Protesaksie teen Buthelezi-gedenkdiens by VTM

(Foto: Janice du Plessis/Maroela Media)

ʼn Klein groepie mense het by die Voortrekkermonument bymekaargekom in teenstand teen ʼn gedenkdiens wat hier vir prins Mangosuthu Buthelezi, afgestorwe voormalige IVP-leier en tradisionele premier van die Zoeloe-koninkryk, gehou is.

Die groepie het onder andere die aktivis Willem Petzer en lede van die Bittereinders ingesluit.

Frik Wentzel, wat die protesaksie gereël het, het gesê hulle is keelvol vir konformisme.

“Hierdie Voortrekkermonument is ʼn kerkgebou, ons voorouers het met bloed, sweet en trane betaal om hierdie gebou hier te hê. Dit is vir my verstommend dat nog nie een van ons volkshelde wat oorlede is ʼn roudiens hier gehad het nie; nou kry ʼn volksvreemde ʼn roudiens in die kerk, ʼn volksheiligdom,” sê Wentzel.

“Dit gaan oor die vryheidstrewe en die reg van ʼn volk om self te regeer; ons is keelvol vir die heimlikheid waarmee hierdie tipe goed gereël word. Die gedenkdiens sou oorspronklik in die Senotaafsaal plaasvind, en snaaks, toe hier nou verset is, word dit skielik na ʼn ander saal toe verskuif. Ek verstaan dat Buthelezi een van die Afrikaner se bondgenote was, maar dit gaan nie oor hom nie, dit gaan oor die beginsel van konformisme,” sê Wentzel.

(Foto: Janice du Plessis/Maroela Media)

Nadat Buthelezi die afgelope naweek in die ouderdom van 95 oorlede is, het die Voortrekkermonument aangekondig hy sal vir die prins ʼn gedenkdiens hou op dieselfde dag wat sy staatsbegrafnis in Ulundi, KwaZulu-Natal, plaasvind.

Danie Langner, hoof van die Federasie vir Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK), wat die Voortrekkermonument bestuur, het verduidelik dié besluit is eenparig deur die direksie geneem “teen die bepaalde geskiedkundige agtergrond van Afrikaner-en-Zoeloe-verweefdheid”.

Langner het die protesteerders verwelkom en vir hulle gesê hy is bly dat hulle hier is.

“Ons is hier as Afrikaners, ons is hier as mense wie se hart warm klop vir die Voortrekkermonument. Ek dink die een ding waaroor ons nie hoef te twyfel nie, is dat die Voortrekkermonument vir almal hier belangrik en kosbaar is.

“As mens praat oor prins Buthelezi self is daar drie dinge wat van hom uitstaan. Hy was ʼn oortuigde Christen – hy het gesê die feit dat hy ʼn Christen is, maak hom nie minder Zoeloe nie, dit maak hom inteendeel meer Zoeloe, omdat sy kulturele identiteit nie teenoor sy Christenskap staan nie.

“Daarmee kan ek myself vereenselwig, want ek is ʼn Christen-Afrikaner,” het Langner gesê.

“Prins Buthelezi is die een persoon wat altyd opgestaan het vir eie wortels, kultuur, tradisie, taal en identiteit. Hy het ook opgestaan vir die feit dat ons ander se kultuur, tradisies, taal, en so meer moet respekteer. Prins Buthelezi het oor baie jare ʼn baie nou verhouding met die Afrikaner gehad.”

Die groep protesteerders het tot 11:00 by die Voortrekkermonument saamgedrom voordat hulle vertrek het. Die Afrikaner se gedenkdiens vir prins Mangosuthu Buthelezi het daarna vreedsaam verloop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

74 Kommentare

JohanR ·

Vra wat het Buthelezi te doen met die Voortrekker Monument tensy hy gekom het om Bloed Rivier te vier!

De Villiers ·

Swak Danie Langner, hoof van die Federasie vir Afrikaanse Kultuurvereniging, baie swak!

Haan ·

Oortuigde chrisen wat nou n trop offer-veë in ry om geoffer te word op sy begrafnis…

Republikein in die Wes Kaap ·

Die VTM gaan seker ook geld insamel om’n bees te koop en dan te skenk vir slagting

Cherokee ·

Jou naam skryf jy met ‘n hoofletter, terwyl jy Christen verkeerd spel en met ‘n klein letter skryf. Respek is belangrik. Pas dit toe waar nodig.

Elizabeth ·

Sy mense het hul eie kultuur. Respekteer dit soos jy jou kultuur gerespekteer wil hê? Is ons verhewe bo ander?

Sat Tier ·

Frik Wentzel: “Dit gaan oor die vryheidstrewe en die reg van ʼn volk om self te regeer.”
Buthelezi: ” …eie wortels, kultuur, tradisie, taal en identiteit.”

Hierdie vêr-regses weet nie eers meer waarteen hulle protesteer nie.

Cherokee ·

As dìt werklik al is wat jul verlinkses te sê het, kan jy gerus weer probeer. Maar oordink eers wat jy wil sê, en moet nie net praat omdat praat, praat is nie.

Nettie ·

‘n Volk wat oor HOMSELF regeer, vereer sy EIE mense, nie ander volke s’n nie. Ek dink jy’t die punt wat Frik gemaak het, heeltemal gemis. Maar ja, kritiseer hulle maar as verregses, die waarheid oor al hierdie toesmeerdery gaan uitkom.

Sat Tier ·

Belaglik.

‘n Volk wat oor HOMSELF regeer, vereer sy EIE mense, maar ander ook.

Daar is duisende voorbeelde van mense uit ander volke wie selfs jy vereer. Dink jy almal in die Bybel het Afrikaans gepraat?

Dit gaan nie oor die taal wat jy praat, kleur van jou vel, of stam wat jy in gebore is nie.

‘n Goeie Christen mens mag op ‘n goeie Christelike manier vereer word.

Johann ·

Letterlik ONGELOOFLIK! Hoe vêr gaan die “afrikaner” nóg agteroor buig om die “afrikaan” en sy teenwoordigheid in ons kultuur en erfenis te akomodeer? Sou wat wou gee om te weet wat verkwansel die VTM deesdae as die werklikheid en waarheid oor ons geskiedenis? Of is dit dit soos die gedenk diens deesdae ‘n almal is lief vir almal en als is aanvaarbaar?

Maak nie so lekker die Christen geloof konneksie mer die “prins” se begrafnis rituele nie?

Hartseer dag.

John ·

Om jou redenasie te volg: moet die duiwels dan vereer word, want sonder hom sou die Christen nie gewees het nie?

Jy vereer nie jou vyand nie.

Harry ·

Lyk my julle ken ook nie julle Bybel nie. Wat was eerste God of die duiwel?

Nettie ·

Sjoe Harry. Hoe belaglik. Zoeloes is NIE deel van die Afrikaner kultuur nie!
Deel van die Afrikaner GESKIEDENIS, ja, maar definitief nie kultuur nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Die “direksie” het eenparig besluit. Klink meer soos ‘n geslote klub wat deur lede gefinansier word.

Nettie ·

Presies. Een van daardie gevalle waar Afrikaners se geld gebruik word om dinge te finansier wat TEEN hulle meerderheidkeuse is. Want die leiers is “eenparig” in hulle “konformering”. Maak mens bitter kwaad.

houopkruip ·

Politieke korrektheid is ongelukkig in ons volkie se genie. Dit wil nie weggaan nie – hoekom, weet nugter alleen.

Lian ·

Jy bedoel “Woke ” ? Jip ons moet ophou om te probeer “IN” wees. Dit het ons al duur gekos ( 1994 en sy nagevolge)

Republikein in die Wes Kaap ·

Die VTM gaan nog ‘n multikulturele kuierplek word…

Harry ·

Is dit die selfde Willem wat in Senekal gemoan het oor niemand met hom wou hand vashou en sing nie? En die selfde mense wat noudidag by die EFF se kantoor weg gejaag is soos honde?

Goldy ·

Al wie weggejaag word soos honde is jy wat weghol sonder om iets te doen soos jy en jou mense uit die ekonomie gedruk word.

Nettie ·

En wat het jy al gedoen om ons Afrikaner/Boer al te help, Harry? Jou naam is heel onbekend aan my.

Nettie ·

Maar ek is nie die een wat die wat wel DOEN, aanval nie.

Daardie manne het gister na die witkruis monument gereis. Vanoggend 6:00 terug Pretoria toe. Vanmiddag weer terug witkruis monument en more plant hulle meer as 40 kruise vir Boere en huil en bid saam met die families.

Maar jy eien jouself die reg toe om hulle te kritiseer?

piet ·

EFF het hulle pakslae gegee, nie baie goeie beeld van die Afrikaner (ekskuus Boer, hy wil mos nie Afrikaner wees nie) daai dag uitgedra nie.

Bolandse Nooi ·

Ag nee, genade, nou slaan julle jul name met sommermaar heel, geelhoutbome!!! Kyk, Prins Bhutelezi was nou nie een van “my” mense nie, maar sowaar! Gee die man wat hom toekom! Ek het respek vir hom gehad vanweë sy eerlikheid, verbondenheid aan sy mense en sy openlike kritiek teenoor die ANC.

Nettie ·

Dankie Frik en Willem, veral omdat meeste van julle nog moes deurry vanaf die witkruis-planting vandag en weer moet terug ry. Julle het ons erfenis vandag namens ons verdedig. As meer van ons betyds gehoor het hiervan, soos mens sou dink dit hoort, dan sou daar BAIE meer protestering aanlyn en fisies daar kon wees. (Die wat Frik wil leer ken, kyk na Boermedia op Youtube).

Mnr Langer, jy vra beskerming vir kulture, maar dan vernietig jy ons s’n? Dit was ‘n oorwinning deur God OOR die Zoeloes. Mnr Buthelezi mag dalk om verskoning gevra het, maar Zoeloes self het nie!

Boonop wil julle hom hoër aanstel en meer vereer op ‘n manier wat nog nie eers vir ‘n Boer/Afrikaner toegeken was nie? Wat sê jy daardeur, dink jy? Dat Zoeloes belangriker is in die Monument en voor God, as Sy eie Geloftevolk se kinders?

Woes ·

Kan jy asb meer lig werp op die stelling dat God die Zoeloes (wat in sy beeld geskape is volgens Genesis) oorwin het????
Mnr Buthelezi het namens die Zoeloes seer sekerlik omverskoning gevra, wil jy ‘n briefie van elkeen hê?
Word die witvolk hoër geag as ander nasies??????

Toergids ·

Die Bittereinders is maar bitter skaars as vrywiligers gesoek word om erfenis tereine te help onderhou

Hussin ·

Die mense is net dwars vir die liefde daarvan. Wat ‘n belaglike protes poging.

Nettie ·

Dit sou baie groter gewees het, indien ons betyds daarvan gehoor het! Die FAK het dit geweet, daarom als in die geheim doen.

Dit het eers gisteraand uitgekom, toe ry hierdie handjievol mense vanaf die witkruis-planting terug Pretoria toe vanoggend vroeg, en moes gou weer terugry om betyds te wees vir die planting van die kruise.

Het jy enigsins respek vir mense wat soveel moeite doen vir iets waarvoor hulle duidelik baie omgee?

Hussin ·

Dit gaan nie oor hoeveel mens opgedaag het nie. Dit gaan oor die manier wat dit hanteer is. Hulle wil duidelik nie luister nie maar bloot aanval. Dit is ‘n verleentheid nie ‘n oorwinning nie.

Goldy ·

Ek volg nou nie wat hier aangaann nie maar dis stryd wat ek nou nie noodwendig sou gekies het nie. Maar as dit waar is dat bokke geslag word in n Christen kerk dan sou ek sê dis bietjie ondeurdag.

Alexander ·

Moet my asseblief nie “Afrikaner” noem wanneer jul getalle soek, want die bitterbekke en so is mos die regte egte “Afrikaner”, nou ja :D

piet ·

Wel ek is nou deurmekaar. Die bitterbek se hy is ‘n Boer nie Afrikaner nie…

Harley Davidson ·

Buthelezi was nie die vyand nie die ouens redeneer nou soos malema en sy bende.

Sobymykoolkop ·

Nou verduidelik vir my mnr. Langer, die Afrikaners word mal gebel om
“vriende” van die VTM te word deur maandeliks ń bedrag te gee. Hoekom reik julle nie ook so gulsig uit na die zoeloes toe om dieselfde te doen nie? Julle wat ” eenparig”
die besluit oor die diens geneem het WEET julle sal NIKS uit hulle kry nie. Uit my, niks verder nie. As jy vir niks staan nie val jy vir alles.Dankie aan my volksgenote wat gaan betoog het. Shalom

Johann ·

Kan nie dit beter stel nie! Dis vir Danie en sy boys club belangriker om die nuus te haal vir agteroor buig om als en almal te akkomodeer. KLUG!

Duck ·

Dit gaan alles oor geld, alles is deesdae ‘n besigheid.
Iemand maak èrens ‘n paar duisend rand

piet ·

Dalk moes die bitterbekke eers bietjie die ware feite verneem het voor hulle opgeruk het (weet nie eintlik of jy dit opruk kan noem nie daar was so min). Beskuldig Langner van ongegronde dinge wat hy maklik verduidelik het.

TC ·

Gaan freedom park toe vir sy begrafnis dis sy kultuur sy mense. Dankie aan almal wat betrokke was by die protes. Ja nee slim vang sy baas

Casper ·

Is dit dan nie sy voorouers wat Piet Retief op ‘n agterbakse wyse vermoor het nie,en Piet Uts en sy seun Dirkie vermoor het nie en nog vele ander boere aangeval en vermoor het nie.Dit sak interessant wees om te weet watter etniese groepe is die meeste by plaasaanvalle betrokke, ‘n Ander land het mos konsentrasiekampe gebruik om die boere op hul knieë te dwing.

Casper ·

Die bittereinders is ……………….laat ek maar liewer niks verder sê nie.

Fluisterwind ·

“Hierdie Voortrekkermonument is ʼn kerkgebou, ons voorouers het met bloed, sweet en trane betaal om hierdie gebou hier te hê. ” Dit is nie wat God wou gehad het nie, die gelofte lei: “ons die dag en datum elke jaar as ‘n dankdag soos ‘n Sabbat tot sy eer sal deurbring, en dat ons ‘n huis tot Sy eer sal oprig waar dit Hom behaag,” dit moet eerder in die lig gesien word dat ons God se Woord aan almal sal verkondig. So jammer ek stem nie saam dat die Voorterekkermonument ‘n kerk gebou is, dit bly net ‘n monument, en as die ‘n kerkgebou was watter gemeente kom dan elke Sondag daar bymekaar of is die gemeente dood?

Alexander ·

Aaah now I get it… these guys are from the Afrikaner Protestant Church where the church can have a black gardener, but the black gardener can’t be a Christian or go to heaven (unless Heaven has a need for gardeners)

piet ·

Plaas van Dr Langner ‘n rietdans ook gereel het. Ek’s seker die ou omies sou dit waardeer het.

J. J. ·

As die afgode se Naam “Monument” is, Dan kan ek verstaan dat mense so voel. As “die mense” op ‘n Sondag saam met jou in die kerk sit, wat sê jy vir jou dominee???

Jan Jacobs ·

Dit is n verbond tussen God en die voortrekkers gewees, moenie die gebou ontheilig nie

Piet ·

Hy was te minste die enigste swart man wat vir ons Afrikaners onverskoning te vra,ek het opregte respek vir hom.Rus in vrede Mnr en dankie vir wat jy en die zoeloes vir ons gedoen het. Mense sal altyd iets te sê hê dus normaal.

Oosieoos ·

Die klomp negatiewe mense is rerig pateties. Gee eer waar dit toekom die man was ons nog altyd goedgesind en a goeie voorbeeld vir cANCer en Eff en vir die klaers ook

Christo ·

Uiters onvanpas om die protes teen Buthelezi wat die “Afrikanerheiligdom” onteer, by die SA Weermag Muur van Herrinnering te hou. Daar is BAIE nie-Afrikanername op daardie muur! Op die muur word ook erkenning aan geallueerde magte gegee – dit sluit Inkatha in!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.