R1,4 miljard van Loterykommissie gebuit

(Argieffoto: Raymond Joseph/GroundUP)

Ondersoeke by die Nasionale Loterykommissie (NLK) het aan die lig gebring dat meer as R1,4 miljard deur korrupte raadslede en senior beamptes gesteel is.

“Die fondse van die NLK wat vir die mees kwesbare gemeenskappe en projekte bedoel is, is onbeskaamd deur ʼn georganiseerde sindikaat van persone gesteel,” het Ebrahim Patel, minister van handel, nywerheid en mededinging, Dinsdag in die portefeuljekomitee oor handel, nywerheid en mededinging onthul.

Patel se departement, die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) en lede van die nuwe NLK-raad het voor die komitee verskyn en is daar terugvoer gee oor die ondersoek na die NLK nadat pres. Cyril Ramaphosa in Oktober 2020 ʼn proklamasie onderteken het om die ondersoek goed te keur.

Volgens die SOE is die eerste fase van die ondersoek, wat ʼn bedrag van R279 miljoen behels, voltooi en sal Ramaphosa die verslag volgende maand ontvang. Die tweede fase van die ondersoek het op 1 Maart 2022 begin en behels ʼn bedrag van R246 miljoen. Hierdie fase moet teen Maart 2023 voltooi wees. Fase drie van die ondersoek behels ʼn bedrag van R905 miljoen.

Patel het die komitee verseker dat hoewel sommige mense tydens die ondersoek bedank het, “dit nie enige geïmpliseerde party van siviele en kriminele vervolging vryspreek nie”.

Dr. Barney Pityana, nuutaangestelde voorsitter van die NLK-raad, het aan die komitee gesê dit is duidelik dat daar ʼn gebrek aan gevolgbestuur, ʼn gebrek aan eerlike verslaggewing en hoë vlakke van samespanning in die NLK was.

Thabang Charlotte Mampane wat tien jaar lank uitvoerende hoof van die NLK was, het in Augustus vanjaar bedank. Haar bedanking het gekom nadat daar berig is dat geld van die nasionale lotery wat gebruik moes word om ʼn afgebrande skool in Limpopo te herbou, aangewend is om ʼn huis in ʼn duur gholflandgoed vir haar te koop.

Die huis in die spoglandgoed Pecanwood Estate in Hartbeespoort het R3,6 miljoen gekos en is in 2016 in die Mojakgomo-familietrust se naam geregistreer. Mampane en haar gesin is begunstigdes van die trust en sy en haar man, Samuel, is albei trustees.

Die SOE het in Junie ʼn bewaringsbevel bekom om ʼn luukse eiendom wat aan Alfred Nevhutanda, voormalige raadvoorsitter van die NLK, te bevries. Niewinsgewende organisasies wat loterytoelae gekry het, het glo miljoene rande – direk en indirek – bygedra om te help betaal vir Nevhutanda se swierige R27 miljoen-drieverdiepingherehuis wat op ʼn private landgoed in Annlin in die noorde van Pretoria geleë is. Die huis word besit deur Vhutanda Investment waarvan Nevhutanda die alleendirekteur is.

Daar is intussen ʼn proses aan die gang om bewaringsbevele te bekom om ʼn verdere agt eiendomme te bevries.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Delia ·

Het die verrotting. Snaaks hoe soet die vrugte van Kolonialisme proe…..
Hoe slaap die mense in die aand.

Bertie ·

Hulle slaap baie lekker – geen skuldgevoelens of skaamte nie. Dis koloniale begrippe.

Surfer ·

Net soos jy lekker slaap na goeie “shopping”, hulle sin is net “affirmative shopping”.

Carel ·

gggaaaaaaaaaaaaaaaap
Net nog ‘n korrupte instansie; niks nuuswaardig nie

Republikein in die Wes Kaap ·

En steeds sit niemand in die tronk nie.

Kalla ·

Hoekom sal hulle? volgens hulle het hulle niks verkeerd gedoen nie. Patetiese spul!!!

Shakespeare ·

Dit is al van die begin vd Lotery so. Kaders by dosyne.

Trotse Boervrou ·

Julle hoef nie meer oor korrupsie te berig nie. Dit is nie meer nuus nie. Druk egter pamflette en versprei dit daar waar hierdie geld moes heengaan en kyk hoe gou word die spul die see ingejaag. Dit sal ‘n meer positiewe impak hê.

Wildemien ·

Nee o aarde, mens sal dan van terrorisme aangekla word en 2x lewenslank sit! Darem “samelopend’ maar nog steeds

Andries ·

Die mense wat verontreg word met geld wat vir hulle gemeenskap bedoel is lees ongelukkig nie hierdie berig nie en sal moontlik nooit kan nie want hulle skool is dalk steeds afgebrand. En hulle weet ook nie eers die geld was vir hulle bedoel nie want dan sou iets anders ook dalk afgebrand gewees het?

Manie ·

Dis hoekom ek nie ‘n sent aan Lotto spandeer nie, dis ‘n gewettigde gemanipuleerde klug.

Jacobus ·

Miskien het die tyd aangebreek dat name en adresse van die plunderaars versprei word onder gemeenskappe wat tena gekom is – sal baie hoftyd spaar! Ter selfder tyd ook die name wie aanstellings goedkeur!

piet ·

Is daar geen plek in die land waar die kaders nie langvingers gehad het nie?

honeybee ·

Dis nie nuwe nuus nie, dit gaan oral so in hierdie koeripte land.

piet ·

So terloops, 1.4 miljard is R 1 400 000 000. Mens moet dit neerskryf om regtig te besef hoeveel geld dit is. Verskriklik baie….

Manie ·

Ek wonder dikwels welke persentasie van lotto geld wat spandeer is, as prysgeld uitgebtaal word. El glo nie dis dubbelsyfers nie.

Carl ·

Dis soos One Mieljon Eleventy and Four Thousand Bieljon rand

wiesalweet ·

Hierdie mense praat van miljarde/miljoene soos wat ek van sente praat. Dis skokkend wat in hierdie land aangaan.

wiesalweet ·

Hierdie mense praat van miljarde / miljoene soos wat ek van sente praat. Absoluut geen skaamte of skuldgevoelens nie.

Elize ·

Kan mens dan tot die gevolgtrekking kom dat mense met gewetes aan die verdwyn is? Is die menslike genetika aan die verander?

Stofdonkie ·

Twee jaar se ondersoek en dit klink nie daar is al veel bevindings of enige geld terug gekry nie. Die ondersoek kos seker al meer as die vermiste geld en is net nog ‘n manier om vriende te verryk. Die ondersoekers moet ondersoek word

mattk ·

Dit is net wonderlik hoe baie mens lees van die “sake word ondersoek” en “verdagtes is ge-arresteer”, maar nooit hoor jy weer iets daarvan dat die mense uiteindelik gevonnis is en in die tronk beland het nie. Dieselfde geld vir alle gevalle waar swart mense betrokke is….. slegs wittes se name word genoem en dat die persone dan gevonnis is. Die kaders sorg vir mekaar.
Ek glo ook dat die trekkings gemanupileer word, want dit is alewig massiewe bedrae wat deur slegs een persoon gewen word wat ook heel toevallig slegs ‘n enkel kaartjie met een ry nommers gekoop het. Die lotery ruik al lankal vir my meer na ‘n rioolplaas as ‘n na rot .

Kokerboom ·

Ondersoek ANC finansiering..”crowd funding”!!!
Jag skuldiges en vernietig hulle!

Koos 100 ·

Patel, hoe pleit jy nou onskuld???? Jy het die grootste aandeel hierin. Jy is veronderstel om toesig hier te hou, en jy het die mense aangestel! Of jy het te lekker saam geëet aan die geld??

Danie ·

Nog n bron nog n geleenheid hoe anders.Geld proe en ruik na heuning.Perfekte lokaas!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.