Ramaphosa nou eers later voor Zondo

Pres. Cyril Ramaphosa. (Argieffoto: Kopano Tlape/GCIS)

Die presidensie het Donderdag bevestig dat pres. Cyril Ramaphosa se geskeduleerde verskyning voor die Zondo-kommissie na staatskaping uitgestel is.

Ramaphosa sou op 31 Mei en 1 Junie vir die derde en vierde keer voor dié kommissie getuig het.

Die rede vir die uitstel is nie bekend nie, maar die kantoor van die president het aangedui dat hulle tans in gesprek met die kommissie is om alternatiewe datums vir sy volgende verskyning te bevestig.

Ramaphosa het vroeër, op 28 en 29 April, in sy hoedanigheid as president van die ANC voor dié kommissie getuig. By dié geleentheid het Ramaphosa onder meer die ANC se kaderontplooiingskomitee verdedig.

In sy getuienis het hy onder meer gesê dat dié komitee nie by alle staatsaanstellings betrokke is nie, maar wel by aanstellings soos dié van direkteurs-generaal en soms ook hul adjunkte. Die komitee, het Ramaphosa gesê, is ook nie by aanstellings vir die regbank betrokke nie en het ook nie onder sy voorsitterskap by die aanstellings van senior amptenare by byvoorbeeld die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) betrokke geraak nie.

Hy het voorts getuig dat sekere “kwale” in die ANC reggestel moet word. Hy het ook toegegee dat die ANC te lank gesloer het om by staatskaping in te gryp ondanks etlike bewerings en later ook bewyse. Hy het die blaam onder meer op ’n oordeelsfout gepak.

Ramaphosa se getuienis is uit verskeie oorde gekritiseer. Die DA het onder meer gesê dat die president nie wou erken hoe vernietigend kaderontplooiing is nie terwyl dit ʼn hele reeks “verskriklike aanstellings” in die staatsdiens tot gevolg gehad het.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Persheks Adri ·

Oordeelsfout regtig? As jy nie so behep was met BEE nie sou dit klaar ‘n beter storie gewees het. Mense wat niks tussen ore het nie sit in die poste te danke aan jou Cyril!

Pieter ·

Bly eerder stil want julle anc kommuniste lieg net dit is al wat julle goed kan doen.

annie ·

Nee, CR praat vanaand met Macron oor die sakie wat laasweek geopper is tov gratis… lenings want so kan almal in Afrika aanhou going South en nie noord. Miskien kan Macron ook sommer jammer sè oor sy sendinge wat vroeg in die 1800’s so slu in die Oos-Vrystaat wapens en perde aan uitskieters verskaf het om boereplase aan te val… en die duisende briewe wat die kwasi-sendelinge geskryf het aan uitlandse koerante waarin trekboere belieg is om skenkings te bekom vir hul prospektering en plase.

Jr ·

Wena president kalo wharra wharra double X two maningi khuluma maar enza nikkies

Jack ·

N regte WVK verklaring deur te se ons is skuldig en jammer daaroor. Dan is alles mos reg of hoe. Rama is skuldig want hy is die hoof van die regering tydens die rooftogte waarvan hy geweet het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.