Polisie jag aanvallers wat lid van Valke vermoor

Lt.kol. Frans Mathipa (Foto: Verskaf)

Die Valke se nasionale hoof, lt.genl. Godfrey Lebeya, het Maandag ʼn multidissiplinêre span opdrag gegee om die moord op lt.kol. Frans Mathipa te ondersoek en diegene wat verantwoordelik is vir sy moord so gou moontlik agter tralies te kry.

Mathipa, verbonde aan die Valke se ondersoekspan vir ernstige georganiseerde misdaad in Gauteng, was Sondagaand besig met ʼn ondersoek toe hy op die N1-hoofweg naby die Hammanskraal-tolhek doodgeskiet is.

Volgens brig. Thandi Mbambo, woordvoerder van die Valke, is Mathipa in die kop geskiet waarna hy beheer oor die voertuig verloor en in ʼn sloot beland het.

“Hy is op die toneel dood verklaar en ’n saak van moord is by die Hammanskraal-polisiestasie aanhangig gemaak.

“Die saak sal deur die Valke se ondersoekspan vir ernstige georganiseerde misdaad ondersoek word,” sê Mbambo.

Lebeya het die moord op die toegewyde polisiebeampte veroordeel en sy medelye met Mathipa se familie, vriende en kollegas betuig.

“Diegene wat polisiebeamptes aanval, is ʼn bedreiging vir die land. Lt.kol. Mathipa was ʼn toegewyde ondersoekbeampte wat in misdade teen die staat gespesialiseer het.

“Ons is vol vertroue dat die ondersoekspan hard sal werk om diegene verantwoordelik is daarvoor, vas te trek,” sê Lebeya.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Anel ·

Sulke hoë offisiere wat vermoor word is mense wat hulle werk nog goed doen. Daar is so min van hulle oor. Sekerlik was hy op die spoor van ‘n gevaarlike misdadiger. Hoop die skuldiges word gou vas getrek. Sterkte aan die familie, vriende en kollegas van hier lt.kol!

Jacobus ·

Sterkte aan hierdie man se familie. Kom ons kyk hoe lank dit vat om hierdie terroriste te vang en laat boet vir hierdie konstante vermoor van polisiebeamptes. Daar het nog nie veel gekom van die vervolging van lt.kol. Kinear se moordenaars jare terug in Kaapstad nie. Dit laat my wonder sit die regering nie agter hierdie hierdie moorde nie? Die ondersoeke kom te na aan hierdie regerende misdaad bende.

Harley Davidson ·

En die twee vroue wat die valke so geterroriseer het omrede hulle skaap diewe gearesteer het, wie ondersoek dit?

domheks ·

Hoop daar is skriftelike bewyse van persone wat hy ondersoek het. In die mafia land regeer die skurke, en cele en kie hou toesig.

christo ·

Mens kan net wonder watter rol binne inligting gespeel het. Eerlike polisiebeamptes is gewoonlik teikens agv oneerlike beamptes wat binne inligting verkoop en hulle eie kriminele belange beskerm.

Minnie ·

Jammer die polisie is nie so paraat tov plaasaanvalle nie…..
RIV Kolonel

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.