Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die polisie, sê konstabel Clarance Nkuna, Benjamin Peter Ndlovu, Dazy Ndzeni, Phatudi Malatji en Calvin Ngobeni is op borgtog van R2 000 elk vrygelaat.
Die saak is tot 13 Augustus uitgestel. Mulaudzi sê die vyf is Vrydag in hegtenis geneem nadat hulle die Foskor-myn se perseel wou verlaat en koper ter waarde van meer as R80 000 in hulle besit gevind is.
“Die konstabel het in ‘n gemerkte polisievoertuig gery saam met die ander vier toe hulle voorgekeer is.” Die koper is gevind en die mans is in hegtenis geneem.
Nkuna word intussen ook intern deur die polisie aangekla.
Ai – Ek wonder of hier enige eerlike polisieman in hierdie land is ?!
@Theresa, Ja daar is nog baie, maar jy moet hard en ver soek.