies maar daar moet tog seker ‘n ander “hawe” vir die leeus wees. Wat my die meeste ontstel is dat die eienaar aansoek gedoen het om die diere vakant te maak. (altans, dit is hoe ek die berig interpreteer)

Purpleflower ·

Ek kan dit nie verstaan nie. As jy jou motor in die wildtuin verlaat en jy word opgevreet deur wie of wat ookal gaan “hulle” die wildtuin toe maak ??

Sekerlik moet daar ‘n ander velige hawe vir die leeus wees. Hartseer vir die familie wat agterbly maar regtig??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.