Ramaphosa verklaar openbare vakansiedag

(Foto: The Presidency/Twitter)

Die mense van Suid-Afrika het gepraat en hul president het geluister.

Pres. Cyril Ramaphosa het (ondanks ekonome se vrese en tot Suid-Afrikaners se plesier) Maandagaand wel ʼn bykomende openbare vakansiedag verklaar. Die vakansiedag gaan egter nie só gou ná die Springbokke se Wêreldbekeroorwinning kom soos Suid-Afrikaners gehoop het nie.

“Ter viering van die Springbokke se groot prestasie en die prestasies van al ons ander sportmanne en -vroue – en as huldeblyk aan die vasberadenheid van ons verenigde nasie – verklaar ek Vrydag 15 Desember 2023 as openbare vakansiedag.

“Ons verklaar dit as ʼn dag van hoop, ʼn dag van feesviering en eenheid.

“Ons sportmanne en -vroue het vir ons gewys wat moontlik is.”

Die vakansiedag sal ná afloop van die matriekeindeksamen geskied.

“Ek weet baie van ons wil hê ons moet nou vakansie hou om dit te vier. Maar ons moet almal saamstem dat ons ons matrikulante tyd moet gee om op hul eksamens te fokus en daarna fees te vier,” het Ramaphosa verduidelik.

Ramaphosa het voorts gevra dat Suid-Afrikaners die Proteas net so geesdriftig tydens die Wêreldbeker-kriekettoernooi ondersteun as die Springbokke.

“Ek wil hê ons moet almal ʼn tydperk van feesviering aanpak wat uitloop op ʼn feestelike vakansie nadat ons matrikulante hul eksamens voltooi het en die Proteas die land trots gemaak het by húl Wêreldbeker-toernooi.”

Ramaphosa kon egter skynbaar nie die geleentheid laat verbygaan sonder om Suid-Afrikaners te herinner aan al die “vordering” wat die ANC-regering die afgelope 30 jaar gemaak het nie.

Hy het voor die afkondiging ’n lang toespraak afgesteek oor onder meer ekonomiese groei, sowel as die bekamping van misdaad én beurtkrag onder die ANC-regering.

Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, was vinnig om op die toespraak te reageer.

“Hou asseblief politiek uit sport,” het die VF Plus-leier gesê. “Die Bokke verenig juis omdat politiek niks daarmee te make het nie. Jy laat ʼn wrang smaak.”

Hy beskuldig dan die president daarvan dat hy van die Springbokke en sport as geheel misbruik maak vir ANC-verkiesingpropaganda.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Jack Russ1 ·

Hoekom maak ons nie sommer elke dag ‘n vakansie dag nie, ons ekonomie is mos die sterkste. Die people kan dan self besluit waneer hulle wil werk

Blomme ·

Ai tog… As ons leiers tog maar net intelligensie gehad het en minder mense wou bluf, was ons beslis ń baie beter nasie.. Die rugby eind fluitjie het skaars geblaas toe slaan die krag al weer op skedule af… Ons verenigde nasie!! Wat waar is? 50% van die nasie word dan uitgesluit in hierdie land.

JohanEtz ·

Hy bluf my nie!
Na ñ weet sonder BEURTKRAG – VERKRAG hulle ons weer met KRAGLOOSHEID….
DEMPER OP NUWE HOOP NA BOKKE WB WEN..

Tewis ·

Lekker man !! Nog ń dag vir julle om te party en geld temors net om die land verder in die moder in tesleep!!!

Staal ·

So dit maak nie saak dat ons ekonomies reeds swaar trek en ‘n vakansiedag omtrent R7 miljard ” kos” nie.
Bleddie verkiesings foefie!!

Kensy ·

Ek voel diep beswaard oor die datum van die vakansiedag.. meeste mens is reeds met verlof daardie tyd. Dit voel nie regtig soos n toegewing nie.

Papsak ·

Ag asb hy wil nou wys hy is n goeie president arme swaap verkiesing kom mos

Blomme ·

So waar Papsak… Praat van voorbeeld vd 30% slaag vereistes! Hoef nie ver te soek nie.

Truman Burbank ·

Nog n dag om die ekonomie op te voeter. Waar werkers gaan aandring op dubbel loon. Waar werkgewers eerder sal afskaal of toemaak omdat dubbel loon onbekostigbaar is. Ek is so bly ek werk vir myself, met geen wernemers nie.

Piet 6 ·

Indien jy geluister het en aandag gegge het, sou jy gehoor het hy het gesê Vrydag 15 Desember 2023. Dit beteken SLEGS hierdie jaar. 30%.

Amelia ·

Ek het gedink ek sal sommer vir jou vra, Piet 6, dan spaar dit my die pyn en lyding om na ‘n Ramaphosa toespraak te moet luister.

Christo ·

15 Desember???Wanneer die meeste maatskappye toemaak. Dan is meeste mense mos reeds met verlof

KAIROS ·

so onnodig… Iemand wat eie besigheid het, wat so redineer.

Gee die mense Tshirts , kospakkies en vakansie dae…. Dan sal ons sien wat kom daarvan. Ek sal werk en probeer n inkomste verdien terwyl daar nog iets is om te verdien

Josua ·

Soos oudergewoonte nie mooi gedink nie nè!!!! Waarom nie die tweede Januarie nie dan kon die mense reg deur die naweek die bokke se oorwinning gevier het en somer ook die nuwe jaar ingaan met n glimlag op hul gesigte en “recover” van die “hang over” en vars die Woesdag by die werk opdaag. Wat n sirkus!

Republikein in die Wes Kaap ·

Nee my bra. Hier in die Kaap is daar reeds twiede nuwejaar. Nou moet ons dit skuiwe na die derde.

Danie ·

Ek is seker dat almal wat so kla oor die vakansie dag alreeds self aangebied het om liewer te gaan werk en dit teen geen ekstra betaling.

Republikein in die Wes Kaap ·

Korporatiewe hoofkantore en fabrieke is toe. Pakhuise is toe. Sekuriteit sit binne. Geen logistieke dienste. Beperkte IT ondersteuning. Sal maar stil wees. Indien ‘n brand ontstaan is jy verdagte no. 1.

Willem ·

Wonder net of die “land” wat gepraat het enige ekonomiese bydraes maak.

Souterig ·

Nee wat, ek sal dit maar vat aangesien die 16de op ‘n Saterdag val.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.