Ramaphosa ‘steeds van plan’ om energiekrisis op te los

President Cyril Ramaphosa (Foto: JUSTIN TALLIS/ AFP)

Pres. Cyril Ramaphosa betreur die huidige energiesituasie wat die land in fase 6-beurtkrag gedompel het.

Só het Vincent Magwenya, woordvoerder van die presidensie, Donderdag tydens ʼn mediakonferensie by die Uniegebou gesê.

“Die president besef die frustrasie van huishoudings, ouers en leerders wat die nuwe skooljaar met kragtekorte begin het. Die verwoestende uitwerking op klein sake-ondernemings en die nadelige impak op die ekonomie bly ʼn ernstige kwessie vir die herstel van Suid-Afrika se ekonomie.”

Ramaphosa is volgens Magwenya steeds daarmee getaak om ʼn volhoubare oplossing vir die kragkrisis te vind.

Hy het op 15 Desember ’n nasionale energiekrisiskomitee op die been gebring wat onder andere uit ministers en verskeie tegnici bestaan. “Terwyl die president erkenning gegee het aan die vordering wat gemaak is met die uitvoering van die elemente van die Nasionale Energieplan, het hy verder aangedring op meer dringendheid en spoed in die implementering van alle prioriteitspunte en -aksies wat in die Nasionale Energieplan uiteengesit is.”

Volgens Magwenya word Ramaphosa gereeld ingelig oor die situasie by Eskom en oor die uitrol van die Nasionale Energieplan. “Nog afsprake is geskeduleer vir ’n hersiening van die situasie en riglyne oor dringende maatreëls wat onderneem moet word om die impak van beurtkrag te verminder.”

Ten spyte van die huidige somber toestand van beurtkrag, gaan die nasionale energiekrisiskomitee voort om vordering te maak op gebiede wat daarop gemik is om die stabiliteit van die netwerk te verseker en bykomende megawatt te kry, het Magwenya gesê.

“Eskom het tot 1 000 MW se bykomende krag geïdentifiseer wat van Mosambiek en ander lande in die SAOG-streek ingevoer gaan word, onderworpe aan onderhandelinge en regulatoriese goedkeuring. Dit is bykomend tot die 300 MW wat reeds verseker is.

“’n Onafhanklike span is saamgestel om uitdagings op kragstasievlak te diagnoseer. Daar sal begin word met Duvha, Kusile, Kriel, Tutuka, Hendrina en Matla. Hierdie span werk saam met die bestuur en direksie van Eskom.

“NatJoints, die nasionale gesamentlike operasionele intelligensiestruktuur, koördineer die werk van verskeie agentskappe om sabotasie, diefstal en bedrog by Eskom te pak. Inhegtenisnemings vind plaas en die vordering word aangedryf deur ʼn verhoogde ontplooiing van private sekuriteit deur Eskom.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Porseleintjie ·

Die beste begin sal wees as hy bedank. Meer as net die energiekrisis sal dan opgelos word.

Kobus ·

Dis kommissie op kommissie. Elke kommissie word aangestel om die ander kommissie te help / ondersoek. Met Mantashe wat nou is waar hy wil wees (Eskom se poppemeester) sal die probleem nooit opgelos word nie. Verder verf Rampposa homself en sy regering hulle self vas in ‘n hoek. Hy koop nou stemme deur Soweto se skuld te wil afskryf. Hy skep ‘n presedent want wat van al die ander munisipaliteite wat ook geld skuld? Wat van individue wat agterstallig is? Gaan almal nou vrygeskeld word en indien wel, gaan hulle begin betaal? Ek twyfel. Rampposa en sy ministers weet nie van beurtkrag nie want hulle het dit nog nooit ervaar nie. Waarom sal hy dit priotiriseer? Hy veg vir sy eie gewin, die ANC se aansien en basta met SA

Fanna ·

Sy hele party moet bedank. Anc beplan nou vir die volgende ver kiesing met baie onredelike beloftes. Hulle ruil net ministers..

Republikein in die Wes Kaap ·

Afrika leiers betreur nooit die lot van hul mense nie. Dis ‘n teken van swakheid. Hulle wag maar totdat daar opstande is en vlug dan so vinnig moontlik.

Misky ·

Hy kan nie eens homself help nie, hoe wil hy die land help!!!!

Andries ·

Nee wat ramaparra jy en jou ouetehuis kabinet het ons land op sy knieë.
Foeitog moeder SA onder ANC regering.

George ·

Hy’s die Dean Elgar van presidente, praat heelwat meer as wat hy doen.

Althes ·

Die ANC betreur altyd ñ situasie. Die ironie is dat hulself verantwoordelik is vir die situasie.

Elma ·

Ek betreur ook die huidige situasie.
Maar jinne, dankie Rampies dat jy dit gaan oplos – ek wag in spanning vir die volgende 10 jaar.

Kobus ·

Wat opvallend is is die feit dat hy soos ons hom ken doodstil was terwyl de Ruyter en Jan Oberholzer die gemors van Zuma/ Rampposa en Guptas ptobeer uitsorteer het. Noudat de Ruyter bedank het, is Rampposa baie uitgesproke en “behulpsaam” om Eskom te red. Wat ek ook nie verstaan nie , die SAA wat nie iets beteken het vinnig ‘n reddingsboei ontvang,maar die staat weier om Eskom te help. Vra weer, wat het van die miljoene geword wat agv boetes terugbetaal is ? Rekenkundig behoort daardie geld mos in Eskom se rekening te wees?

Joseph ·

Dis als net praatjies, afgesaag. Nog niks het gebeur tot nou toe nie so wat gaan nou verander.

Vettiemaragartos ·

Vat die hele kabinet se generators by hul huise weg en laat hulle ook beurtkrag ervaar. Tjop tjop sal die probleem aangespreek en opgelos word.

Johan ·

Almal is deel van loadshedding behalwe as jy in die kabinet is dan is jy nie deel daarvan nie. Hulle moet ook deel soos al Suid-Afrikaners in die land dan sal hulle voel hoe ons voel daaroor.

Blikkies ·

Dit is wel betreurenswaardig dat nie hy of sy makkers ‘n ‘clue’ het wat hulle moet doen nie.

Harley Davidson ·

Goed vir niks is die gedagte wat by my opkom terwyl ek die artikel gelees het.

Vernon ·

Solank hy en die ander gepeupel nie ook beurtkrag ervaar nie SAL HY NOOIT n oplossing kry nie. In 2015 het hy gese dat vanaf 2017 daar GEEN beurtkrag sal wees nie…dis nou 6 jaar en erger as ooit!!!

Tikkel Tokkel Jimpels Gogga ·

Ai Oom Sarel , jou ou nar! Mega-planne en geen aksie, slegs leë woorde en hol beloftes! Wonder regrig wie paai hy? As dinge nie spoedig opgelos word nie, gaan die bourgeois en gepeupel nie meer so gemoedelik wees soos nou nie. Dan gaan dit in ñ chaotiese, tsunami van ñ ramp ontaard! Behoede ons!

Heinrich ·

Cyril Ramaphosa betreur die huidige energiesituasie en ek betreur die chaos veroorsaak deur die ANC. Daar sal niks gedoen kan word aan enige van die twee gedoen kan word nie.

miraclealigner ·

Ek het effe hoopvol toegekyk toe hy in 2018 die leisels van die grond af op getel het van Zumpie, maar soos wat die tyd aangaan word mens maar net weer ontnugter. Dit is betreurenswaardig dat die top twee kandidate in Des op die ANC se konferense albei massiewe gerugte teen hulle gehad het (wat het geword van die ‘stand-aside -rule-?!), en ek wil my nie laat vertel dat die die ENIGSTE 2 en beste kandidate was vir die ANC leierskap nie. Ek weet daar was ander, maar die 2wat uitgestaan het was Ramaphosa en Mkhize. Om nie eers te praat van ou Mantashe nie, ek wonder of hy self kan hoor wat hy sê as hy mompel elke keer as hy sy mond oopmaak. Dit gaan nie beter raak nie voor ons wat kan stem ANDERS stem nie – gratis t-hemde en KFC pakkies koop nie vir jou land stabiliteit nie. Ek wens ons kon dit inprent in die ANC se kiesers se koppe. Mens is nog hoopvol vir Suit-Afrika, maar daardie vlammetjie van hoop verdof elke dag bietjie vir bietjie.

Miss J ·

So betreur ons gewone mense dat die ANC als waaraan hulle geraak het opgefoeter het. Praat en nikks doen is ook baie betreurenswaardig, so ook korrupsie en lieg!!! Solank julle krag, water , duur eiendomme, lekker leefstyl, sekuriteit en al die lekker dinge het, gee julle nie ‘n hel om vir niemand behalwe julleself. En dit betreur ons gewone mense. Daar gaan ‘n dag kom wat ons gewone mense gaan oorkook!!!!

Manie ·

Daar is reeds fluisteringe van fase 7 en 8 beurtkrag, Die laaste spyker in SA se krag doodskis sal wees wanneer Eskom onder Mantashe se beheer val. Een ding moet ons goed verstaan, die ANC voel vere vir die land. Hulle sal Soweto en ander groot swart buurte se skuldlas afskryf en die res van die land laat betaal daarvoor. Hulle klou wanhopig vas aan die Soweto stemme, want as hulle dit verloor, is hulle finaal in hulle peetjie.

Delia ·

Ai Vincent, seker moeilik om die Pres se woorvoerder te wees, want om elke dag goed kwyt te raak wat jy weet nie waar is nie.
Maar ek glo die salaris is goed

Delia ·

Ek betreur ook Mnr die Pres. Ek betreur dat ek een van die naiewe mense wat geglo het in jou integriteit en geglo het jy sal die land bestuur op sound economical principles. En ek TREUR dat ons is waar ons is

Eugene ·

Mnr ramaphosa. U bestuur die land. Alle besluite word deur u goed gekeur. Maak asb n’ plan van aksie. De Ruyter het bedank weens te veel inmeng van Ander. U het die laaste woorde.ons pragtige land gaan Onder.

Piet parys ·

Planne ,kommissies kan gemaak word maar in die Anc se regering se hande is alles net een groot tragedie . Africans julle is nie instaat om enige iets wat julle vernietig weer op te bou nie . Suid Afrika maar net bewys van agteruitgang soos al die Afrika lande een groot rommelhoop .

JohanR ·

Squirrel kan nie ‘n toebroodjie sonder kaas probleem op los nie!

Nettie ·

SKAAM JOU, mnr die President! Julle gaan nou van Mosambiek af invoer??? SKAAM julle!

Ons land het al die bronne en vermoens, maar julle haat maak julle nou onderdanig aan die Portugese nalatenskap. Kry vir julle. Ek hoop julle is BLOEDROOI van skaamte.

Peter ·

Ons betreur jou en jou regering wat die land verwoes het. Sal graag wil sien hoe lyk hierdie sirkus oor 50 jaar. Die hemele behoed ons.

Nie Verbaas ·

Ramaphosa, jy is of n totale idioot of vas aan die slaap. Probleme van sindikate, onbevoegdheid, korrupsie en arrogansie is alreeds alom bekend. Is enige van die persone op jou kommitees kragkenners of is dit net nog kaders? Jou leë woorde, leuens en beloftes maak jou uiters gerug. Vir Eskom in sy huidige formaat en onbevoegdes is daar ongelukkig geen herstel om voor te hoop in die toekoms nie. Van nou af net afdraende. Pleks van probleme oplos verkies jy om krag van buiteland af te koop. Slaap voort.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.