Platsak SA’ners eet nog graag uit

Argieffoto (Foto: Unsplash)

Suid-Afrikaners trek dalk finansieel noustrop, maar hulle eet en drink nog fluks.

Die kos- en drankbedryf se syfers vir Mei vanjaar het in reële terme met 6,7% toegeneem vergeleke met Mei verlede jaar.

Statistieke Suid-Afrika (StatsSA) sê restaurante en koffiewinkels het veral goed gevaar, dermate dat restaurante en koffiewinkels op ’n jaargrondslag 9,5% meer verdien en 4,4 persentasiepunte tot die bedryf se algehele inkomste bygedra het.

Kitskoswinkels het 4,2% beter gevaar as die jaar vantevore.

Seisoenaal aangepaste inkomste vir die kos- en drankbedryf het in Mei vanjaar met 0,8% toegeneem wanneer dit met April vergelyk word. Dit het gevolg op maand-tot-maand-veranderinge van 2,3% in April 2023 en -1,3% in Maart 2023.

Minder ondernemings gelikwideer

Die aantal sakeondernemings wat gelikwideer is, het boonop in Junie vanjaar met 11,7% op ’n jaargrondslag afgeneem.

StatsSA sê daar was ’n afname van 17,0% in die tweede kwartaal van 2023 vergeleke met die tweede kwartaal van 2022. Die algehele getal likwidasies het in die eerste ses maande van vanjaar met 14% afgeneem vergeleke met die eerste ses maande van 2022.

Minder goedere vervoer

Luidens StatsSA se statistieke het die aantal goedere wat op Suid-Afrikaanse paaie en spoorweë vervoer is, in Mei vanjaar met 0,3% op ’n jaargrondslag afgeneem. Die bedryf se inkomste het nietemin oor dieselfde tydperk met 2,2% toegeneem.

Inkomste uit vragvervoer het tussen Maart, April en Mei vanjaar met 6,8% toegeneem vergeleke met die jaar vantevore. Die belangrikste positiewe bydraers tot hierdie toename was primêre myn- en steengroefprodukte (12,9%), asook vervaardigde voedsel, drank en tabakprodukte (6,0%).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Amelia ·

Mense eet uit om rede daar nie krag is nie Kinders kan nie elke aand 10uur eet nie sommige pleke nie eers water nie hoe dan nou anders

Leana ·

met beurtkrag saam en laat by die huis kom is dit moeilik om elke keer iets op ‘n gasstoof te prakseer…

piet ·

Dis vinniger om kos gaar te maak op ‘n gasstoof. Dalk het jy nog net nie die gasstoof mooi bemeester of lank genoeg gebruik om die waarde daaruit te kry nie.

Sê maar net ·

Beurtkrag.
En wegneemetes en uiteet los ‘n moewiese gat in mense se sakke….en bevoeter hulle hele begroting.
Dis nie asof mense wíl splash nie, maar ek stem saam. Dis ‘n uitkoms.
Ek kannie wegneemetes of uiteet bekostig nie, maar vir die wat kan, geniet!

Marius ·

Mens kan ook net soveel keer braai .
Jy betaal jou dood aan krag ,maar dit is af as jy wil kos maak by die huis.
Nou vra ek maar net hoe moet mens maak , dan is uiteet mos die beste opsie veral in die week as dit skool is ????

KatjieDeKat ·

Ja vleis is te duur vir heeltyd braai en baie mense het in elk geval net op naweke tyd daarvoor.

Skim ·

Ek stem saam. Ons is gelukkig net twee. Tussen loadshedding,
krag waarvoor ons ten duurste betaal, gas is ook nie goedkoop nie. En kos is ook so duur, dit is goedkoper om wegneem etes te kry of uit te eet. Eintlik moet ons ‘n kostoelae van Eskom eis.

George ·

Niemand se jy moet nie. Gaan meer ook die wat swaartrek maar steeds uiteet teen duurste.

Hendrik ·

In die maand en half wat ek in SA was is die privaatsektor oor al die algemeen positief baie bedrywig, hardwerkend. Dit is sekerlik waar daar is baie mense wat moet meet en pas maar tog floreer dit ook as mens die swaar verkeer en strand massa met duur motors gedurende Paasnaweek as maatstaf neem. Tot selfs sover as in Hentiesbaai Namibie .

Jaco ·

As jy by die regte plekke uit eet is dit goedkoper as om bestandele vir tuis ete te koop. Plus die feit dat die krag meer af as aan is.

Truman Burbank ·

Wegneem etes kan ek verstaan. Daar is goedkoop opsies onder dit. maar drank???? Nee wat.

Tienie ·

Dit is social media. Niks is meer betroubaar nie. Veral nie die mediese bedryf nie.

JohanR ·

‘n Lekker bord kos, en ‘n glasie wyn help ons om net tydelik van die nuttelose ANC te vergeet! Wat moet ouers doen as tussen 6-8 daar nie krag is nie? Moet mense al 2nm begin kook net om kos op die tafel te kry? Ma en Pa werk en kan eers as hulle by die huis kom begin met kos. Is net makliker om ‘n pizza te gaan kry.

George ·

Saffas is lief vir skuld maak en dan te moan oor skuld maak. “Jy moet skuld maak om skuld te kan maak” roep hulle mos.

Koen ·

Dik jaloers. as jy dit nie kan bekostig nie, los die ander uit wat kan lekker leef. Ons werk hard daarvoor.

George ·

Ek kan dit goed bekostig dankie:) As die skoen pas. Geseende dag vir meneer verder.

Koen ·

Dis nie ‘n skande om jou geld op uiteet te blaas nie mense. Nou word beurtkrag geblameer. Geniet dit liewers en sien dit as ‘n goeie ding van beurtrag. Families eet weer saam…..????????????????

piet ·

Ek het vanmiddag verby Kentucky gestap. Lang tou karre (en dit op ‘n weeksdag). Mense, dit gaan nog lekker met sommiges in die land. So terloops, dit was nie load shedding toe ek daar was nie.

George ·

oormore kla hulle weer dat hulle nie geld oor het nie, dan is dit die ANC se skuld

Papsak ·

Ja ek kan nie uit eet bekostig nie ek eet in my kombuis uit in kerslig ons nie almal werke nie en ook nie ryk nie so soog maar niemand dink aan arm mense nie so good luck vir die rykes

Barney ·

As jy dit kan bekostig en geniet, eet dan gerus uit. Persoonlik verkies ek tuisgemaakte kos – dis lekkerder, gesonder en volgens my baie goedkoper as uiteet. Persoonlike keuse.

Matmiet ·

Moenie hierdeur geflous word nie, mense eet meer uit omdat daar nie elektrisiteit by die huis is nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.