President sê Afrikaanse Taalmuseum se naam sal nie verander nie

Afrikaanse Taalmonument (Foto: Maroela Media)

Die Demokratiese Alliansie verwelkom president Cyril Ramaphosa se versekering Vrydag in die parlement dat die Afrikaanse Taalmuseum en -monument nie gedwing sal word om sy naam te verander nie.

“Dit is goed dat die ANC rede gesien het en dat hul ideologiese haat vir Afrikaans nie in hierdie verband op die Afrikaanse Taalmonument (ATM) en Afrikaanssprekendes afgedwing sal word nie,” sê Veronica van Dyk, die DA se skaduminister vir sport, kuns en kultuur.

“Sou die minister van sport, kuns en kultuur, Nathi Mthethwa, ooit weer terugloop op sy besluit rakende die naam van die Afrikaanse Taalmonument, sal die DA dit weer teenstaan. Ons sal nie toelaat dat enige inheemse tale, insluitend Afrikaans, vertrap word nie.”

Van Dyk sê die DA versoek ook steeds dat minister Mthethwa onomwonde op ’n openbare platform sy besluit om nie die ATM se naam te verander nie, bekendmaak. “Ons verwag ook ’n verskoning aan die ATM-raad, omdat die minister se manteldraaiery poog om die raad na leuenaars te laat lyk. Dit lyk of die ANC-regering ’n oorlog voer teen Afrikaans en alle Afrikaanssprekers in ’n poging om goedkoop politieke punte aan te teken. Die DA sal dit nie duld nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Di ·

MOOI! Dink selfde het hier gebeur met die duisende wat die Petisie geteken het en BESWAAR gemaak het. Seker gedink ons gaan maar net terugsit en toekyk hoe hulle alles wat aan Afrikaners behoort te wil vat en verander soos hulle wil. NOU is ou grootbek sommer stil!

Strandloper ·

Die knaap soek witvoetjie by ons want our people verkoop hom uit. Te min te laat!

Sarel ·

Nog ‘n keer is Mthetwa in die bek geruk…
Wanneer word hy verwyder

Sarel ·

Dit is jammer dat selfs bietjie positiewe nuus negatief ontvang word..

JohanR ·

Nou se ook vir Nathi Mthethwa hy is ‘n groot EIERKOP, en nie ‘n minister se dinges nie!

Johan ·

Die DA praat nie vir of namens Afrikaners nie. As hulle dink ons gaan nou buig in dankbaarheid omdat hulle óns Monument se naam probeer red het, dan spreek hulle ander dade – soos die ondersteuning van volgehoue ekonomiese diskriminasie teen blanke mans deur BBBEE en AA – ‘n ander storie in sy geheel. Maak ‘n vaal kol aan dit wat saak maak (behalwe name van monumente), en ons stemme draai dalk weer na die DA. Soos dinge nou staan, gaan die 2024-verkiesings die DA, EFF én ANC setels sien krimp. Die sg. “klein partye” verdien eerder die Afrikaner-stem as een mengelmoes-gemors wat nie weet wie of wat hulle ondersteunersbasis meer is nie. Dankie in elk geval, DA. Maar die mense sou in elk geval die poppe laat dans het as die ANC sou DURF om ons erfenis te besoedel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.