Polisieman skiet glo vriendin by Tembisa-hospitaal

Die Tembisa hospitaal. (Foto: Guillem Sartorio/AFP)

Die Tembisa-hospitaal in Johannesburg is Woensdagoggend tydelik gesluit nadat ʼn polisiebeampte glo sy vriendin in die hospitaal se parkeerterrein doodgeskiet en toe die wapen op homself gerig het.

Die beampte was glo aan diens ten tyde van die voorval.

Volgens die Gautengse departement van gesondheid het die 30-jarige beampte om 08:00 by die hospitaal ingery met ʼn polisievoertuig waarvan die blou ligte geflits het.

Hy het by die ongevalle-afdeling se parkeerterrein stilgehou en glo sy 30-jarige vriendin, ʼn verpleegster by die hospitaal, gebel om hom daar te ontmoet.

“Toe die vriendin na die parkeerterrein aangestap kom, het die beampte glo op haar losgebrand en toe die vuurwapen op homself gerig,” sê die departement.

Die verpleegster is op die toneel dood verklaar.

Die beampte is na ʼn ander hospitaal geneem waar hy tans in ʼn kritieke toestand is.

“Gegewe die tragiese voorval by die Tembisa-hospitaal is die fasiliteit nie tans in ʼn posisie om nuwe pasiënte op te neem nie en word alle noodoproepe na nabygeleë fasiliteite herlei,” sê die departement.

Die hospitaal sal tydelik gesluit bly terwyl die polisie die toneel fynkam.

“Die sluiting sal ook die polisie die geleentheid gee om met personeel en pasiënte te praat oor die voorval.”

Diegene wat by die hospitaal was ten tyde van die voorval is glo erg geskok en sal die nodige berading ontvang.

Die motief vir die moord is nog onbekend.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

SlinkseKoljander ·

Swart polisie man? Hy het seker ook n rekord gehad voor hy indeins geneem was.

H.A. ·

Die POLISIE is die GROOTSTE moordenaars in die land. Hulle moet WEG.

Kensy ·

H.A… Jy het geen gronde vir dit wat jy se nie….. Jy ver-algemeen.
Ek sien nooit enige berig om te verwys na mynwerkers wat agter ATM en CIT rowwe sit nie… maar waar kom die plofstof vandaan?
N krimineel IS n krimeneel …. ongeag waar hy werk of waar hy gewerk het.
DIE polisie word geassosieer met die Politieke party aan bewind… dis een van die redes waarom die media elke storie waar die polisie betrokke is uit die water uit blaas! SENSASIE
Ek kom nie op vir korupte en oneerlike lede nie…. dit walg my. Maar gister is daar erens ook baie erenstige oortredeings begaan waarvan die midia nie eers bewus is nie… want dus nie sensasioneel nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.