Polokwane-moordverdagte bly in aanhouding

Die verdagte, Fortune Sebone (19), in die Polokwane-landdroshof. (Foto: Antonette Koekemoer)

Die verdagte wat van die moord op Lindie Oberholzer (52) aangekla word, het Maandag vlugtig in die Polokwane-landdroshof verskyn. Fortune Sebone (19) se regsverteenwoordiger het in die hof aangevoer dat sy meer tyd nodig het om ʼn adres vir Sebone te bevestig voordat daar om borgtog aansoek gedoen kan word.

Die saak is gevolglik tot 17 Oktober uitgestel en Sebone sal intussen in aanhouding bly.

Maroela Media het vroeër berig Sebone is in hegtenis geneem toe hy in dieselfde woonbuurt geroof het as waar Oberholzer vermoor is. Oberholzer se liggaam is verlede maand in haar huis in die Bendor-woonbuurt aangetref. In die tweede geval is ʼn 54-jarige man oorval, aangerand en beroof.

Antonette Koekemoer saam met haar ma en stiefpa, Lindie en Obie Oberholzer. (Foto: Verskaf)

Antonette Koekemoer, Oberholzer se dogter, het Maandag aan Maroela Media gesê die familie is verlig dat die verdagte in aanhouding is, en dat hulle “ongelooflike terugvoering en ondersteuning van die polisie ontvang”.

Sy sê dit gaan onder omstandighede goed met die familie, hoewel dit nog bitter moeilik is om te verwerk.

“Ons het nog baie onbeantwoorde vrae,” het Koekemoer gesê.

“Party dae word ek wakker en wil ek my ma sommer bel, maar dan tref die werklikheid my dat sy nie meer hier is nie. Dit is ʼn groot verlies en seer, ek mis haar verskriklik baie. Om haar te onthou is maklik, ek doen dit elke dag, dis die seer en onsekerheid wat aan ʼn mens kou.”

Koekemoer sê die gemeenskap dra die familie steeds met hul liefde, gebede en ondersteuning.

“Dit is regtig wonderlik om te sien hoe baie mense vir my ma omgegee het en steeds lief is.

“Ons besef dis nog ’n lang proses wat voorlê, maar die Here dra ons daar waar ons nie meer kan loop nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Miena ·

Interessant genoeg is daar deur baie studies en navorsing getoon, veral in reeks moorde dat die oortreder bly sy aanvalle uitvoer in n omgewing waarmee hy bekend is (comfort zone). Die man is in hegtenis geneem toe hy in dieselfde woonbuurt geroof het as waar Oberholzer vermoor is. Ek se glad nie hy is n reeks-persoon wat die profiel pas nie; ek maak net n observasie a.g.v my huidige studies i.t.v. Deceptionology, Criminology & Profiling. Asook hierdie tipe oortreder se ourderdom en gedrag is tipies van wat aan misdadiger profiele gekoppel word. Dit is ook oor en oor bewys dat wanneer borg toegestaan word dat misdade net weer gepleeg word – in meeste van die tyd verander hulle die Modus Operandi, om SAPD / LCRC van spoor af te gooi. Daar is regtig net een voorland wat wag en wink vir sulke mense. Dit is net baie jammer dat ons tronke alreeds so oorvol is…

Kobus ·

Hoe verwaand wil jy nou wees? Borgtog? En daar is prokureurs wat sulke mense nog verdedig.

Miena ·

Dit is elke landsburger se Konstitusionele reg om regsverteenwoordiging te geniet in n saak waar n regsgeding ingestel is teen n persoon. Welke dit Legal Justice Aid of Privaat verdediging is. Daar heers ook net so sterk etiese kode dat wat ookal tussen klient en regsverteenwoordiging bespreek word konfidensieel gehou word tot dit voorgelê word, nes in n Dokter & pasiënt gesprek.

ES ·

Jip Kobus, dis prokureurs se werk. Terloops hulle verdedig nie die aangeklaagde nie, hulle verteenwoordig hulle. Prokureurs se werk is om seker te maak dat die regte proseudre gevolg word en om die wet ter interpreteer.

Daar is bitter min mense wat verstaan wat ‘n prokureur se werk behels, en kommentaar so die wys vir my dat dit nooit sal verander nie.

Frank John ·

Hy moenie borgtog kry nie, jul weet mos Hy’s die moordenaar, hy hoort nie op straat nie. Kry die verhoor aan die gang, spreek die vonnis uit en sluit hom toe en gooi sommer sleutel weg. Of kry hy nou ‘n laaste wens soos iemand wat tot dood veroordeel word. Laaste wens voor ons jou vir lank toesluit.
Nee man, of wil jul gaan soek na rede om hom vry te laat sodat hy nie hoef tronk toe gaan nie? Moenie vir my sê tronke is oorvol nie, bou nog. Hy hoort nie Laaste wens te kry om homself voor te berei op sy tronk straf nie, hy het daai voordeel lankal verloor.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.