Potch-boer vandeesweek gegroet

Charl Bekker. (Foto: Verskaf)

Die geliefde boer en oudonderwyser Charl Bekker (74), wat vroeër vandeesmaand vermoedelik deur van sy werkers vermoor is, sal Saterdag in Potchefstroom gegroet word.

Elzabe (70), Charl se vrou, het aan Maroela Media gesê dat ʼn gedenkdiens om 11:00 by die NG Gemeente Potchefstroom-Oos gehou word.

“Enigiemand kan die diens bywoon,” sê sy.

“Daar is egter nie voorsiening gemaak vir enige opnames wat aanlyn gedeel gaan word nie. Die diens sal slegs in persoon geskied.”

Volgens Elzabe gaan haar buurman, Danie Vorster, ʼn huldeblyk lewer.

Vorster het vroeër aan Maroela Media vertel dat Charl ʼn geliefde man is wie se dood ʼn groot leemte in die landbougemeenskap laat.

Charl is op 2 Februarie helder oordag by sy plaas in Vyfhoek buite Potchefstroom oorrompel en vermoor. Sy vrou, Elzabe (70), is buite hul huis vasgebind voordat die verdagtes met die paartjie se sportnutsvoertuig op die vlug geslaan het.

Kapt. Sam Tselanyane, polisiewoordvoerder, het by navraag aan Maroela Media gesê dat die vier mans in hierdie stadium nog nie opgespoor is nie.

“Die voertuig is ook nog nie teruggevind nie.”

Die polisie se ondersoek na die voorval duur intussen voort.

Hoewel Elzabe nie in hierdie stadium kans sien om die gebeure van die dag te herleef nie, het sy bewoë gesê dat sy fisiek “oukei” is.

“Die beserings wat ek opgedoen het, was nie so ernstig nie, so in daardie opsig is ek oukei,” sê sy.

“My seun wat van die Kaap af gekom het en my dogter en kleinkind is my steunpilare op die oomblik. Ek het ook geweldig baie ondersteuning van ons bure en al ons mense in Potchefstroom gekry, so te danke daaraan hou ons kop bo water.”

Die burgerregteorganisasie AfriForum het reeds sy beradingsdienste aan die familie beskikbaar gestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

JohanR ·

En daar is nog ‘n boer wat kos op SA se tafels gesit het van ‘n plaas af. Sterkte aan familie en vriende.

Groen Ghoen ·

Tragies. Nog ‘n kruis by die Witkruismonument. Die totaal kruise is seker al byna 2600. Indien plaasmoorde net die helfte van rugby se aandag ontvang, sal die publiek seker nog omgee?

anko ·

Plaasmoorde moet ook meer aandag geniet soos die saak van die afgelope skietvoorval van ‘n sanger/musikant by ‘n kuierplek

Eugene ·

Die polisie se ondersoek na die voorval duur voort, shame shame. Watter polisie?????

Nettie ·

So bitter, bitter hartseer. Sterkte aan al die vriende en familie. Mag God julle vertroos en berusting gee. RIV.

Mariana ·

Nog ‘n boer, nog ‘n plaasmoord en geen prioriteitsondersoek. Wat anders kan ons verwag. As hy deur sy werkers vermoor is behoort dit mos nie moeilik te wees nie. Simpatie en sterkte aan sy familie.

Vonny ·

Jaaaa en nou sit jul gekke sonder n inkomste….
Love mos Sassa

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.