Ramaphosa-segsman: De Ruyter moet bewerings by polisie aanmeld

André de Ruyter. (Argieffoto: Eskom)

André de Ruyter, voormalige uitvoerende hoof van Eskom, moet ʼn klag by die polisie indien rakende sy bewerings oor korrupsie by Eskom.

“Pres. Cyril Ramaphosa is nie ʼn polisieman of ʼn ondersoekliggaam nie en om te verwag dat die president by gerugte betrokke raak, is nie ʼn sinvolle gebruik van sy tyd nie,” het Vincent Magwenya, Ramaphosa se woordvoerder, gesê.

Magwenya is gepols oor De Ruyter se bewerings dat hoëvlak-politici betrokke is by die korrupsie by Eskom en wat Ramaphosa daaraan gaan doen. Magwenya meen egter dit is openbare kennis dat Eskom vasgevang is in die greep van kriminele sindikate wat binne en buite die staatsinstelling bedryf word.

Hy het gesê Ramaphosa het al sy kommer oor die kriminaliteit binne Eskom uitgespreek en dat die regering die kwessie hanteer deur middel van wetstoepassingsagentskappe.

Ramaphosa weet nie wie die individue is na wie De Ruyter verwys nie en hy kan nie reageer op bewerings oor individue indien hy nie weet wie dit is nie, het Magwenya gesê. De Ruyter moet die inligting tot sy beskikking vat en ʼn saak by die polisie aanhangig maak en hierna sal ander wetstoepassingsagentskappe soos die Valke betrokke raak.

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, het vroeër gesê De Ruyter het al verlede jaar bewerings van korrupsie by die polisie aangemeld. “Dit is wat die teenkorrupsie-wet van hom verwag. Dit word al op ʼn hoë vlak ondersoek. Daar was al selfs inhegtenisnemings verbandhoudend tot die inligting.

“Die president se woordvoerder sê ewe hoogheilig die president kan nie reageer op generiese en onbevestigde gerugte nie.”

Volgens Hermann sal Solidariteit, wat 6 000 lede by Eskom het, nou met die SAPD saamwerk en alle ondersteuning moontlik gee.

“Ons sal ook veilige prosesse skep wat ons lede in staat sal stel om fluitjieblasers te wees.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

69 Kommentare

boerie ·

Hulle wil nie ondersoek instel nie want hulle en hul pelle is betrokke.

Vrystaat2109 ·

As daar een ding is wat hierdie mense kan doen, buiten korrupsie, is dit om te “duck en dive”

Roebs ·

Doen dit ek dink daar gaan ‘n paar mense wees wat vinnig uit die land sal gaan. Mr President jy is dalk nie ‘n polisienman nie of ondersoek liggaam nie, maar jy is wel die “President” maar ek dink jy is bang.

Mieke ·

Vir phala phala uitkoms of Eskom…. of vir albei?? of nog meer?

Lida ·

Ek stem hy is die land se “leier” as hy die naam President waardig was sou dit nie gebeur het nie.

Esme ·

Nee, hy is nie bang nie, want hy slaap op sy geld. Sy broek bewe ook nie want sy baas is nie bang nie. Ek dink die lughawens gaan oortyd werk. Van Wonderboom tot by elke internasionale lughawe. Trek alle paspoorte terug – net vir ‘n ruk totdat die ondersoek afgehandel is.

Danie ·

Hoe kan n vrot korrupsie regering misdaad onpartydig ondersoek????

Esme ·

Die saak moet deur ‘n internasionale liggaam ondersoek word. Hier vind net te veel intimidasie plaas.

Andrè ·

Ja,Ramaphosa wil by niks betrokke raak nie,sekwr maar te bang hy raak geskok

marius ·

Hy hoef niks te doen nie. Hy werk nie meer vir julle spul nie .

Esme ·

Cornel, ek verneem Bheki is die volgende Minister van Intelligensie – gedink jy het Intelligensie nodig om aan die hoof van daardie Portefeulje te staan.

Snowball ·

Die korrupte politici se misdaadsindikate moet stil-stil aangemeld word by die polisie wat op die politici se payroll is…yeah right! Rusbankstopper soek sy ruggraat, as iemand net kan aanmeld dit is weg!

Roek ·

Ai die Adams finger , dit was nie ek nie dit was sy sindroom ,!!
Nee .PRAVIN moet, hy is dan die man wat die kitaar slaan , die howe kan dan vir De Ruyter dagvaar om GETUIENIS te kom lewer en dit is hoe dit werk, PRAM is verantwoordelik of dit nou in “N grap na bewering aan hom genoem is al dan nie , !!

Andre ontspan my maat , dankie vir jou opregtheid !

Kokerboom ·

Kan ‘n landshoof so lieg en ontkennend wees?
Oja..in ANC geval is dit standaard!

Prikkie ·

Mnr de Ruyter moet dit net so spoedig aanmeld soos wat die Prez die verdwyning van sy $ uit die rusbank aangemeld het.

Geert ·

Ek wonder hoekom die ANC so graag wil hê de Ruyter moet die saak by die polisie aanmeld. Is dit n manier om tegnies sy mond te snoer ?

Wonder ·

Hulle wil dalk De Ruyter se naam sleg maak die bewyse het tien teen een klaar verddwyn…

Truman Burbank ·

Wonder. As DR se naam nie op die bewyse is nie, sal hy sekerlik ten minste afskrifte hê?

annie ·

Miskien moet De Ruyter die riglyne vir wanneer ‘n amptenaar ‘n klag het, aan Cyril voorlê. Die ANC volg hul eie riglyne soos duidelik blyk uit die prez se optrede tov Phala waar hy volgens die grondwethof duidelik gephaal het.

Kobus ·

Regter Zondo het sondebokke by die naam genoem en ons president het tot nou toe geskitter met sy stilswye. As ek reg onthou is ou brombeer Mantashe se naam ook genoem. Saak word aangemeld, SAPD begin ondersoek maar teen ‘n slakkepas. Suldige/s word by die naam genoem en aangekla. Howe stel uit en Mpofu beging die lang spel. Dis dalk die rede waarom ANC nou soos katte op ‘n warm sinkplaat baljaar.

corinnemariette ·

Dis n skande dat die grootste korrupsie en probleem waaronder die volk lui nie van belang is vir sy edele Ramazupta nie

Republikein in die Wes Kaap ·

Ramaphosa is van min dinge bewus. Hy is meestal in die donker.

Samuel ·

Ek glo mnr. De Ruyter het die kriminaliteit by die SAPD aangemeld, maar dit word nie regtig ondersoek nie. Mnr. die president, wanneer meld jy jou Phala Phala gemors by die SAPD aan?

Elma ·

So Rampies se “kommer” word nie gesien as “bewerings” nie? Maar De Ruyter sn doen? En Rampies hoef nie sy “kommer” by die polisie aan te meld nie. Verstommend. Nogal ewe – “nie n sinvolle gebruik van sy tyd nie”. Mooi man.

Wonder ·

ag toe nou soos jull mos nou beweer dit is net bewerings so hoe moet hy dit aanmeld…?

Hoekom het rama dan nie die diefstal aangemeld van Phala phal nie en hyt dit geweet dis nie net bewerings nie…

Piet ·

In die onderhoud wat ek gesien het, het hy laat blyk dat vertrouelinge in die polisie die saak ondersoek. Ek het ‘n sterk vermoede iemand gaan “interference” hardloop as dit oop en bloot aangemeld word. Hou maar by die huidige reeling Andre……

Erika ·

Nations do not die from invasion – They die from internal Rottenness.

Nie Verbaas ·

Ramaphosa, jy speel vir tyd en jy is ook ten volle bewus wat by Eskom aangaan en jy het nog voor de Ruyter al geweet wat aan die gang is en het nie n vinger verroer om dit reg te stel nie. Mabuza se bedanking is ook nie sonder rede nie. De Ruyter vrees vir sy lewe en jy probeer hom net onder skoot kry. Wat het jy, Ramaphosa, tot nou gedoen om “uit te vind” wat jy alreeds weet? Absoluut niks. Sover ons kan verstaan het de Ruyter alreeds sake by polisie geopen. Ons weet egter dat absoluut niks sal gebeur nie want jy is net so korrup soos almal in die ANC blik. Wat het met Zondo se aanbevelings gebeur? Niks slapgat.

George ·

Se ek ook, talk is cheap. Ons weet daar is GROOT korrupsie, maar meld aan, n tv onderhoudjie gaan niks doen nie

Christine ·

Watter polisie? Wat gaan hulle doen – hulle is deel van die poppekas!

Jaco ·

Hier PRAAT almal al weer nonsens. Bedekte dreigemente word ook rondgegooi. Maar steeds dien niemand ‘n klag in teen die sogenaamde skuldiges in eskom en in die ANC nie. Die ANC het ook nog nie vir André de Ruyter by die polisie aangekla nie. Almal praat net so in die wind, maar niks gebeur regtig nie. Hoe lank gaan dié nonsens nog aanhou?

Amelia ·

Ek dink hul wil dat eskom laat vou dan kry mense toelaag en water word aangery en word weer vertel hoe goed is anc vir sy mense want kyk hoe nice ry dan water aan vir mense Ruses vat dan oor en siedaar anc het land gered want hul met russe onderhandel maar asb doen net wat russe se anders sit land weer sonder krag em stem tog vir anc

domheks ·

Zondo verslag. Is daar al verder ondersoek ingestel? Sit die genoemde mense nog in ‘n lekker pos met balastingbetalers geld? Rama-promise jy praat te veel en doen te min. Korrupsie gaan gestop word? Deur wie? Die korrupte slapgat polisie?

Heinrich ·

Asb André, doen dit. Maak asb net seker dat kopië van die bewyse ook by ‘n paar koerante, by Outa en Solidariteit ingegee word, want op daardie vlak is die polisie ook maar gekaap.

Lillian ·

Jis dié lot is snaaksies. Die polisie sal die docket “verloor” in opdrag van die kabinet en hul kaders

Chris ·

Daar is ‘n gesegde. Benoude katte maak benoude spronge. Dit is die oudste menslike karaktertrek, probeer die blaam of beskuldiging van jou laat afweer/afbons. Ek weet een ding, wat jy saai sal jy maai. Die onreg kan nie vir altyd duur nie. Die wiel draai stadig maar seker. Die vet katte se “meals on wheels” se wiele gaan vasslaan. Hier kom nog groot katgevegte. Dit is soos die Bybelse verhaal van die sewe vet koeie vat deur die maer koeie opgevreet is. Lekker vet pret.

Johan ·

Dit is eenvoudig Mnr President, jy is inbeheer vd land (veronderstel om te wees, maar duidelik nie) … dit is hoekom dinge is soos dit is … te slapgat om verantwoordelikheid te neem vir “jou” chaos en gemors veroorsaak.

Vrede & vreugde

Papsak ·

Ja ek stem hulle is almal by eskom betrokke erken dit maar net en ja alles sal reg verloop ja Andre kyk net oor jou skouer byt vas en druk deur wys hulle

Lida ·

CR jy is ons land se President en as jy jou werk as President gedoen het ipv om jouself besig te hou met onderduimse geldwassery het hierdie nooit gebeur nie….Jy moes hierdie land die land wat julle toe-eien as julle land te beskerm teen sulke geldgierigheid. Nou ja ons verstaan dit is omdat jy ook in daardie kategorie val. As ek n motor bestuur hou ek my passasiers veilig omdat ek in beheer van daardie motor is. Jy is ons leier en het jou mense en land gevaal. Jammer jy is nie naam President werd nie.

lodewyk ·

Ou paddatjie begin nou te kook in sy pot -CR weet wie dit is,en moenie vir my se sy skoon famillie het nie hand in dit nie? -Rainbow power..?? Swaers ???Maar hy het niks gedoen toe ESKOM se CEO vergiftig was nie ??? cANCer comrades sal alles ontken ,maar die keer dink ek hulle het dit n bietjie te vergevat -Kom 2024 verkiesing ….

Theunis ·

Ramaposa, Ramaposa, weet jy ooit self wat in SA aangaan. Effektiewe dienslewering bestaan nie meer vanaf die regering of SOE’s nie, het jy onlans ‘n saak gaan probeer aangee met die hoop dat daar ‘n gedeelte van sukses van sou kom, ek glo nie of jy lewe in ‘n fantasie wěreld.
Het daar al iets positief uit de Ruyter se poging tot moordsaak gekom?
Niemand is so blind soos iemand wat nie wil sien nie, die regerende party laat my sterk aan die gesegde dink, word wakker – die situaie in die land is alreeds beroerd.
Net iemand wat skelm streke het treë so in verdedigend op, waarom so verdedigend met de Ruyter en die pala pala aangeleentheid, jy het nie eers jou saak aangegee by die polisie nie, hoekom?

Sanet ·

Wanneer korrupsie genoem word, vee ons president dit onder die mat in…… maar sodra rassisme genoem word, dan word daar ondersoeke ingestel sonder enige klagtes!!!! Julle is ‘n grap meneer die president

Hennie Biebouw ·

As ek André de Ruyter is, bly ek so ver weg van ‘n SAPD stasie as moontlik. Moenie verbaas wees as die Valke hom eersdaags in hegtenis neem nie….

Fran ·

Daardie dossier sal vinniger verdwyn as wat jy kan jy kan sê ‘Johnny die Mes’!

Oosie ·

Interesant.. EFF mense storm en skel alger as hul nie ñ aandeel of ñ baat het by gevalle… nou wonder ek hoekom is hul so stil..

Delia ·

Pres. Cyril Ramaphosa het in 2020 ʼn proklamasie uitgevaardig wat die SOE bemagtig om enige bewerings van korrupsie en wanbestuur in die sake van die NLR en die gedrag van die raad se amptenare, te ondersoek.

Ek lees dit in n artikel oor nasionale lotery bedrog.

So hoekom kon hy dit nie met Eskom doen. Nou word AdR gesé by moes polisie toe gegaan het

Jannie van Niekerk ·

En as die polisie niks aan die saak doen nie, wat dan?

Marcello ·

Dit sal NOOIT einde kry nie, want die ANC het hulle kaders binne in Eskom. En daar is nie ‘n manier dat daar teen hulle kaders binne opgetree gaan word nie. Daar was in die nuus ‘n insident wat Andrè self uitgelig het, van personeel wat in hegtenis geneem is, en die volgende dag op R500 borg uitgelaat is.

Wondermaarnet ·

Ramaphose is NIKS, nevermind nog ‘n polisieman of ondersoekbeampte nie.

Esme ·

Dit is maar moeilik om introspeksie te doen en jou beste pelle in die steek te laat. Laat dit maar oor aan Andre de Ruyter – en die hartseer van die saak. Die skuldiges gaan oor die vingers geraps word, maar hulle gaan nooit hulle oranje oorpakke kry nie.

Anton ·

Die aanklag vorm is daar in jou plaashuis. Check in die bank

Adam ·

Hoe onosel kan die ANC wees?
Kan of WIL hulle nie hoor dat hy dit reeds by die polisie aangemeld het nie?

Truth2bfree ·

Mmmhhh… en so begin al die donker werke aan die lig te kom…

pestilensie ·

Laat ek mooi verstaan , ek vertel my baas van korrupsie in sy organisasie , en hy se EK moet dit by polisie aanmeld

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.