Ramaphosa se woorde oor beurtkrag ‘verdraai’

Pres. Cyril Ramaphosa (Foto: GCIS)

Pres. Cyril Ramphosa het Dinsdag vure doodgeslaan ná mediaberigte dat die staat, volgens hom, nie grondwetlik verplig is om aan Suid-Afrikaners krag te voorsien nie.

Die president sê nou die bewoording van ʼn opponerende beëdigde verklaring wat by die hof ingedien is in ʼn saak rakende die regering se hantering van die kragkrisis, is verdraai.

Die omstrede beëdigde verklaring hou verband met die grondwetlike bevoegdhede en verantwoordelikhede van die president en ander regeringsliggame en poog om belangrike regskwessies oor wat deur die Grondwet vereis word op te klaar.

Ramaphosa voer onder meer in die beëdigde verklaring aan dat munisipaliteite verantwoordelik is vir die verskaffing van elektrisiteit aangesien krag- en gasretikulasie ingevolge deel B van skedule 4 van die Grondwet ʼn verantwoordelikheid van die plaaslike regering is.

Die presidensie ontken egter nou dat Ramaphosa met dié verklaring geen aanspreeklikheid vir die kragkrisis wil neem nie.

Die presidensie sê die beëdigde verklaring – wat ingedien is in ʼn hofsaak wat deur die United Democratic Movement (UDM) gebring is – beteken hoegenaamd nie Ramaphosa óf sy regering is nié daartoe verbind om ʼn einde aan beurtkrag te bring nie.

“Pres. Cyril Ramaphosa het inderwaarheid sedert sy bewind in 2018 verreikende maatreëls getref om ʼn elektrisiteitskrisis wat meer as ʼn dekade terug strek, op te los,” kap die presidensie terug.

Die maatreëls sluit in die hernuwing van die hernubare energie- verkrygingsprogram, wat gelei het tot die toevoeging van meer as 2 000 MW tot die netwerk tot op hede. So ook die verwydering van die lisensiëringsdrempel vir ingeboude opwekking en die implementering van regulatoriese hervormings om munisipaliteite in staat te stel om krag onafhanklik te bekom.

  • Verskeie politieke partye en vakbonde waaronder die UDM sleep Eskom en die regering hof toe oor hul hantering van die kragkrisis. Die aansoek sal op 20 Maart voor ʼn volbank regters aangehoor word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Witbaard ·

Hoe onnosel kan mens wees. Hoe kan munisipaliteite krag verskaf as die staatsinstelling (Eskom) dit nie kan opwek nie.

Lourens ·

Eens op ‘n tyd het munisipaliteite hulle eie kragsentrales gehad.

Wildemien ·

Die skrikwekkendste deel van hierdie hele grap is dat hierdie man inderwaarheid baie slim is om so woordspeletjies te kan speel. ‘n Slim skelm is ‘n gevaarlike skelm.

Roebs ·

Ek wens jy wil omdraai en weggaan dat ons die land weer terug kan kry waar dit was voor die ANC hierdie land verwoes het.

domheks ·

NIKS is bedoel nie net gese. Hahahahaaa, wat jy praat en doen moet ooreenstem. Net die 30%ters glo die cANCer se stories.

Johanncb ·

Mense, hoekom moet die land se Howe oor alles beslis? Kan ons President en sy Kabinet asseblief iets aan die situasie doen?!

Snowball ·

Verdraai, verbloem, vermom en verdoesel – praat in draaie sodat jy weer alles kan ontken. Hierdie mense en die waarheid sit net nie om dieselfde vuur nie. Ruggraatloos.

Andries ·

2 Sept 2015…
“In another 18 months to two years, you will forget the challenges that we had with relation to power and energy and Eskom ever happened.” Cyril Ramaphosa

George ·

Jaaaa Cyril, jyt ook ontken oor die padda in die pot, al is daar video, het jy steeds ontken. Ek wonder net hoe bly jy so staan, jy kort tog n ruggraat om te kan staan. Jaaa Cyril die burgers is mos hier om jou te dien.

annie ·

… so tragies… en nou skielik verdraai almal sy woorde. En wanneer het hy die regulasies vir eie kragvoorsiening gewysig? Gister of môre? Sedert Mantashe glo Cyril omgepraat het om nie te bedank na die Phala-storie te warm geraak het nie, is die prez in die hande van sy kaders wat hy nou weer beskerm. Mantashe, Gordhan et al sal in Cyril se kabinet dien tot die perde horings kry.

JohanR ·

Oe my gooiste die ou word slegter en slegter by die dag, en ons het gedink hy gaan ons red. Ons moes geweet het wat hy van SA en sy mense dink toe hy gese het ANC eerste, SA tweede.

Anel ·

Ek glo dat hy dit gesê! Wil geen veranteoordelikheid vat vir iets nie. Soek net die geld!!

Papsak ·

Wel ek wens dit ook hy wil omdraai en pad gee laat ons land weer kan reg kom hulle se n ding en dan wil hulle dit omswaai hulle dit nie gese nie mooi voorbeeld van Ramaphosa nou

Anton ·

Vat verantwoordelikheid!!!!!! Hou op met jou woord speletjies. Jy is veronderstel om die president van die land te wees!!!!!!
ACCOUNTABILITY!!!!!!!

Althes ·

Laat ons eerder afstig dan hoef jou regering nie vverplig te wees vir ons nie.

Elméne ·

STEM SAAM!!! Mense registreer by ULA en gee julle mandaat!!!!!!

Hennie Biebouw ·

Hy is nie verkeerd met sy stelling nie. Maar, daar is ‘n argument te maak daarvoor dat diegene wat betaal vir krag, redelik daarop kan aandring dat dit waarvoor hul betaal, aan hul gelewer moet word.

M ·

Halleluja .. met daardie woorde mág Kaapstad nou voortgaan om ons eie Elektrisiteits- voorsiening te doen !!!!

Johann ·

Ongelooflik hoe die LEUNAAR met woorde speel? Lieg soos asemhaal en glo homself oor als. Rugraatloos.

Francois ·

Aangesien die Handves van Regte geen melding van elektrisiteit maak nie rus daar dan seker ook geen verpligting op plaaslike en / of nasional regering om elektrisiteit te verskaf aan diegene wat nie daarvoor betaal nie. As betalende verbruiker van elektrisiteit as produk is ek wel veronderstel om van die diens gelewer te word en die nie-betaler moet dan nie toegang daartoe hê nie. Wonder wat die beurtkrag situasie sal wees sou alle nie-betalers summier die produk geweier word?

Pieter ·

Geld Mors is mos ons tweede naam vir SA. Almal praat, dryg en lieg en niemand luister of doen iets aan die probleme nie.

Ann ·

Sit die hele parlament se krag ook onder beurt krag af dan sal hulle voel wat ons voel wie se krag afgesit word.

Amelia ·

Al word hul krag ook af gesit voel steeds niks is nie hul geld wat in drein af gaan nie maar steeds belasting betaler sin Wie betaal vir hul leker lewe

Jr ·

Hier gaan hulle weer waar die wat se taal nie Engels is nie vir die wat se taal wel engels is en ander geleerde mense dat ons nie verstaan wat hy sê. Dis van hulle “kennis” dat Suid Afrika in die toestand is wat dit is. Maar as de Ruyter in swart sê wat hy gesê het, dan is hulle in beheer van krag. Dis hoekom hy en Biden gabas is want hulle verstaan mekaar se babbel en krabbel. NIE die skerpste potlood in die pakkie. Eintlik die stompie potlood

Karina ·

Ja ou Rhamaphosa, jy uiter goed dan baie vinnig “O, dit is nie wat ek bedoen het nie” Nonsens man. Liegstories elke dag!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.