Polisieman vas vir statutêre verkragting

(Argieffoto)

Die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) het Donderdagmiddag ʼn polisiebeampte van die Oos-Kaap in hegtenis geneem vir statutêre verkragting. Hy het na bewering ʼn agtjarige meisie verkrag. Dit is nie seker wanneer die beweerde voorval plaasgevind het nie.

Die beampte sal na verwagting Vrydag in die Uitenhage-landdroshof verskyn.

Ndileka Cola, woordvoerder van Opod, sê die verkragting is op 17 Augustus onder Opod se aandag gebring en die saak is sedertdien as ʼn prioriteit beskou.

“Die saak is na een van ons hoofondersoekbeamptes verwys wat dit so gou moontlik afgehandel het sodat die beampte in hegtenis geneem kon word,” sê Cola.

Cola sê Opod moes die saak ondersoek, ongeag of die beampte aan diens was of nie.

“Opod veroordeel hierdie verkragting ten sterkste, veral in die lig van geslagsgebaseerde geweld. Polisiebeamptes is veronderstel om eerder burgers te beskerm as om hul lewe in gevaar te stel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Persheks Adri ·

Hulle beskerm ons glad nie ons moet dit ook self doen en hulle soek ‘n 400% verhoging omdat hulle in gevaar is oe ee ee

Chris dupreez ·

Hulle beskerm ons vir seker nie , ons moet onsself teen hulle beskerm,en dit is so tragies van ons kriminele polisiemag

Niklaas ·

Dis suiwer verkragting van ‘n jong kind. Hoekom word daarna verwys as “statutêr”?

Deon ·

Kan iemand ons verduidelik wat is die verskil tussen kinder en statutere verkragting asb

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.