Rand Water vergader met burgemeesters oor hoë verbruik

(Argieffoto: Unsplash)

Rand Water sê hy merk ʼn opwaartse neigings in watergebruik in die meeste Gautengse metro’s. Dié metro’s gebruik meer as 75% van alle water wat Rand Water lewer.

Ramateu Monyokolo, voorsitter van die instelling se raad, vergader nou met die burgemeesters om hoë watergebruik te bespreek. Hy het reeds met die burgemeesters van Ekurhuleni en Johannesburg vergader. Albei het hul steun gegee vir die tegniese span se pogings om verbruik te verminder en die inisiatiewe daarvoor ook op laer vlakke te bevorder.

“Rand Water het ʼn soortgelyke vergadering met die kantoor van die burgemeester van Tshwane in gedagte, maar het tot dusver nie ʼn antwoord ontvang nie,” lui ʼn verklaring van Rand Water.

Rand Water se algehele bergingskapasiteit het die naweek tot minder as 30% gedaal en inwoners is gewaarsku dat die stelsel onder geweldige druk is.

Die stelsel was teen Maandagaand “laag maar stabiel”.

Rand Water lewer grootmaatdrinkwater aan 18 munisipaliteite, ook die Gautengse metro’s, deur ʼn netwerk van gekoppelde reservoirs. “Hoë verbruik in een gebied of stelsel plaas druk op die hele stelsel. Die daaglikse tegniese vergaderings van Rand Water en Gauteng-metro’s om tegniese oplossings te bespreek en in te stel, gaan steeds voort,” sê die instelling.

Wanneer die metrogebiede se gebruik egter styg, moet Rand Water al hoe meer water daarheen pomp en put dit die voorraad uit.

“Rand Water gaan voort om met die Gautengse metro’s te beraadslaag in pogings om hul watergebruik te verminder en onderbreekte lewering te verhoed.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Harold ·

Tipies vd ANC beheerde munisipaliteite, aanvaar nie verantwoordelikheid nie, skep chaos

etienne ·

Hier is groot moeilikheid oppad, water is nie soos beurtkrag waar n eenheid weer aanlyn gesit word nie, as die water klaar is, dan is dit klaar, 30 jaar, geen instandhouding gedoen nie.

Anel ·

Ons damme is vol maar die verbruik is te hoog! Al gedink dat daar lekkasies is? Gaan kyk by hoe word water in sekere buurtes gemors! Sekere inwoners weet nie van ‘n kraan behoorlik toedraai nie. En dan moet ons, wat ten duurste vir on water betaal en en tot die maksimum spaar gestraf word!! Gaan kyk eerder waar gaan die water verlore want daar is geen wil of disipline nie. Dis mos elkeen se reg om te maak wat hy wil!!!!!

Andrew ·

Dis omdat oor die laaste 30 jaar SA se getekende populasie met meer as 20 miljoen mense gegroei het. Met die aanwas van migrasie moet dit seker nader aan die 40miljoen wees. Amper n verdubbeling in 30 jaar. Of mense dit wil hoor of nie die meeste damme in SA is deur die voorouers van nie ANC of EFF kiesers gebou met die laaste dam projek in Lesotho wat ook maar deur dieselfde nie ANC of EFF kiesers gebou was. Slot, daar is nie genoeg kapasiteit of reen om al die mense in SA te voed nie en met niks geld kan kapasiteit nie verhoog word nie.

Hendrik ·

Jammer vir julle swaarkry en hoe dankbaar is ons om in Kleinfontein te woon met genoeg water.

Miena ·

Wat? Hoe? Meer water verbruik? Hoe kan dit wees as daar nie water is om te kan gebruik nie? Ons klein dorpie (net-net buite Pta) het nou al vir meer as n maand nie water nie omrede die pompe nie werk nie. Nou hoe de vloer gebruik mens meer water as daar nie water is nie vra ek jou???

Marthinus Johannes ·

Nie die verbruiker se skuld nie, Elke Jaar meer huishoudings Soos populasie groei. Rand water moet Sorg dat daar genoeg opberg fasiliteite is en vol gehou word deur gereeld instandhouding te doen, nie op hul agterente te sit en niks doen nie en ander te blameer nie. Dan is daar die munisipaleteit wat halwe werk doen wanneer waterlekke herstel word. Hou net n paar dae Dan lek dit weer.

Michael ·

So ons weet nou dit vat dertig jaar om ‘n eerste wêreld land tot op die grond te vernietig, spyt de klerk is nie hier om te sien wat hy gedoen het nie .

Lettie ·

Stem saam daar nie gedink aan damme nou toe populasie begin groei nie. Water kom mos uit kraan, daar is wolkevol daarvan.

Hendrik ·

Mense moet pro-aktief, soos met die elektrisiteit te kort, sorg dat hulle water stoor in watertenks. Net een positiewe kommetaar uit almal se geklaery. Die rede dat dinge by ons werk is dat ons nie wag dat die metros vir ons dinge doen nie. #OnsDoenSelf #EieWater #EieKrag #EieRioolSuiwering

Heila Isabella ·

Ons meter het gelek geraporteer op 11 maart 2024 na vele oproepe na raadslede en buurtwagte en groepe is meter eers vervang op 16 mrt 2024 sowat 8000 duisend liters water net weg beslis is die stadrade se prioriteite nie wa dit moet wees nie Pretoria

KAIROS ·

Maak net al die lekkasies reg en die stad sal veel minder water gebruik. Die verkeerde mense is in beheer. Die regte mense sit net en kyk hoe alles tot niks gaan

Delia ·

Hendrik. Elke lid van die gemeenskap het miskien nie die vermoê hetsy finansieël of hoe ook al om te doen wat jy voorstel nie. Weet nie waar jy bly. Die metro/ Regering het mos wel ook n verantwoordelikheid teenoor hulle burgers. Moet ons ook maar een van die dae ons eie paaie ook bou.

Republikein in die Wes Kaap ·

Delia, Hendrik woon in Kleinfontein, net oos van Pretoria. Dis private grond waar hulle dié tipe aktiwiteite kan loods, net soos in Orania. Indien die WK se afstig poging faal sal ons waarskynlik dieselfde roete volg.

Andre ·

…so tussen die ‘lectric en die water, gaan hulle ons verder wurg.

Casper ·

En van Bloemendal af word water weerhou aan inwoners van GMM omdat hulle Randwater miljarde rand skul ten spyte van die feit dat inwoners getrou hulle rekenings vereffen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.