Ramaphosa hoef (nog nie) opsy te staan – Mabuza

Pres. Cyril Ramaphosa en sy adjunk, David Mabuza. (Argieffoto: Phill Magakoe/AFP)

Terwyl ʼn wolk van omstredenheid hang oor die kop van pres. Cyril Ramaphosa oor die miljoene dollar wat op sy wildplaas in Limpopo gesteel is, sê adj.pres. David Mabuza daar is in hierdie stadium geen rede vir die president om opsy te staan nie.

ANC-beleid bepaal dat lede wat van ʼn ernstige misdryf aangekla word, opsy moet staan.

Talle vrae heers oor die diefstal van $4 miljoen op Ramaphosa se plaas en die polisie ondersoek die saak, maar die president is nog nie van enige misdaad aangekla nie.

Mabuza het Woensdag aan LP’s gesê ʼn saak oor die voorval is aanhangig gemaak en dat verskillende instellings nou toegelaat word om hul ondersoeke te doen. Volgens hom kan die saak nie vooruit geloop word nie moet daar op ʼn besluit gewag word.

“Ons moet die onderskeie wetstoepassingsowerhede toelaat om sonder inmenging hul ondersoeke te doen en dit dan bekend te maak.

“As hulle die president wil aankla, sal hulle dit op die regte tyd doen.”

Die EFF stem nie hiermee saam nie en eis Ramaphosa se kop.

Die rooi barette sê as Ramaphosa weier om opsy te staan sodat ʼn deursigtige ondersoek gedoen kan word, sal die party verskillende sektore van die samelewing mobiliseer sodat mense Ramaphosa nie meer as president erken nie.

Ramaphosa bevind hom midde-in die herrie nadat Arthur Fraser, ʼn voormalige spioenbaas en oud-kommissaris van die departement van korrektiewe dienste, klagte oor die 2020-diefstal teen Ramaphosa aanhangig gemaak het. Fraser is ʼn noue bondgenoot van oudpres. Jacob Zuma en word self by bewerings van betrokkenheid by staatskaping betrek.

Die Valke ondersoek die voorval wat op Ramaphosa se Phala Phala-wildplaas plaasgevind het, terwyl die Openbare Beskermer (OB) ook bevestig dat sy reeds ʼn ondersoek van stapel gestuur het, nadat die ATM ʼn klag ingedien het.

Ramaphosa het ook aangedui dat hy voor die ANC se integriteitskommissie sal verskyn oor die diefstal op sy plaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

domheks ·

RET faksie sal darem geniet as ramaparra se kop rol. Die paddas kook nou in sy eie pot! met homself binne die pot!

Marius ·

Dit is onwettig om so baie dollars in jou besit te hê punt. As so ‘n insident ondersoek word volgens regerings beleid word jy geskors totdat die uitkoms bekend is. Wat maak die geval anders ?

SjN ·

Hoekom was dit nie ge EFT nie, geldwassery en tax ontduiking.

Pieter ·

So sal hulle almal brand, want laat ek julle se, hulle almal het skuld in iets want dis hoekom al die sake so sloer. Dirty-dirty-dirty! Voel soos ‘n boring Batman Movie…

Chris dupreez ·

Die eff sal verskeie sektore van die samelewing mobiliseer, wat n grap, dit sal net n paar idiote wees wat hulle met pap en hoender omkoop om te spring en te raas en te verwoes

Deon ·

Daai is n dreigement van die eff teen die huidige “wettige” president van die land. Mag dit toegelaat word?

H.A. ·

Die eff is n slang wat die anc vertroetel het, nou wil die slang onder hulle begin pik. KRY VIR JULLE !

annie ·

… op die regte tyd? Maar as ander skermunkels op hul regte tyd opsy wil staan, dan word druk toegepas. Mabuzzza is ok nie eitlik ‘n oom wat nog nie agter die deur gevang is nie. Sal die hopelik darem een wat nog nie vir Storieman ontmoet het nie, asseblief sy handjie opsteek. Toe, moenie skaam wees nie. Ons het jou bitter nodig!

JohanR ·

En daar praat Skelm2 oor Sklem1! Dink as Skelm2 die president word…..oe wee! Het altyd gedink dat Skelm1 is net ‘n te veel van ‘n smooth operator! My Pa het seker nie R4 000 000 gemaak i sy hele werkende lewe van 49 jaar, maar hier kom Skelm1 en in 10 jaar word hy amper soe ryk soos Elon Musk…..minus a billion here and there.

Pampoen ·

Soooo groothartig van Mabuza. Hy wys sommer hy is alreeds in charge! Die ouens wat Ramaphosa afskiet moet net eers sê wie gaan sy opvolger wees.

Dries ·

Maak nie saak nie. Die een is so skelm soos die ander. Ramaphosa is die gevaarlikste en die sluste. Hy kry dit reg dat duisende glo dat hy die beste is en daar nie nog iemand is wat minder korrup is as hy nie

Swerwer ·

Hoe lek so iets uit. Dit moet iemand wees wat sy mes in het vir Ramaphosa

gpsa ·

Ramaphosa is een van die rykste mense in die land. Dink nie as hy sy pos verloor sal hy sy polse afkou nie. Vraag is wie vat by hom oor sou hy gaan, dalk sy oorspronklike opponent met die kop doek, NDZ?

gpsa ·

Gevaarlikste in terme van wat? Dink ons is beter af nou as onder die RET faksie.

Christina ·

Dink nie so as NDZ oorneem nie, die ding dat Ramaphosa uit die wedloop moet kom vir november se konferensie kom al ‘n tyd. Sy wil dit verder vat na ‘n kommunistiese regering.

Di ·

Mabuza moet eerder stilbly! Hy is net so groot SKELM en hoort nie in sy nie pos nie. Hy moes LANKAL opsy gestaan met met al die klagtes teen hom. Dink nie dat daar eers EEN ANC kaders is wat nie korrup is nie so, VERVANG die hele spul in die Regering

Eden ·

Mabuza will seker graag die joppie hê…hy is natuurlik een van die erg korrupste kaders.

Santjie van Soendal ·

Wag lankal al vir die partytjie om te begin…laat die poppe begin dans!!????????‍♂️????????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.