Polisie gekap oor Charl Kinnear-verslag

Lt.kol. Charl Kinnear (Foto: Facebook)

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se gebrek aan optrede oor aanbevelings in die Charl Kinnear-verslag laat vrae oor ’n moontlike toesmeerdery ontstaan.

Lt.kol. Kinnear is op 18 September 2020 koelbloedig in sy motor voor sy huis in Bishop Lavis doodgeskiet.

Die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) het die verslag opgestel na ’n ondersoek van byna twee jaar.

Die parlementêre portefeuljekomitee oor polisie het Woensdag ’n gedetailleerde verslag ontvang oor die proses wat gevolg is om die verslag te klassifiseer.

Volgens Andrew Whitfield, DA-LP en woordvoerder oor polisie, het sy party se pogings om vas te stel hoekom die Kinnear-verslag as “hoogs geheim” geklassifiseer is, skrikwekkende onthullings tot gevolg gehad.

Opod het bevestig dat sy ondersoek reeds op 4 Mei afgehandel is en dat die finale verslag wat aanbevelings bevat wat geïmplementeer moet word, al maande by die SAPD is en dat Opod geen korrespondensie van die SAPD ontvang het nie.

“Hierdie onthullings laat vrae ontstaan oor die geldigheid van die klassifikasie en die erns waarmee die SAPD aanbevelings van Opod hanteer asook moontlike pogings deur die SAPD om diegene wat in die Opod-verslag geïmpliseer word, te beskerm.”

Die parlementêre portefeuljekomitee oor polisie het die minister van polisie, die nasionale polisiekommissaris en die hoof van die Valke versoek om die komitee van ’n omvattende vorderingsverslag te voorsien oor interne stappe wat gedoen is om die aanbevelings in Opod se verslag te implementeer. Die komitee het die SAPD ook gekap vir sy versuim om Opod te antwoord en gesê hy beskou die verontagsaming van die verslag se aanbevelings as ’n ondermyning van die verbintenis wat aan die Kinnear-familie gemaak is om geregtigheid vir sy moord te vind.

“Die komitee glo die voorlegging van die vorderingsverslag in sy vergadering volgende week sal Suid-Afrikaners en die Kinnear-familie gerusstel dat daar gewerk word om geregtigheid te soek, soos belowe. In daardie vergadering sal die komitee ’n omvattende verslag ontvang oor die aanbevelings en vordering met die implementering daarvan,” het Tina Joemat-Pettersson, voorsitter van die komitee, gesê.

Die komitee is verder ook baie bekommerd oor Opod se onthulling dat behoorlike proses volgens minimum inligtingsekuriteitstandaarde nie gevolg is in die klassifikasie van die verslag nie. “Dit impliseer dat behoorlike prosedure nie gevolg is nie en maak die klassifikasie onduidelik. Dit kan ’n impak hê op die ondersoek en vervolging vorentoe.”

Whitfield het gesê die SAPD se blatante verontagsaming van die Opod-wet, veral oor so ’n hoëprofiel-aangeleentheid wat die sluipmoord op een van sy eie lede behels, beklemtoon die straffeloosheid waarmee die SAPD voortgaan om te werk en gee geloofwaardigheid aan bewerings dat die SAPD in die Wes-Kaap deur bendes gevange geneem is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

marius ·

Georganiseerde misdaad , dwelmhandel , onwettige immigrasie en korrupsie sindikate is ingevleg in elke sfeer van die regering en die polisie is die mees korrupste van almal . Dis die waarheid .

JohanR ·

Mens wonder wie nou eintlik die “gangs” in SA is. Die polisie is soe hand aan hand met die gangs, dat mens wonder waar die polisie begin en die gangs eindig? 2020 en nog niks verder nie.

Jacobus ·

Die polisie is nou die gangs, in elk geval 90% van hulle veral in die Weskaap.

capie ·

Die bendes het nie die SAPD gekaap nie. Hulle werk saam met politici.

melaney ·

Toe ek klein was het ek van hulle af weggehardloop. Vandag hardloop ek nóg vinniger. Usain Bolt sal sukkel om by te bly.

Nie Verbaas ·

Natuurlik sal die ANC kaders dit toesmeer. Ons weet al hoe lafhartige, korrup en oneerlik die klomp is.

Miena ·

ek het pas die boek van Suiker Britz klaargelees en wat daarin onthul was asook wat voor die WVK gebeur het – is geen verskil in dinge gedoen daardie jare en vandag nie. die enigste is daai tyd het almal iets vermoed met die sg. “wit” regering asook die SAP en SAW en dit was stil gehou en onder die tafel deur gedoen vandag word dit oop en bloot gedoen.

Danie ·

Kriminele optrede en gedrag van sapd op sy beste.Wat kan jy meer verwag van goed wat in rusland en cuba opgelei is.

Nie Verbaas ·

En dan kom Lindiwe Sisulu op nasionale tv en vertel hoe die ANC party met integriteit regeer. Die dame moet miskien in n woordeboek gaan kyk wat die woord integriteit se betekenis is. ANC het geen benul nie. Oneerlikheid meer omvattend vir kaders.

goodCOP ·

Moenie kommer nie ubhuti ons kyk uit vir jou en kyk uit vir ons. Ons het ʼn lekker groot mat en besem teen twee honderd duisend vyftien en ag miljoen honderd bestel om van die verslag ontslae te raak.

Sarel ·

Pro leem is OPOD het nie ” Tande” nie.. en word dikwels geignoreer..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.