Ramaphosa praat weer Dinsdagaand

Pres. Cyril Ramaphosa (Foto: Elmond Jiyane/GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa sal weer Dinsdagaand die land toespreek oor die jongste verwikkelinge rakende die Covid-19-pandemie.

Tyrone Seale, Ramaphosa se woordvoerder, sê die president sal die land omstreeks 20:00 te woord staan.

Dít nadat die nasionale koronavirusbevelsraad, die presidensiële koördinerende raad en die kabinet vroeër vandag oor die jongste Covid-19-syfers en die moontlikheid van ’n strenger inperking vergader het.

Daar word vermoed dat ’n strenger inperking moontlik op hande is weens die toename in die aantal nuwe Covid-19-gevalle.

Maroela Media het vroeër vandag berig kommer heers ook oor die aantal hospitaalopnames met sommige hospitale wat reeds vol is.

Verdere beperkings rakende drankverkope ingestel om die druk op hospitale te verlig. Die Suid-Afrikaanse Drankhandelsnaamvereniging (Salba) het reeds herhaaldelik versoek dat ’n algehele verbodsbepaling op drankverkope nie weer ingestel word nie, maar dat voldoening aan Covid-19-regulasies verbeter word.

Volgens Mmamoloko Kubayi-Ngubane, waarnemende minister van gesondheid, sou haar departement vandag aanbevelings doen aan die nasionale Covid-19-bevelsraad. Sy het Sondag in ’n onderhoud met die SABC daarop gesinspeel dat strenger inperkings moontlik verwag kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Anoniem ·

Ramaphosa praat weer Dinsdagaand is so goed asof ek sê Manie braai vleis vannaand, niemand stel belang nie.

Francois Le Cochon ·

Diese wat covid so gou as moontlik wil oor kry stel belang. Die gehoorsames kan nie alleen dit doen nie. Hulle benodig regulasies vir die ongehoorsames.

Karel Kobus Kruger ·

So die ongehoorsames wat nie die huidige reëls gehoorsaam nie, gaan nou skielik van môre af die nuwe reëls gehoorsaam? Dis mooi.

Dis my mening ·

Hendrik, daar was al lank terug gesê dit wat ons nou dien die nuwe normaal gaan wees. Ek weet nie in watse droom klou jy vas oor ‘normaal’ nie.

Chris dupreez ·

Die drank verkope is nie die probleem nie, dit is die regering se onvermoë om die entstof te versprei en die inentings gedoen te kry.

Francois Le Cochon ·

Ek was vandag vir my eerste Pfizer by ‘n staatshospitaal. Was aangenaam verras. Al het dit my 3uur 10minute gevat, was die organisasie, hulpvaardigheid, en doeltreffendheid uitstekend. Ek haal my hoed af vir die hospitaal personeel!

Hendrik Marthinus ·

Drank is 100% die probleem
Brandewyn het nie brieke nie
Maak mos ons SA manne Los jong

Keith ·

Hier kom n dinge-ling-ling. I thought he was still overseas talking to his masters.

melaney ·

No Keith, he is back. He got what he demanded (money) and now he will meet with his colleagues to decide on how to spend it.

JohanR ·

Sondag gedink, Maandag vir NDZ gevra wat sy dink en wat hy moet se, en vanaand op die kassie. NDZ is Woensdag aand op die kassie om Cyril se spraak reg te maak!

melaney ·

Om drankwinkels te sluit werk nie in SA nie. Drinkers sal vooraf sorg vir genoeg voorraad. En as hulle voorraad opraak, koop hulle op die swartmark. So maklik soos dit. ‘n Beter plan sou wees om drankwinkels oop te hou, maar geen ambulans mag ‘n besope, bebloede persoon gaan oplaai nie. Die hospitaal moet summier enige besope persoon wat aangerand is by die hospitaal toelaat nie. Dit mag kras klink maar dit sal die dokters instaat stel om aandag te gee aan werklike siek pasiente. Die wat weggewys word kan maar by die huis pluisters gebruik en disprin drink vir die pyn.

Samuel ·

Ek dink teen hierdie tyd is daar lang rye by die drankwinkels.

VaalDonkie ·

Ja die ekonomie het weer te vinnig begin optel, nou moet hulle weer verskoning soek om die ding lam te le.

Oom Hennie Pennie ·

Wat van Liberty Fighters wat se die inperking is onwettig volgens die hof? Wie bluf vir wie. Is dit nie tyd om die land maar oop te maak nie?

Fritz ·

Smaak my dit raak weer tyd om daai vervalste permitte van laas jaar af te stof. Binnekort ry ons weer skelm agterpaaie om oor provinsiale grense te gaan.

JM ·

Inperkings, terwyl baie die Covid-protokol blatant ignoreer. Sien gereeld hoe daar doodeenvoudig sonder maskers rondgeloop word, om van die veteiste afstande nie eens te praat nie. Daar is té veel wat glo die reëls hoef nie nagekom te word nie, want hulle sal niks oorkom nie. En só word daar aangekarring …

Keelvol ·

Kom ek raai…. Ons word weer gehok en diė keer vat hy ons huis en kar sleutels weg.?

JohanR ·

Johan ek het nie geweet onteining sonder vergoeding sluit in jou huis en karre (nie net die sleutels) nie, maar met die klomp narre is enigeiets moontlik. Is tye soos die dat jy wens jy was in Israel of Nieu-Seeland gebore!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.