Premier kap regulasies na klagtes oor besige promenade

Foto: @MolotoMothapo/Twitter

Die nuwe vlak 4-regulasies het hoë vlakke van samedromming in sekere openbare ruimtes tot gevolg, maar volgens die premier van die Wes-Kaap is dit omdat dié regulasies nie deurdink is nie en ʼn gebrek aan gesonde verstand toon.

Premier Alan Winde het gereageer nadat daar veral op sosiale media klagtes was oor die aantal mense wat op die Seepunt-promenade oefen. Foto’s is geplaas van groot groepe mense wat verby mekaar stap, hardloop en fietsry. Daar is ook gekla oor mense wat nie maskers aangehad het nie.

Die nuwe vlak 4-regulasies maak voorsiening vir mense om tussen 06:00 en 09:00 te oefen in ʼn radius van 5 km van hul huise af. Volgens Winde het inwoners van die Wes-Kaap nes inwoners in die res van die land van die geleentheid gebruik gemaak, maar het die voldoening aan die regulasies in ʼn baie eng vasgestelde tyd hoë vlakke van samedromming tot gevolg gehad.

“Dit is die ongelukkige gevolg van regulasies wat nie deurdink is nie en ongelukkig ʼn gebrek aan gesonde verstand toon. Die mediese en wetenskaplike redes vir die afsondering was om samedromming te beperk om die verspreiding van Covid-19 te vertraag. Deur inwoners te dwing om slegs gedurende ’n baie spesifieke tyd te oefen, veroorsaak ons samedromming.”

Alan Winde. Foto: Courtney Africa/African News Agency(ANA)

Daar is volgens Winde ook nie oorweging gegee aan die feit dat sonsopkoms veel later in die Wes-Kaap is nie, wat beteken dat die tydperk wat mense kan gaan oefen nog kleiner is.

“Die Wes-Kaapse regering sal dus die minister versoek om voorsiening te maak vir bykomende tye vir oefening tydens dagligure, sodat ons die aantal mense wat op enige stadium oefen, drasties kan verminder.”

Volgens Winde speel kardiovaskulêre oefening ’n belangrike rol in ’n gesonde leefstyl, wat ook ’n positiewe invloed op longgesondheid het. “Ons moet gesonde leefstylkeuses aanmoedig en inwoners van die Wes-Kaap toelaat om verantwoordelikheid vir hulself te neem deur sosiale distansiëring te beoefen en hul maskers te dra terwyl hulle oefen.”

Winde het inwoners versoek om alles in hul vermoë te doen om samedromming te vermy. “Hou ʼn afstand van ander en oefen alleen. Jy moet ’n lapmasker dra en te alle tye die reëls rakende goeie higiëne volg. As jy nie goed voel nie, moet jy glad nie jou huis verlaat nie.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Lizanda ·

Wat het hulle verwag, dis normaal, menslik en verstaanbaar as jy vir 5 weke in ‘n woonstel, meenthuis of self ‘n huis gesit het om te gaan draf, stap ens, die regering het die regulasie bepaal dat die aktiwiteite net tussen 6 en 9:00 plaasvind, niemand ander nie!!!! Nou wat nou!!!!Moet ons nou nog pa staan daarvoor ook!!!!

Jannie van Niekerk ·

Die kritiek kom seker weer van ‘n spul oorgewig ANC ondersteuners af wat net wil vreet op belastingbetalers se onkoste en nie wil oefen om gesond te bly nie.

Boortor ·

Ha ha ha! Hulle huisarres het die teenoorgestelde uitwerking! Breinloos, absoluut breinloos. Onthou…elke reaksie het n teen reaksie. Soos bv. burgerlike ongehoorsaamheid wat klaar mooi kop uitsteek.

Johanncb ·

Maak die hele dag “oop” van 6vm tot 8nm! Dan sal daar géén opeenhoping wees nie! Nogal logies!

TRP ·

Ek stem saam, elke dorp en elke persoon se ostandighede verskil. As ek my tyd kan kies sal dit mos baie beter wees. Voel of ek ‘n baba is vir wie als besluit moet word.

Willem ·

Dis tyd dat die DA begin rug styfmaak . Daai vrou beheer alles cyril het weggeraak. Dis tyd dat almal gelyk gaan stap dat cele al.al in hegtenis neem. Dis n sirkus die

Fedup ·

Winde, you are going to have an extremely difficult time explaining that to zumsa. Please draw pitcures with captions and really take your time coloring. This just have to be the most perfect explanation ever.

JohanR ·

Voel julle nie ook soos poppe in ‘n poppekas aanbieding nie en ou, oud, vrek oud en vrek stadig Dlamini-Zuma trek die toutjies? Julle mag NIE gaan oefen, julle kan van 06h00 tot 09h00 gaan oefen, julle mag rook, julle mag nie rook, julle mag nie oor grense beweeg, julle mag net vir ‘n week oor grense beweeg. Wag maar daar is meer gehum en geha om te kom!

Frans ·

Mense bedaar tog,alles word mos nou gedietermyn nadat dit scientific collectively ondersoek is.Jy kan mos nooit so verkeerd gaan nie.Wees dankbaar die man met die hoed was nie gister in die Lakeside Mall
in Benoni nie-hy is kapabel en sit ons in lockdown 6,nevermind 5.

Drico ·

Janee verstaan self nie mooi hoe die breinselle werk nie (indien dit ooit werk). Op 1 Mei mag meeste winkels veral klerewinkels oopmaak en die wat oop was mag nou als in hul winkel te koop aanbied. 1 Mei is n vakansiedag, die winkels is nie heeldag oop nie. Meer mense het in rye gestaan op 1 Mei in winkelsentrums as die afgelope 5 weke by kruidenierwinkels. 1 Mei kon net sowel n dag van level 1 gewees het….wonder hoeveel siele het die virus opgedoen gister so met al die saamdrommery voor en in winkels. Dan praat mens nie eers van oefening nie. Nee kyk, die ligte in die breinvkak is aangeskakel, maar geen konneksie maak sin nie.

Okmardom ·

Spaar ons van daai kopdoekvrou. …wie is ons president? Weet nou nie meer nie. Gooi sy nog dolosse en kyk hoe dit val. Lyk so. Kom ons kyk hoe val haar dolosse Maandag.

Ronel ·

Ekt in die verlede gereeld werk toe gedraf ook. Dit kan ook nie gebeur nie want ek moet in my woonbuurt drafnbinne 5km radius, of so sê hulle. Grap is dat ek 5km van my werk af bly. So nou wat nou. Mag ek of mag ek nie
As ek “langpad” werk toe draf gaan ek deur 3 ander woonbuurte wat nog in die 5km radius val.

Pieter francois ·

Dit is gereel deur n persoon wat een groot lug leegte tussen die ore het maak dit heeldag Dat jy kan oefen wanneer dit jou pas ons is nie n klomp kinder nie dit is niks anders as diktator skap nie

marius ·

Die man kan gerus kom kyk wat in limpopo aangaan . Hy sal so gou na sy paar drawwers verlang dat die trane oor sy wange biggel.

Christo ·

Ja stem saam met mnr Winde, geensins deurdink. Hoekom enigsins n tyd aan oefening te koppel? Dit kan mos maar saam met aandklokreël loop.

Maritha ·

Niks van hierdie goed maak sin nie. Skeinbaar is hierdie virus baie intelegent. Dit ken ń verskil tussen ń baie besige supermark en ń haarsalon. Ek mag nie werk nie want dan is ek ń gevaar vir my medemens terwyl ek slegs een klient op ń slag kan help terwyl ek my klient bedek met skoon cape en ek met masker en handskoene werk. Maar almal draf en stap en gaan doen inkopies en ry in taxies huistoe. Kan seker nie anders nie. Die wat besluite neem oor salonne het nie juis hare nie

Leon de Vries ·

‘n Mens wil nie ‘n klakous wees en onnodig kritiseer nie, maar stap en oefen net tussen 6 en 9 is ‘n regulasie wat nie sin maak nie.

MAGRIETHA ·

Maak besighede ook oop dan hoef da nie rye en rye mense opmekaar staan nie dit het di selle effek

Eerlik ·

Dis omdat niemand behalwe die pensionaris seggenskap het oor almal se doen en late nie. Sy reageer impulsief op alles en geen ander minister het insae nie. As almal n bydrae kon maak tot die regulasies sou iemand met meer intelekt dalk beter beplanning gedoen het en dit was nie so groot gemors nie.

Agietjie ·

Pasop – moenie alleen op die strand stap nie. Gaan stap op die wandelroete tussen die ander 550 mense.

Okmardom ·

Vertrou nie meer die regering nie . Kommunisme word op ons afgedwing. Sal draf wanneer ek wil. Dis my opinnie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.