Peuter sterf toe ma agteruit ry

(Argieffoto: pixabay)

Die polisie op Graaff-Reinet in die Oos-Kaap ondersoek ʼn saak van strafbare manslag ná die dood van ʼn tweejarige kind.

Kapt. Bradley Rawlinson, polisiewoordvoerder, het gesê die tweejarige kind is ernstig beseer toe die ma agteruit gery het sonder dat sy geweet het die kind is agter haar motor. Die voorval het Donderdag omstreeks 17:30 in Spandauville gebeur.

“Die kind is na die Midlands-hospitaal geneem, maar is met aankoms daar dood verklaar,” het Rawlinson gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Ivy ·

Shame, dis baie hartseer! Baie jammer om te hoor van die afsterwe van julle klein kindjie. Mag die Here Sy arms om die ma vou, kan my indink waardeur sy nou gaan!

Anoniem ·

Ag dis verskriklik. Innige simpatie met die ma en familie. Mag die Here julle vertroos vir ewig

Mossie ·

Ons bid julle vertroosting toe, baie sterkte deur hierdie afgryslike gebeure!

Hannelie Van Wyk ·

Sekerlik enige ouer se grootse nagmerrie. Dit moet verskriklik wees!!

Dana ·

Ai dit is verskriklik. Die arme ma gaan vir die res van haar lewe daarmee saamleef. My hart gaan uit na haar. Mag sy vertroosting en vrede vind by God.

Swannie ·

Ek ken ook `n persoon wie dit oorgekom het. Mense, dis die verskriklikste selfverwyt denkbaar en volgens hom hou die nagmerries nooit op nie.

Dis so tragies en my hart gaan uit na sulke persone.

geweet ·

Ek het geweet dis te goed om waar te wees om deur ‘n paar komentare te lees sonder dat daar klippe en verwyte gegooi word.
Mooi so, Danien, toe gooi jy die eerste klip.

Wanneer gaan mense leer … om nie klippe te gooi wanneer mense (wat hulle nie eens ken!) se harte stukkend is nie?

Danien, kLim jy elke keer voor jy ry eers gou weer uit jou motor en loop om dit om net gou seker te maak dat daar nie ‘n kind of iets agter jou motor is nie?

Die klip wat jy gegooi het voeg ekstra pyn by tot die ma se reeds stukkende hart..

Soos in die fliek Bambi “if you can’t say something nice, don’t say nothing (sic) at all”

Susan ·

So bitter hartseer. My hart breek vir die Moeder. Baie, baie sterkte. Die lewe is ongenaakbaar, haar hart is stukkend sy kan nie eens bietjie stilstaan by die ongelooflike hartseer nie, dan volg die werklikheid van geregtelike ondersoeke en duisende vrae. Ek bid vir jou…

Andrea ·

Die arme, arme mamma! Mag die Here jou toevou in genade. Wat n verskriklike ongeluk is dit nie. Niemand van ons kyk elke keer as ons ry wat om en onder die voertuig is nie. Moet dus asb geen klippe gooi nie. Dit kon net sowel met my of jou gebeur het. Baie sterkte vir die gesin.

Maggies ·

Mag ons Hemelse Vader vir hierdie mamma vertroosting bring.
Geen persoon verdien so iets nie en dan word daar nog geregtelike ondersoek van strafbare manslag gedoen.
Pleks daar eerder meer tyd spandeer word om ondersoek te doen in al die moedswillige moorde van die land.
Los die familie eerder om te rou as om te krap aan die bittere pyn waardeur hulle gaan.

Susan ·

As jy vir jou lisensie gegaan het, weet jy dat jy elke keer voor jy ry, om jou motor moet loop en inspeksie doen. As jy Bambi se reëls wil volg, hoop ek jy het ook iets goed te sê met die volgende plaasmoord. Ek voel dit was agterlosig, hoe weet ‘n ma nie waar is haar 2-jarige as sy gaan ry nie? Elkeen is geregtig op sy opinie.

Ulrika ·

Ken jy die mamma?? Weet jy dat sy ALTYD haar kids bo alles en almal stel??? Dit is familie van my en dis maklik om klippe te gooi maar jy ken hulle nie so bly liewer stil

Ulrika ·

Ken jy haar?? Sy is die beste mamma ooit!!!!! Sy is die tipe mens wat nie eers ‘n vlieg kan leed aandoen nie!!

Ulrika ·

Ek wil net vir die mense wat sulke lelike boodskappe plaas reghelp..
Sy is die wonderlikste, sagste mamma wat ek ken.
Sy sal nooit iemand leed aandoen nie.
Sy sit altyd haar kids bo alles!!!
Sy is my familie en julle ken haar nie en dis maklik om klippe te gooi maar maak doodseker van julle feite asb! Sy is die tipe mamma wat sou seker maak haar kids is albei binne.

Aan die mense met trooswoorde… Baie baie dankie vir dit. Hou haar asb in julle gebede want sys stukkend. Bid asb ook vir die familie

Cherokee ·

Ulrika (en gebroke mamma), hierdie is die tipe berig waar ek my weerhou van kommentaar omdat ek die tyd gebruik om aan die Vader van alle vaders, die Koning bo alle konings, te pleit om krag vir ‘n moeder wat in stukke gebreek is en bonatuurlike krag nodig om te herstel. Mag God aan daardie moeder krag voorsien. Dankie Ulrika, vir die skild waarmee jy die swaardsteke afweer. Mag God julle seën.

Rooikop ·

Danien as jy hul ken dan sou jy verstaan dat dit ñ ongeluk was. Die kleintjie was in die huis toe Sy in haar motor geklim het. Sy het juis deur die motor huis geloop sodat hy haar nie agter volg nie. Sy het nie geweet die huis se voor deur is nie reg toe nie. Dis waar hy uit gekom het en agter die voertuig in gegaan het. Haar oë was gerig na motor huis om seker te maak hy het haar nie gevolg nie. So as jy hul nie ken nie bly eerder stil. Dis vir ons as vriende en familie reeds swaar om dit te verwerk.

Mau ·

Julle wat so klippe gooi, julle weet nie eers wat die omstandighede was en hoe dit presies gebeur het nie. Sies man ek sou skaam kry vir myself om die arme ma te oordeel, Los hulle in vrede.

Skokkend ·

Ek skaam my dood vir van hierdie kommentaar!!

Kan ek sê as dalk die mees paranoïste Ma ooit, dat jy kan 200% ‘n amazing ouer wees en jou kinders soos ‘n valk dophou en ongelukke gebeur STEEDS! Mag elke negatiewe kommentaar verwyder word. ! Aan die Mamma, Pappa, Familie & Vriende my innige innige simpatie. Dit is ‘n seer wat geen ouer moet ken nie. Mag God julle toevou in Sy genade en liefde en al die verwyte verwyder. Liefste klein seuntjie rus sag aan Christus se voete

Josie ·

Ek stem so 100% saam met jou Skokkend… Hartseer om Al die negatiewe en beskuldige kommentaar te laas ons sal maar Altyd n verdeelde nasie bly. Mag die Liewe Vader wat sê… Laat die kindertjies na My toe kom en verhinder hulle… Sy arms om julle slaan julle styf vashou in besonders jy mammie julle vertroos en beskerm…Amen????

Nikki ·

Ekt n foto van die gesin gesien. En dis so n mooi gesin. En ekt gedink dit kon net sowel ek gewees het. Glo my n 2 jarige kind is vinniger as wat mens dink. En hul hol altyd agter mamma aan. My hart bloei vir jou mamma. Mag Jesus jou styf vashou. En jul gesin dra deur die tyd.

TLC ·

Ek huil saam mamma maar ek huil ook oor mense wat klippe gooi
Dis n grusame ongeluk waarmee die mamma vir die res van haar lewe gevonnis is
Julle in jul glashuise moet pasop vir klippe wat terug gegooi word
Mamma mag God jou styf vashou in die tyd

RegOmteLewe ·

Damien, ek stem saam. Só minderjarige peuter moet in die sorg van ‘n volwassene wat die peuter vashou, agter geslote ysterhekke, gehou word. Die verweer is swak om net te gekyk het “of hy volg deur motorhuis” en voordeur is skynbaar nie eers nagegaan nie. Die peuter het sy lewe verloor. Die Gereg sal sy gang moet gaan. Dit kon ook iemand anders se Peuter gewees het. Gestel dit gebeur op ‘n parkeerterrein? Ja, mens moet eers elke keer rondom die voertuig stap om te kyk of daar iemand of iets (soos ‘n diertjie) onder jou wiele is VOORDAT jy net inklim en ry. Die Reg verwag dit. Dit is waarom daar ‘n strafbare manslag dossier geopen is en ondersoek word.

Maddy ·

Hoe kan ons as ouers oordeel oor ander ouers as ons almal al foute gemaak het? Moenie se dat jul kinders engeltjies is en dat jy as ouer n krans oor jou kop het nie. Want dit sal n leun wees. Ek myself het al n paar benoude oomblike gehad nadat ek seker gemaak het my kinders is veilig in die huis onder toesig en dan net omdat kinders, kinders is sal hul altyd n manier kry om uit te kom en dan volgende oomblik kom my ma of pa uitgehardloop skreeuend oor die kind wat kar toe hardloop. Hoeveel keer sou dit nie ook net rampspoedig geeindig het nie. Nee ek sal nie oordeel nie. In teendeel breek my hart vir daai moeder. Wetende dit kon al ek ook gewees het.

Tina Jacobs ·

Sterkte aan mamma en die familie, niemand mag oordeel nie, riv kindjie

Jennifer ·

Loosing a child is one if not the worst thing that can happen to a parent the guilt never goes away. Die laaste ding wat n ouer will hoor is wat hy moes en nie moes doen. Glo my dit sal die res van haar lewe by haar bly “as ek maar net” My innige meegevoel. Mag God julle dra deur hierdie onsettende moeilike tyd en tyd wat voorle????????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.