Polisielede binnekort gevonnis oor vals klagte van rassisme

Annemarie Oosthuizen (Foto: Solidariteit)

Twee lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) sal na verwagting vandeesweek gevonnis word nadat hul vroeër vanjaar skuldig bevind is op verskeie kriminele klagte, insluitend crimen injuria.

Dít nadat hulle hul eertydse bevelvoerder, lt.kol. Annemarie Oosthuizen, vals aangekla het van rassisme.

Solidariteit sal more saam met Oosthuizen in die Klerksdorpse streekshof in Stilfontein verskyn om strafverswarende getuienis teen die twee polisielede te lewer, sê Renate Barnard, ʼn sektorkoördineerder by Solidariteit.

Dié verskyning volg nadat vonnisoplegging op 19 Julie uitgestel is.

Die twee polisiebeamptes is reeds in Junie vanjaar skuldig bevind aan aanranding, regsverydeling, meineed en crimen injuria.

“Die skuldigbevinding van die twee SAPD-lede was reeds ʼn groot oorwinning, nie net vir Oosthuizen en Solidariteit nie, maar vir elke ander SAPD-lid teen wie vals klagtes van rassisme gelê word,” sê Barnard.

Volgens Barnard sal die vonnisoplegging dit duidelik stel dat lukrake aanwending van die raskaart waar dit nie geregverdig is nie, nie meer deur ons howe geduld sal word nie.

Maroela Media het vroeër berig Oosthuizen het reeds in 2017 dissiplinêre stappe ingestel teen die twee junior lede onder haar bevel wat hulself skuldig gemaak het aan wangedrag deur sonder toestemming of verlof nie vir werk op te gedaag nie. In reaksie op die dissiplinêre stappe het die twee adjudant-offisiere ʼn klag van crimen injuria teen Oosthuizen geopen deur aan te voer dat sy die k-woord gebruik het om na hulle te verwys. ʼn Voormalige intern, Elizabeth Sechele, het egter na vore getree om teen hulle te getuig, al is sy ook later geïntimideer en het sy vir haar lewe gevrees.

Oosthuizen is tydens ʼn departementele verhoor van die SAPD onskuldig bevind op al die aanklagte van wangedrag. Tydens die verhoor is ook bevind dat die adjudant-offisiere en hul getuie blatant onder eed leuens vertel het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Johann ·

Great begin. Nou vir die res wat agter rassisme wegkruipvir als van onbevoegd tot RASSISME!

4ntj13 ·

Ek is nog meer bekommerd oor die NVG en die regters se rassisme! Senekal, byvoorbeeld.

jzjz05 ·

Hoop dit gebeur ook in die privaat waar mense onskuldig van rassisme beskuldig word.

Jakes ·

Rassisme het n siekte geword in SA. Die raskaart word wyd en suid deur mense gebruik om verborge agendas te dryf. Ek hoop dat die vonnis wat hier opgele sal word n duidelike boodskap sal uitstuur dat dit taboe is om mense na willekeur uit tekryt as rassiste.

Dries ·

Dit sal beslis ook help as hierdie hofsaak meer aandag in die media geniet, sodat die boodskap deur ALMAL gesien kan word. Maar ons weet mos hoe dit gaan…

Suzette ·

Maak ‘n voorbeeld van hierdie 2… Ons is mooi keelvol om altyd te hoor jy is ‘n rassis as jy van iemand verwag om net hulle werk te doen!!!

Erika ·

Die wat grootste Rassiste is Maak meeste geraas…. .En sal eerder Iemand anders blammer waarvoor hulle verantwoordelik self moet vat

pompies ·

Dit klink nou baie goed, vat sommer die getuie ook vas wat saam gelieg het dan stel dit vir hulle wat wil lieg n mooi voorbeeld van wat kan gebeur as jy lieg. Ongelukkig is dit mos net wittes wat rassiste is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.