Polisiehoë se bedanking ‘moet ander waarsku’  

Brig. Nokuthala Pete. (Fotio: Facebook/ Ian Cameron)

Solidariteit hoop die skielike bedanking van ʼn senior Wes-Kaapse polisiebeampte sal ander amptenare aanmoedig om hulle van roekelose of valse rassebeskuldigings in die werkplek te weerhou. Brig. Nokuthula Pete, bevelvoerder van die Paarl-polisiestasie, het die afgelope week bedank nadat ʼn rassestorm om haar kop losgebars het.

“Dit moet as ʼn waarskuwing gesien word vir diegene wat rassisme klagte ligtelik opneem,” het Renate Pieterse, netwerkkoördineerder van die openbare bedryf by Solidariteit, gesê.

Maroela Media het berig oor ʼn Facebook-plasing van Desember 2023 waarin Pete onder meer aangedui het dat die Paarlse polisie “te wit is”. Pete het verder ook in ʼn plasing genoem dat die Paarlse polisiestasie ʼn luitenant-kolonel in die finansiële afdeling benodig en dat sy die oorplasing self sal behartig om te verseker die wit heerskappy in die polisiestasie verander.

Pieterse sê nou ʼn les kan uit hierdie voorval geleer word. “Dit is ʼn situasie wat té gereeld in verskeie werkomgewings, insluitend die polisie, voorkom, en dit moet aandag kry.” Pieterse het beklemtoon dat sulke aantygings ernstige gevolge kan hê, en verskeie onlangse voorbeelde bestaan van hoe dit as wapen teen onskuldige werknemers gebruik is.

Solidariteit was voorheen betrokke by gevalle waar valse rassebeskuldigings gemaak is, soos die klag teen genl.maj. Sandra Malebe-Thema in November 2016. Die organisasie het verdere druk uitgeoefen deur in Mei 2017 die arbeidshof te nader ten einde die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) te dwing om ʼn interne ondersoek teen Malebe-Thema te begin.

Pieterse het ook verwys na twee lede van die SAPD wat vir kol. Annemarie Oosthuizen valslik daarvan beskuldig het dat sy die k-woord gebruik het. Dié twee adjudant-offisiere, Sedisa Tikoe en Chris Mphana, is oneervol uit die SAPD ontslaan. Hulle is ook strafregtelik aangekla en skuldig bevind, en het opgeskorte tronkstraf gekry.

“Oosthuizen se storie is waarskynlik die duidelikste boodskap nóg dat valse beskuldigings van rassisme – veral in die werkplek – nie geduld word nie. Hierdie bevinding stuur ʼn duidelike boodskap aan werkgewers dat hul versuim om teen rasboewe in die werkplek op te tree, nie meer geduld sal word nie en ernstige regsgevolge kan inhou,” verklaar Pieterse.

Solidariteit is vasbeslote om in te tree waar amptenare hulle mag misbruik, beklemtoon Pieterse. Die organisasie sal voortgaan om teen onregverdighede en valse beskuldigings te stry, waar dit ook al voorkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

minnie muis ·

ek hoop julle help met die groblersdal saak waar sap toegekyk het hoe n range rover in group wit mense in jaag en die ou nie eers arresteer nie , gelukkig is als op video

Andriette ·

By my man se werk kry die res van sy kollegas 1 keer ‘n jaar derduisende BEE geld. Hy kry niks want hy is wit. En dan word dit onder sy neus gevryf deur die spul. Hoe regverdig is dit?

Leon ·

Sy het vrywillig bedank en is nie ontslaan nie. Volgende maand sluit sy weer in n ander provinsie by SAPD aan en word aangestel as Generaal

Anel ·

Hoop sy kry net haar gewone pensioen soos enige ander lid wat bedank. Asook dat sy haar mediesevoordele verloor, dy bedank. Ook dat daar boortgegaan sal word met kriminele saak van rassisme teen hasr. Baie dink mos dat as hulle bedank, verval die klagte!! Maar daar is nog baie soos sy. Het vertroulik verneem dat dit veral die swart vroue offisiere is wat so rassities is, en dit begin vir my al lyk of dit regtig so is. Sterkte aan al die ander lede, van alle rasse wat besonder goed oor die weg kom, want daar is regtig baie.

JohanR ·

Sy gaan nou dadelik parlement toe of op die ANC, of op die EFF banke.

Papsak ·

Wel ek hoop die video word buitelande toe gestuur laat hulle sien hoe dit met ons gewerk en behandel word in SA

Kokerboom ·

Daar is nog baie van hulle! Range in nuwe bestel is goedkoop gemaak!

Andre ·

…sy lyk vir my na Ambassadeurs- materiaal?
Dalk ‘n lekker possie in Europa!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.