Ramaphosa spreek nasie toe oor energiekrisis

Ramaphosa besoek Eskom. (Foto: Kopano Tlape/GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa sal Suid-Afrikaners Maandag 20:00 oor die land se energiekrisis toespreek.

“Die president sal maatreëls aankondig om die land se voortdurende kwessies met betrekking tot die energiekrisis aan te pak,” sê Vincent Magwenya, woordvoerder van die president.

Die aankondiging volg ná weke van fase 6-beurtkrag. Eskom het net vroeër vandag gewaarsku teen die moontlikheid van nóg beurtkrag nadat vyf opwekkers by die kragstasie in Kriel, Mpumalanga, die gees gegee het.

Die kragstelsel het teen 17:00 onder groot druk verkeer.

Magwenya sê nou in ’n verklaring daar was onlangs verskeie samesprekings met belanghebbendes en energiekenners binne en buite die regering om ’n gesamentlike oplossing vir die land se energiekrisis te vind.

Ramaphosa het ook sowat ’n week gelede die Tutuka-kragstasie in Mpumalanga en Eskom se hoofkantoor in Johannesburg, Megawatt Park, besoek om die uitdagings wat Eskom se opwekkingsvloot raak, beter te verstaan.

Hou Maroela Media dop vir meer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Truman Burbank ·

Ek lees gister NZ, Japan en paar ander lande is besig met die ontwikkeling van wireless elektrisiteit deur middel van wifi seine. Nie eers die conspiracy theorists kon so iets voorsien nie. Lag maar.

George ·

dis iets wat Nikola Tesla wou ontwinkkel, deur midde van grond.

Truman Burbank ·

Hulle noem dit die tesla coil. Watch this space. Dalk was dit meerin gebruik einde 1900’s as wat geskiedenis ons leer.

AJ ·

Sorry Ramaparrapot!

Jy probeer nou ‘opvang’ maar jy is 20 jaar TE LAAT!

“… the horses have bolted!”

Die SOLAR TSUNAMI word reeds deur privaat mense gedryf!

gehasie ·

Dit is ‘n ANC krisis, nie ESKOM, nie Jan van Riebeeck nie ANC, maar wag ons moet eers hoor wat sê sy Meesters!

Jaco ·

Is wit mense ook by dié familievergadering ingesluit? Is wit mense ook deel van ramaphosa se “familie”? Ek vra maar net, want wanneer ramaphosa en sy ANC praat van regstellende aksie, BEE, radikale ekonomiese transformasie en onteiening sonder vergoeding, dan word wit mense altyd beskuldig dat ons sleg, rassisties en vol wit monopoliekapitaal is.

Martin ·

Ag asseblief. Baie jare te laat vir ‘n kits oplossing. Gaan nie eers my tyd mors om te kyk nie. Praat, praat, praat is al wat die ANC kan doen. Beloftes 1 Resultate 0

Johann ·

Komende van die een wat die land LIG gaan laat sien deur SWART bemagtiging?

George ·

Die leier van die grootste bende in die land wat ons nou wil beloftes maak

Editor ·

Het julle nie destyds vir daardie mense gese hulle moet ‘terug gaan Holland toe’ nie? Nou soek jy hulle terug?

Nico ·

Haal die wat onbevoeg is uit wat daar geplaas deur die sogenaamde regstellende aksie en bring terug goed en geskoolde mense terug.

Miena ·

Uitdagins beter te verstaan… uhmmm eksuus my tog.
Vraag – Wat is daar om te verstaan?
Antw – Uitdagings??
Vraag- Uitdagings, van watter kant af?
Antw – Hier by die power station – dis die coal!!
Vraag – Verstaan jy nie die vraag nie?
Antw – Eish haibo!! Sit die switch af daar by die muur by die groot rooi knop. Ja – druk hom!! Sit af die krag. Ons gaan braai

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.