‘Rampklassifikasie’ ná groot reën verwelkom

In sommige gebiede is talle paaie na die reën haas onbegaanbaar. Dit plaas verdere druk op landbouers wat hul produkte probeer vervoer. (Foto: Verskaf)

ʼn Omvattende assessering van die skade wat oor groot dele van die land weens die onlangse swaar reën gely is, sal nou die eerste stap wees nadat die onlangse oorstromings as ʼn nasionale ramp geklassifiseer is.

Dr. Mmaphaka Tau, hoof van die nasionale rampbestuursentrum, het die klassifikasie Woensdag in die Staatskoerant aangekondig nadat die reën tot verskeie sterftes en groot skade aan eiendom, infrastruktuur en die omgewing gelei het.

Die departement van samewerkende regering en tradisionele sake het egter benadruk dat dié proses nie dieselfde is as om ʼn ramptoestand te verklaar nie.

“Die klassifikasie word gedoen om te bevestig dat die situasie as ʼn ramp beskou word en van so ʼn aard is dat dit die kapasiteit van die geraakte munisipaliteite en provinsies om dit te hanteer, oorskry,” sê Lungi Mtshali, woordvoerder van Cogta.

In sommige gebiede is talle paaie na die reën haas onbegaanbaar. Dit plaas verdere druk op landbouers wat hul produkte probeer vervoer. (Foto: Verskaf)

Die verantwoordelikheid om die ramptoestand te bestuur, word dan na die nasionale regering oorgedra om te koördineer en te bestuur. Dit stel ook alle betrokke staatsorgane op alle regeringsvlakke in staat om die ramp en die gevolge daarvan, te hanteer – wat beteken meer geld vir hulp kan beskikbaar gestel word.

Andrea Campher, risiko- en rampbestuurder by Agri SA, het die klassifisering verwelkom en sê Tau het die georganiseerde landboubedryf gevra om te help om ʼn behoorlike skadebepaling te doen. Sy is self ook deel van die nasionale gesamentlike vloedkoördineringskomitee wat dié opnames sal verwerk.

Campher meen dat klein- en opkomende boere dalk gehelp kan word, maar dat kommersiële boere waarskynlik nie regstreeks ramphulp gaan kry nie. Dít onder andere omdat daar versekeringsopsies vir boere beskikbaar is.

In sommige gebiede is talle paaie na die reën haas onbegaanbaar. Dit plaas verdere druk op landbouers wat hul produkte probeer vervoer. (Foto: Verskaf)

“Waarvoor ons by georganiseerde landbou probeer druk, is minstens vir die herstel van infrastruktuur soos paaie en brûe,” sê sy.

In sommige gebiede is talle paaie na die reën haas onbegaanbaar. Dit plaas verdere druk op landbouers wat hul produkte probeer vervoer.

Campher sê Agri SA het ook ʼn opname aan sy lede gestuur sodat produsente kan aandui waar hul grootste skade is en ʼn randwaarde aan die verliese wat hulle gely het, gekoppel kan word.

Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU SA, sê as die klassifikasie beteken die staatsmeganismes word aangeskakel en hulp kom uit staatsgeledere om boere in produksie te help hou, is dit ʼn stap in die regte rigting.

Van Zyl sê die aankondiging is ʼn geleentheid vir die staat om ʼn rol te speel om die situasie te help stabiliseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Marius ·

Ek verstaan die baie reën het sy uitdagings. Feite is die indergrondse water tafels word weer gelig, damme en riviere is vol water wat vorentoe tydens droeër tye weer baie boere gaan help. Dit is loshande baie beter as dor lande en duisende stuks vee wat vrek van honger en dors.

Jaco ·

Ramptoestand nou en onteiening sonder vergoeding volgende jaar. Boere moet eerder NIKS van dié anti-wit ANC-regering vra nie. Watse “hulp” ook al nou gegee word, beteken net dat al die boere wat nou “hulp” kry, se besonderhede ten volle op rekord kom en dan, wanneer onteiening sonder vergoeding begin, is hulle plase eerste op die lys.

Kneh Mokenah ·

Met aardverwarming en die huidige, en voorspelde, reënval, wonder ek of die saaiboere in die somerreënvalgebiede dit nie moet oorweeg om met rys te begin boer nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.