Phala-Phala: Ramaphosa van alle blaam onthef

Pres. Cyril Ramaphosa (Foto: Stefan Heunis/AFP)

Pres. Cyril Ramaphosa het niks om voor verantwoording te doen wat die destydse inbraak op sy wildsplaas Phala Phala betref nie.

Genl.maj. Wally Rhoode, hoof van Ramaphosa se beskermingsdiens, het wél nadat hy die inbraak ondersoek het sonder dat daar ooit ’n saak by die polisie aanhangig gemaak is.

Die waarnemende Openbare Beskermer, adv. Kholeka Gcaleka, het Ramaphosa Vrydag in haar finale verslag vrygespreek van enige oortreding met betrekking tot die R8 miljoen in Amerikaanse dollar wat in Februarie 2020 op Phala Phala gesteel is.

Die OB het wel bevind dat Rhoode nie by magte was om die inbraak op die plaas te ondersoek nie.

“Hy het verder gegaan as wat van hom vereis is en ons het die Suid-Afrikaanse Polisiediens gevra om gepaste optrede te oorweeg,” het Gcaleka vanmiddag tydens ’n mediakonferesie.

Die waarnemende OB het as deel van haar ondersoek die moontlikheid ondersoek dat Ramaphosa opgetree het op ‘n wyse wat strydig is met sy amp in die hantering van die beweerde huisbraak en homself blootgestel het aan ’n moontlike konflik tussen sy grondwetlike pligte en sy private belange.

Die moontlikheid is ook ondersoek of die president doelbewus versuim het om die inbraak aan te meld en sy mag en staatshulpbronne misbruik het deur die Presidensiële Beskermingsdienste (PPS) na Phala Phala te ontplooi.

Gcaleka sê niks dui egter daarop dat die president enige etiese kodes oortree het nie.

“Geen bewyse kon gevind word wat aandui dat die president óf by Phala Phala plaas werk óf vergoeding van Phala Phala plaas ontvang nie.”

Ramaphosa is reeds in Maart vanjaar in die OB se tussentydse verslag van enige oortreding in dié skandaal vrygespreek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

domheks ·

NOU WAT VAN DIE VERKLARING VAN DIE BUITELANDSE VALUTA? KAN ONS NOU OOK MAAR MILJOENE DOLLARS IN DIE LAND INBRING SONDER OM DIT TE VERKLAAR?

Anje ·

Nes Zuma sal hy nooit skuldig bevind word van enigiets nie….Dis nie n verassing nie

Republikein in die Wes Kaap ·

Maar natuurlik het die prez geen foute gemaak nie. Hy glimlag dan tog te mooi. Maar na sy tweede termyn sal daar weer ‘n ondersoek wees en dan kan hy ook nie meer so lekker “recall” nie.

Casper ·

Wat word dan van die geld wat die plaas genereer,soos die verkoop van wild.Dit sal interessant wees om te weet of daar gejag word.

Perdeby ·

In die 1ste plek was hy nie eers in die land toe dit gebeur het nie. Hy het ‘n plaasbestuurder wat sulke goed vir hom hanteer. Hy het die regte prosedure gevolg om dit aan sy Hoof van die BBP eenheid te raporteer, en hy is die een wat klink vir my nie veel daaroor gedoen het nie. Hulle moet dalk uitvind wie die opdrag gegee het dat dit in die meubels versteek word, want ek glo daar is ‘n gepaste kluis op die plaas om die geld in te bere. Hoe het die persoon in elk geval deur die lughawe gekom met al daardie geld. CR reel nie eers die veilings nie en woon hulle nie eers by nie. Hulle moet eerder na Roode en die plaasbestuurder bevraagteken. As enige persoon die regte prosedure volg van so ‘n misdaad kan hulle jou nie skuldig bevind nie.

miraclealigner ·

Dit is dalk goed en wel, maar wat van Arthur Fraser wat die ‘inligting’ bekend gemaak het? Wat van sy motiewe – nie eers net op ‘n politiese vlak nie; dalk was die intensie om anargie te saai en potensiële probleme vir die land te veroorsaak met die vieslike politiek wat dié klomp speel. Hy het tog sekerlik hoé lank met die inligting rondgeloop, en as dit nie die geval was nie, wat van die informant(e)? Is hulle nie aandadig aan die oortredinge nie?! Ek dink nogsteeds daar is ‘n weggesteekte agenda hierby betrokke….

LANA is ELANè ·

As daar enige persoon in SA is wat enigsins iets anders verwag het rondom PHALA PHALA bly beslis nie in SA die afgelope 30 Jr nie. Politici en hul familie en vriende is verhewe bo die wet, weet dit nou maar!

Jacobus ·

Jô. Nie kommentaar werd! Veral omdat niemand glo dat dit enigiets met arabiere en buffels gedoen het!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.