Ramaphosa sê ANC-konferensie gaan ‘deurslaggewend’ wees

Cyril Ramaphosa (Foto: @MbalulaFikile/Twitter)

Die ANC se 55ste nasionale verkiesingskongres in Desember gaan nie net deurslaggewend vir die ANC se toekoms wees nie, maar ook vir die toekoms van Suid-Afrika.

“Dit gaan een van die deurslaggewendste konferensies vir die land en die ANC wees rakende waarheen die land moet beweeg en wat ons moet doen,” het Cyril Ramaphosa, president van die ANC, gesê tydens sy besoek aan Delmas in Mpumalanga as deel van die regerende party se Letsema-veldtog.

“Terwyl ons die ANC vernuwe, wil ons só verseker dat ons ʼn ANC van die toekoms bou.” Ramaphosa het gesê die ANC moet leierskap hê wat die party gaan laat vorentoe beweeg. Die veldtog is volgens Ramaphosa daarop gemik om die ANC te herbou en te laat herleef, die party se takke te versterk en om diensleweringskwessies aan te pak.

Rakende die Phala Phala-kwessie het Ramaphosa gesê hy is nie “onthuts” oor die parlementêre proses in dié verband nie. ʼn Paneel is op die been gebring om te bepaal of daar genoeg bewyse is om ʼn verwyderingsproses teen Ramaphosa te begin.

Volgens Ramaphosa moet die proses sy gang gaan en ondersoek word en het hy onderneem om sy volle samewerking te gee. “Die ANC regeer in die land, so ek is nie onmisbaar nie. Die ANC is wat regtig saak maak in hierdie proses,” het hy gesê.

Ramaphosa vul slaggate

Dit was egter nie Ramaphosa se uitlatings wat die aandag getrek het nie, maar foto’s en ʼn video van die ANC-president wat slaggate help vul. Ramaphosa en ANC-leiers het ook vullis opgetel.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Prikkie ·

Sien die president staar die toekoms in op die foto links onder.

Nie Verbaas ·

Ramaphosa, die ANC het tot nou toe net vernietig en is so korrup as wat kan kom. Al die negatiewe is te diep ingewortel. Daar is niks wat jy kan doen om dit om te draai nie.

Rita ·

Wat van die res van die grondpad
wat nie geteer is nie?
Verf my Blou, en Dop my om!!!

Vonkprop ·

Hierdie lyk maar net soos enige ander dag waar die munisipaliteit iets probeer regmaak waar een werk en ‘n honderd toekyk. Ek sien niks spesiaal nie.

Delia ·

Huh..teer op n grondpad. Ai Cyril ai….en jy is deel van die spektakel. Julle soek net stemme

Anel ·

Nou wonder ek wat dit gekos het? Môre, oormore ry trok daar oor, of wag, dit gaan mos binnekort reën, dan is daar ‘n hoop teer in die moddel van die grondpad. Ek kan nie glo dat ons so ‘n inteligente wese het vir staatspresident nie!! Hoe red ‘n mens ‘n volk met so iets!!!!

Marelize ·

So baie mense om een gat toe te gooi. Ek dan kom die Prez en hy “quality check”. Dit lyk rerig soos teer in ‘n gat op ‘n grond pad. En nou weet ons almal hoekom die paaie lyk soos hulle lyk. Jip tydelike oplossing vir ‘n aanhoudende probleem. Prez wie ookal vir jou gesê het dat daai ‘n goeie foto geleentheid was het beslis vir jou gelieg. Help a bietjie daar – o – help a bietjie daar.

Nie Verbaas ·

Miskien vaar hy beter om slaggate reg te maak as om president te wees.

Veronika ·

Ag julle sal weereens f-all doen, net bek om stemme te kry, hou liewers jou smoel!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.