R7 miljoen se dagga in verlate trok gekry

Die vragmotor is honderde kilometers van waar dit gesteel is, gevind. (Foto: SA National Defence Force/Facebook)

Tientalle sakke vol dagga is Maandag in ʼn verlate vragmotor langs ʼn pad in KwaZulu-Natal aangetref. Dié vragmotor is glo kort vantevore as gesteel aangemeld.

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) het in samewerking met die polisie daarin geslaag om die vragmotor en die onwettige goedere daarin honderde kilometers van waar dit aanvanklik gesteel is, te vind. Die weermag is tans op die grens tussen Suid-Afrika en eSwatini ontplooi.

Kapt. Letlhogonolo Mashego, kommunikasiebeampte van die 121 Infanteriebataljon, sê dit is onder sy aandag gebring dat ʼn wit Mitsubishi-vragmotor in Estcourt, KwaZulu-Natal, gesteel is.

“Die vragmotor is eindelik verlate in Belgrade, sowat 300 km verder, langs ʼn pad aangetref,” sê hy.

“Altesaam 49 sakke dagga, wat gesamentlik 2 450 kg weeg, is in die vragmotor gevind. Dié dagga het na raming ʼn straatwaarde van R7,3 miljoen.”

Die Pongola-polisie het op die vragmotor en dagga beslag gelê vir verdere ondersoek.

Dit is nog nie duidelik wie die vragmotor gesteel of die dagga vervoer en later agtergelaat het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

JohanR ·

Dankie dat die trok gevind is. Ek ly soe bietjie aan geheueverlies, en het skoon vergeet waar ek die trok parkeer het. Waar kan ek hom kom haal?

Shakespeare ·

Wie die dagga smokkel bestuur nie ? Ek het die antwoord maar mag dit nie sê nie.

Chris dupreez ·

Vroeër jare as die owerhede op dagga afgekom het is dit op n hoop gegooi en verbrand, ek wonder wat gebeur nou. Verdeel hulle dit ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.