Plaasmoordsyfer styg

(Foto: Maroela Media)

Plaasmoorde – ofte wel moorde binne die boerderygemeenskap – het die afgelope jaar ʼn toename ondervind en staan nou op 14 moorde vir die tydperk April tot Junie. Altesame tien mense is ʼn jaar gelede in dieselfde tydperk vermoor.

Volgens die polisie se jongste misdaadsyfers, wat Vrydag bekend gemaak is, is die meeste voorvalle in die Vrystaat (vier moorde) en KwaZulu-Natal (vier moorde) aangemeld.

Vyf boere is vermoor en altesame vyf plaaswerkers, plaasbewoners of besoekers aan plase.

Wanneer daar na die breër prentjie gekyk word, is 79 mense in dieselfde kwartaal op “landbougrond, ʼn plaas of kleinhoewe” in Suid-Afrika vermoor. Daar was terselfdertyd 59 voorvalle van poging tot moord en 238 voorvalle van ernstige aanranding op landbougrond, ʼn plaas of kleinhoewe aangemeld.

Veediefstal

Bheki Cele, minister van polisie, sê ʼn afname in alle eiendomsverwante misdaad is die afgelope kwartaal aangemeld. Dit sluit veediefstal in.

Veediefstal het ʼn algehele daling van 2,7% sedert dieselfde verlede jaar ondervind.

April tot Junie 2022April tot Junie 2023VerskilVerandering
6 4566 281-175-2,7%

Die meeste voorvalle is in die Oos-Kaap aangemeld, met die Noord- en Wes-Kaap wat die minste voorvalle van veediefstal aangemeld het.

  • Oos-Kaap: 1 576
  • Vrystaat: 731
  • Gauteng: 206
  • KwaZulu-Natal: 1 442
  • Limpopo: 616
  • Mpumalanga: 600
  • Noordwes: 685
  • Noord-Kaap: 237
  • Wes-Kaap: 188

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

HPJ ·

Die amptelik opposies die DA kan oor alles kla em kerm maar nie n woord van hulle nie Kyk maar ander artikels Die DA het altyd iets te se maar Boereregte kom n ver tweede teen LBTQ regte vir fie DA Of hulle base in Washington het nie die boere se belange op die hart nie

piet ·

Dis nou die eerste keer dat ek die slagoffers van plaasaanvalle in kategoriee sien. Dis baie interessant siende dat (“net”) 5 van die 14 boere was. Daar was 4 werkers. Dit dui daarop dat dit nie net die boere is wat geteiken word nie maar alle kategoriee persone wat op plase teenwoordig is. Plase word dus geteiken omdat dit ‘n makliker teiken is en nie om een of ander spesifieke groep uit te wis nie (soos die verregses dikwels beweer nie). Weet ook nie of kleinhoewes juis in die plaas kategorie behoort teval nie. Mense wat daar woon is nie noodwendig boere nie, mense kan vir verskeie redes op kleinhoewes bly. Weereens plaas of kleinhoewe, makliker teikens want dis normaalweg hele entjie uit die stad/ dorpsgebied uit.

piet ·

En wat beteken “landbougrond” as plase en kleinhoewes uitgesluit word want 3- keer meer moorde (as op plase en kleinhoewes) word op eersgenoemde gepleeg. Dit moet seker gewone mense wees wat in plattelandse areas woon soos in Zoeloeland byvoorbeeld. Laasgenoemde kategorie val dus heeltemal buite die plaas en kleinhoewe kategorie en kan nie bygereken word by plaas/kleinhoewe moorde nie. Dis iets heeltemal anders.

007 ·

My suster is op die plaas net buite Pietersburg doodgeskiet. Eers in haar maag, sy het vir die man gesê haar dogtertjie is net 2 maande oud. Haar seun was 3jr gewees. Toe skiet hy haar in die nek en los haar net daar dat sy dood bloei. Ek gaan liewers nie vertel wat het hulle alles met haar gemaak nie.

Jannie van Niekerk ·

Pres Ramapohosa weier om plaasmoorde te erken en sy boesemvriend Malema hits dit aan. Dan is ek verstom oor die feit dat bekende wynboere sonder skroom hulle steun aan Ramaphosa gee.

Althes ·

Ons is werklik magteloos. Voor daar nie ñ ander regering is nie, sal dinge nie verander nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.