‘Ramaphosa se moeilikheid geboek’

Pres. Cyril Ramaphosa (Foto: Siyabulela Duda/GCIS)

Deur Christel Cornelissen en Tania Heyns

“Ek dink nie hy kan hierdie proses oorleef nie, maar hy kan probeer …”

Só het prof. André Duvenhage, ʼn dosent en politieke ontleder verbonde aan die Noordwes-Universiteit, Donderdag oor pres. Cyril Ramaphosa te sê gehad. Dit nadat die artikel 89-paneel van ondersoek na gebeure op Phala Phala bevind het dat daar genoeg prima facie-bewyse is om Ramaphosa in ’n staat van beskuldiging te plaas.

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het egter tot op hede nog geen klagte teen Ramaphosa aanhangig gemaak nie.

Duvenhage is nietemin oortuig daarvan dat Ramaphosa “diep in die moeilikheid” is. Hy wys daarop dat die ANC ʼn baie duidelike beleid het en eindelik kan besluit, op grond van die prima facie-bewyse, dat Ramaphosa opsy moet staan.

“Daar is genoeg gronde binne die ANC-konteks dat die reël wat vir Ace Magashule en ander gegeld het, vir die president ook moet geld.”

Ramaphosa was veronderstel om Donderdagmiddag voor die Nasionale Raad van Provinsies te verskyn om mondelings vrae in die parlement te beantwoord.

Dr. Gerhard Koornhof, Ramaphosa se parlementêre raadgewer, het egter vanoggend laat weet dat die president nie meer beskikbaar gaan wees nie aangesien hy die inhoud van die verslag en die pad vorentoe moet oorweeg.

Duvenhage glo Ramaphosa behoort te bedank. “ʼn President met integriteit behoort in die lig van die aanklagte teen hom, sy goed te vat en te loop.”

Nié so eenvoudig

Dr. Ntsikelelo Breakfast, politieke ontleder verbonde aan die Nelson Mandela-universiteit in die Oos-Kaap, glo ook die ernstige aard van die bevindinge beteken dat Ramaphosa heel moontlik bedanking sal oorweeg.

“Dit is egter nie so eenvoudig nie, want ek kan nie sien dat hy in ’n staat van beskuldiging geplaas gaan word nie,” meen Breakfast. “Ramaphosa se voordeel is dat hy die meerderheid van die steun in die ANC geniet.

“Hierdie ding gaan alles op getalle neerkom en Ramaphosa hét die getalle.”

Hy wys dan ook daarop dat die ANC se nasionale verkiesingskonferensie (NVK) om die draai is. “Dit gaan moeilik wees om Ramaphosa te vervang, want ’n ander kandidaat gaan dan net drie weke hê om ’n presidensiële veldtog te voer.”

Pres. Cyril Ramaphosa tydens die ANC se beleidskonferensie in Johannesburg. (Foto: Rajesh JANTILAL / AFP)

Duvenhage glo egter die onlangse gebeure gaan Ramaphosa se posisie binne die ANC geweldig verswak.

“Sy moeilikheid is geboek.”

“Ramaphosa is kwesbaar. Al sou hy die verkiesingskonferensie oorleef, plaas ek sy oorlewing oor die langer termyn op minder as 10%. Die nasionale konferensie is een van die fases in die proses, maar ek dink hy gaan dalk reeds daar moeilikheid kry.

Duvenhage sê Ramaphosa is al geruime tyd in ʼn stryd om oorlewing en sy plan om sy posisie te behou, kon dalk gewerk het – was dit nie vir die Phala Phala-skandaal nie.

“In die jagveld sê hulle jy tref ʼn lewensorgaan. Dít is wat hier gebeur het.”

Duvenhage sê Ramaphosa se intensies was goed, maar hy het werklik nie die mas opgekom nie. “Polities, ekonomies, maatskaplik en andersins. Hy het hom op hierdie hoë morele grond gedefinieer, maar hy kon dit nie volhou en handhaaf nie.”

Presidensie sál vrae beantwoord

Die presidensie het hom daartoe verbind om die vrae vroeg volgende jaar te beantwoord.

“Die proses van die artikel 89-paneel van ondersoek is ongekend in die lewe van ons grondwetlike demokrasie. Die aanbevelings van die paneel en die implikasies daarvan vir die stabiliteit en die land vereis van pres. Ramaphosa om die tyd te neem om die inhoud van die verslag en die volgende stappe noukeurig te oorweeg,” het Koornhof gesê.

Breakfast sê die parlement word ondermyn. “So ’n forum is bedoel om die uitvoerende gesag aanspreeklik te hou.”

Oor die kansellering van die vraag-en-antwoord-sessie sê Duvenhage: “Hulle trek nou laer om die president. Daar is vandag ʼn nood-NUK-vergadering en die uitslag daarvan gaan ʼn aanduiding gee van hoe die wind binne die ANC waai.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

60 Kommentare

Alta Alleman ·

Was hy nie die een wat gesè het dat al die kaders wat skuldig is aan onderduimse gebeure eenkant toe moet staan nie?

Koen ·

Daar is nou meer aan die opsy kant as aan die “regte” kant.

Waarnemer ·

En julle glo ou cyril gaan bedank!Nie in ons leeftyd nie.Die nuk gaan laer trek om hom en hy sal skotvry wegstap.

James ·

Die ding is: Die RET faksie en EFF plus genote, gaan dan in opstand kom. Hulle gaan dit nooit toelaat nie. As hy stap, gaan hulle brand.

Suzette ·

As die klomp so groot is op die “opsystaan” reël – hoekom is Mkhize een van die aanspraakmakers op die presidentskap? Hy moes dan opsystaan vir sy aandeel in die Digital Vibes skandaal…. het ek iets iewers gemis? Is hy nou die onskuld vanself?

Koos 100 ·

Suzette, die grootste probleem wat ons hier het is die feit dat die reël nog nie afgedwing kan word nie, want dit is nie as ANC beleid aanvaar nie. Dit sou op die komende kongres gedoen word. Nou is dit ‘n ope vraag of dit gaan gebeur?

James ·

‘n Perfekte storm is aan’t broei, gegewe die verskillende faksies binne die ANC, asook die linkse groeperinge buite die ANC. Hulle gaan mekaar letterlik aan die keel gryp..

Koen ·

Dis lankal nag. Cyril, Andre en Jan was toe nie die redders op witperde nie.

James ·

Jip. Soos Pompei Magnus, Crassus en Caesar. Hierdie klomp moet nog leer wat westerlinge klaar geleer het – 2100 jaar terug.

Wondermaarnet ·

O, hy besluit wanneer hy antwoorde gaan gee. Wil eers lekker eet en kuier oor Kersfees voor hy die land “face”.

Republikein in die Wes Kaap ·

Indien Ramaphosa voortgaan as president en die leisels vashou na 2024 hang daar ‘n nog donkerder wolk oor die hool.

James ·

Dit is al sedert 1998 ‘n hool, en sal ‘n hool bly, solank ENIGE ANC lid prez is.

James ·

Op korttermyn – ja. Op lang termyn – nee. Baie lyding tussenin, soos dit maar altyd gegaan het oor die eeue en millenia heen. Wat maak ons uniek – om te ontsnap aan die wiele van geskiedenis? NIKS NIE. Hopelik sal ons nageslag dink…

domheks ·

Kies wie julle volgende wil he:
NDZ? Mkize? Sisulu? DD?
LOL

Pieter ·

Waar is die mense se eer. Hoe wys jy jou gesig vir almal en verwag hulle moet op jou vertrou. Ek se hulle almal is vuil en weet van mekaar se vuilgoed, dis hoekom niemand van hulle al tronk toe is nie. As die een val en praat, gaan hulle almal slae kry. waar is zumpie? hy self het gese hulle moet ophou want hy gaan begin vertel…
Is daar nog van die mense daar in die Parli wat eerlik en skoon is? Van onder tot reg bo. Ek vertrou nie eers meer die regters in die howe nie… Ek vertrou nie eers meer die ou wat die asblik leeg maak nie…
Hulle is almal geld en mag behep. Bogger die res van die land.

James ·

Watter eer? Hoe lank woon jy al in Suid Afrika? Verwag jy eer van ‘n spul ex-terroriste? Dis waarom ons is waar ons is: In 1994 , het ons die land vir terroriste gegee. Nou wonder ons wat het skeefgeloop?

Groen Ghoen ·

Enigiemand wat met buitelandse valuta gewerk het, sal dadelik die kern van die saak identifiseer. Die wet vir my is ook die wet vir Ramapromises. Alias President Paddakoker.

marius ·

Eerste jaar regstudent weet dit . Die dom pleit waneer jy uitgevang word sindroom wat NOOIT sal verdwyn nie .

SjN ·

Toe het die vlam wat die pot moet kook te warm geraak en gebackfire, die wiel draai.

JohanR ·

Toetsiens ou sal jou nie mis. Maar……wie gaan jou vervang. Asseblief tog nie NDZ nie. Kan nie nog 5 jaar van ‘n Zuma vat nie!

Maria ·

Ek dink nie hy gee te veel om nie. Hy het mos gesê hy is moeg van almal se gekla en mor. Hy het fabelagtig ryk gword van gratis mynaandele. Ek glo nie hy sal eens omkyk nie

Watsenaam ·

Was your un-honarable nie die een wat toe hy Prez geword het, gesê het “I have enough money and will not take a salary, I will serve our people for free” nie , of onthou ek verkeerd?

jacques ·

Ek hoop hy bly in sy pos, ek vrees vir die alternatiewes wat kan oorvat by hom…veral Dlamini Zuma of Mkhize….

James ·

Ek verskil oor die getalle. Ja – hy het die getalle binne die ANC, maar hier is ‘n kloof tussen die CR faksie aan die een hand (binne ANC), en RET faksie (ook binne ANC). Die ding is, die RET faksie binne die ANC word gesteun deur groepe BUITE die ANC: Soos die EFF, SAKP, ensomeer. Gooi nou nog in die Zumaspulletjie, wat gaan agiteer dat CR dieselfde as Zuma hanteer moet word, en hier is ‘n resep vir groteske drama oor die afsienbare toekoms.Hier kom ‘n groot fight. Waarskynlik gaan die fight strate toe ook gaan. Wat my aanbetref – lekker om agteroor te sit en kyk hoe die rewolusie sy eie kinders gaan opeet oor die volgende paar weke en maande. Onthou ook: Cyril is nie skaam om geweld te gebruik as hy in ‘n hoek is nie: Onthou Marikana…

Watsenaam ·

Is hy nie die een wat stert tussen die bene uit die myn se kantore af weg gehardloop het nie?

Cecilia ·

Ek lees soveel politieke opinies hieroor soos ek kan want soos die berig noem, die proses is ongeken in ons demokrasie.

Ek weet Rampie is nie so onskuldig nie.. maar ek kannie help om te sidder as ek dink aan wie hom moontlik gaan vervang nie.. Kopdoek, die Kommunis? Langevinger Mikize? Ace die enigste? Of kader Zuma.

Jip. Die een leser was reg in sy kommentaar.

Dis nag vir ons in Suid-Afrika.

KB ·

Waar val dr. Breakfast (NMU id OosKaap) nou uit?! Andre Duvenhage het myle meer insig as verskeie ander politieke ontleders. Selfs Roland Henwood (UP) se dekseltjie sit effe skeef op sy pot…al vir jare!
Nee wat, Ramaphosa, jou sitplek is geboek.
Hoe lyk dit met ʼn koalisie-regering? (Eintlik is die oplossing ʼn kantonstelsel, dit weet ons almal).

Watsenaam ·

Nou praat jy, betrek Zondo, en Maddonsella ook maar hierby.

M ·

Kyk maar wie is sy parlementêre raadgewer????????????. As R weet wat goed is moet hy bedank want hy is ‘n verleentheid vir Suid Afrikaners

Corne ·

Kom ons bid vir ‘n beter President. Almal is so negatief oor ons land, waar is die Hoop en almal se GELOOF in God. Kyk bietjie wat reg oor die wereld aangaan, dan is dit wat in Suid Afrika gebeur ‘n water druppel in die emmer. Daar is altyd HOOP!!!!!!!

James ·

Soms, moet ons verstaan dat ons in ‘n sekulere wereld leef, ongeag ons geloofsoortuigings. Kom ek gee jou ‘n voorbeeld uit die Bybel, een van vele: Dawid het nie vir Goliat doodgebid nie. Hy het gebid vir krag , en toe aksie geneem – fisies. Hy’t na sy gebed klippe gaan optel, sy slingervel gereed gekry – en sy vyand fisies gaan konfronteer. Goliat is dood, omdat ‘n klip hom teen die voorkop getref het. Geloof, moet oorgaan in sekulere aksie – soos Dawid. Sien?

Samuel ·

Is daar enige persoon in leierskapsposie in die ANC met integriteit? Vra maar net.

Jakes ·

Ek het al verskeie kere die afgelope jare my sterk uitgespreek teenoor Ramaphosa. N mens kan redelik maklik n wolf uitken in skaapsklere. Eenmaal n ANC kader, altyd een. Die vraag moet steeds gevra word, waar kry hy sy rykdom vandaan? Wat het hy sedert hy president geword het in SA vermag behalwe om hierdie land oor te gee aan n spul onbevoegde en korrupte ministers?
As hy die beste kandidaat is vir nog n termyn dan bewys dit dat daar n algehele gebrek is leierskap in die ANC.

Yvonne ·

Dit wat jy in die donker doen word aan die lig gebring….maak nie saak wie en wat jy is nie!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.