Raskwotas: Gaan soek dan werk op ander plek, sê minister

Ondersteuners van die DA ruk op teen raskwotas in die werkplek. (Foto: RODGER BOSCH / AFP)

Die DA sê die minister van arbeid en indiensneming het in ʼn onderhoud opnuut bevestig dat indiensnemingsteikens niks ander as raskwotas is nie.

Die omstrede Wysigingswet op Gelyke Indiensneming, wat dié sogenaamde raskwotas in die werkplek wil instel, kan volgens navorsing beteken dat meer as 600 000 Suid-Afrikaners van alle agtergronde in hul bestaande poste vervang sal moet word omdat hulle die “verkeerde” velkleur het.

Maroela Media het vroeër berig meer as 1 000 ondersteuners van die DA het Woensdag die strate van Kaapstad ingevaar om teen die wetgewing te betoog.

DA-leier John Steenhuisen sê intussen Thulas Nxesi, die minister van arbeid en indiensneming, het opnuut gewys die kwotas teengestaan moet word en dat die ANC besig is om “rasseverdelings van die apartheidsera in Suid-Afrika te laat herleef”.

Dít nadat Aldrin Sampear, ʼn aanbieder, in ʼn  SAUK-onderhoud met Nxesi ʼn voorbeeld van ʼn Indiër-man gebruik het wat aansoek doen vir werk by ʼn maatskappy wat reeds sy “teiken vir die indiensneming van Indiërs” bereik het. “Wat sou jou raad aan dié professionele persoon wees. Wat sou jy sê moet hy doen?” was die vraag aan die minister.

“Jy kan nie meer [mense] in diens neem as wat ons wil hê nie,” het Nxesi in reaksie hierop gesê.

Hierop vra die aanbieder dan wat gebeur in so ʼn geval met die werksoeker, waarop die minister antwoord: “Hy moet werk by ʼn ander maatskappy gaan soek.”

Steenhuisen sê die minister se antwoord bevestig dat die wetsontwerp gegrond is op raskwotas.

“Die ANC het dit nou geboekstaaf dat Indiër, bruin, wit en swart Suid-Afrikaners verbied gaan word om posisies te beklee by maatskappye waar die teiken vir hul rasgroep reeds bereik is.”

Die DA sê die wetgewing behels ook dat maatskappye wat meer werkers met die “verkeerde velkleur” in diens neem, swaar gestraf sal word, onder meer deur die opskorting van staatskontrakte of ʼn boete van soveel as 10% van hul jaarlikse omset.

Steenhuisen meen dat wetgewing veral verwoestend vir bruin en Indiër Suid-Afrikaners sal wees waar syfers op 0,0% vir hierdie groepe in verskeie sektore en provinsies vasgestel is.

“Nxesi se opmerkings weerspreek ook die ooreenkoms wat sy departement met Solidariteit bereik het, wat duidelik toon dat die ANC nooit enige voorneme gehad het om dit te eerbiedig nie,” sê Steenhuisen.

“Die Suid-Afrikaanse regspresedent maak dit duidelik dat raskwotas onwettig is, daarom sal die DA voortgaan met die hofsaak om dit ongrondwetlik te verklaar.

“Nxesi se uitlatings het alle twyfel uit die weg geruim dat die Wysigingswet op Gelyke Indiensneming geheel en al gegrond is op raskwotas wat die indiensneming van Suid-Afrikaners op grond van hul velkleur sal reguleer.

“Niks sal ons in hierdie stryd afskrik nie; die geskiedenis wys dat Suid-Afrikaners sal verenig om die ANC se herinstelling van apartheidswette te verslaan.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

48 Kommentare

Truman Burbank ·

Dan wat. Hulle het mos gese hul sal regeer tot Jesus terugkom? Onthou wie het hulle in bewind geplaas? Nie die kiesers nie.

Manie ·

Die regering kan gaan doppies blaas. Geen privaat onderneming kan gedwing word om hieraan te voldoen nie, mits jy natuurlik met die staat wil besigheid doen. Wie wil nou so onnosel wees?

Geert ·

Jy slaan die spyker netjies op sy kop. Vir wat voldoen baie privaat ondernemings hieraan.

Truman Burbank ·

Nie veel van n verskil tussen kommunisme en demokrasie nie

Henry ·

alles wat die anc doen is n mislukking.
nou mag ek nie n goed opgeleide persoon aanstel nie maar eerder n kader en my maatskappy gaan bankrot speel en 1000 mense sit sonder werk.
dit is wat hulle wil bereik
skande

Geert ·

Die regering betaal nie die salarisse van privaat mastskapye se werknemers nie., Hoe kan enige regering in die geval voorskryf wie jy moet aanstel. En buitendien werk die regering vir land nie vir die ANC nie dus behoort die staatsdiens ook nie enige kwotas te hê nie.

Cherokee ·

Steenhuisen, alhoewel jy reeds verkeie komplmente vanaf my ontvang het, vir werk wat julle as DA doen, kan jy dit nie wegredeneer dat die DA slegs ‘n nuwe naam is vir Frederik Van Zyl en Helen Suzman se PFParty wat jul bestaan daaraan toegewy het om ‘n swart regering te vestig in Suid Afrika. Nou wil julle en jul lede lang trane huil oor juis dit waarvoor jul party gestig is. Julle het ‘n uiters groot aandeel in dit wat ons nou moet beveg. Nog nêrens gesien dat julle dit erken.

Manie ·

Absoluut, hulle doen wel sekere goeie dinge, maar hulle liberale streke van ouds word verswyg.

Manie ·

Ek wonder of hulle nog die gespot oor die verskil tussen subsequent en consequent onthou?

Jacobus ·

Jy doen nou presies soos die ANC deur te bly vaskleef aan die verlede. Kan ons wit BOERENASIE nie n slag saamstaan deur die grootste opponent in die parlement wat die DA is ons stem te gee nie? Jy bly in KZN kom kyk n slag hoe goed word DA MUNISIPALITEITE regeer dan praat ons weer.

Cherokee ·

Nie werklik, soos jy sê, vasklou aan gister nie. Ek het voorheen reeds toegegee dat die hudige DA nie werklik so liberaal is soos die gewese PFP waaruit hul onstaan is. Miskien gaan hul oë oop, maar meer waarskynlik het ‘n realistiese John Steenhuisen heelwat by te dra daartoe.

Geert ·

Nee jy moet onthou dat Suid Afrika n proporsionele stem stelsel het. Om nie vir die DA te stem nie is nie noodwendig n stem vir die ANC nie. Mens moet vir die party stem wat die naaste is aan dit hoe jy die land bestuur wil hê. Ek hoop dat die ANC nooit weer n volstrekte meerderheid sal kry nie.

Gaitsigubib ·

We, wel Cherokee ek is bly jy laat hoor van jou, ek het jou wel laas geantwoord, maar ek het gewonder of dit regtig jy was. Jy het seker nie tyd gehad om my antwoord te lees nie. Die skerp sarkasme waarmee jy my gepeper het het my wel laat dink dit is jy en nou bevestig jy dit met hierdie skrywe.

Cherokee ·

Hallo Gaitsigubib, lekker om weer jou stem te hoor:- ) Ek was met ‘n maand vakansie tot eergister, maar het nie my leeswerk afgeskeep:-) Ons stry, lag en gesels saam, en bly ‘n gawe geselsgroep.

Johann ·

Dis verkiesings tyd mense. Die magsmal desperate bankkrot ANC sal ALS doen om aan bewind te bly.

isabelle ·

dis BELAGLIK!!! hoe word die dinge toegelaat? DA FOR THE WIN they stand for all

Cherokee ·

isabelle, dit is ‘n wesenlike feit dat die DA nie die ANC kan wen by’n verkiesingstafel nie. Dit sal ‘n koalisie parlement wees.

Wondermaarnet ·

Ek het hard gewerk om te kom waar ek is so gaan spring in die see ANC en versuip!

Reynier ·

Mense wat so sê ons moet DA stem. Dit is juis die DA se skuld dat on hier sit Helen Suzzman het baklei vir die ANC. Helen Zille het getoi tou vir die ANC. Stem vir enige party behalwe die DA en ANC want dit is dieselfde ding.

annie ·

Sal die DA ‘n klompie Afrikaners in topposte aanstel? Nee. Ons moet vir die DA stem en hoop John word die president of dalk Zille. Vergeet dit,

Frank ·

Ek raai jy gaan vir die EFF stem, dieselfde leef in verlede mentaliteit

Althes ·

Om met die Staat besigheid te doen is ñ papiernagmerrie en uiters omslagtig.
Nadat dit jou dae geneem het om jou kwotasie reg te kry, is dit nie eens ñ gegewe dat jy die tender of kleiner werkstuk gaan kry nie. So niemand gaan mis om besigheid met staat te lewer nie – net die tenderpreneurs wat heel moontlik weet wat die finale bedrag is.
Ek stem saam met DA dat die onding nie daar moet gelos word nie.
Ek verklaar ook hiermee dat alle onderduimse planne van die ANC tot niet sal gaan. Amen.

Truman Burbank ·

Nou is dit tyd om familie sake te ondersteun. Want dept arbeid loop gereeld van klein saak tot klein saak ek maak seker hulle UIF is reg en kyk dat alles “volgens wet” is

JohanR ·

Is dit al wat ‘n ANC minister kan se “gaan soek dan werk op ‘n ander plek!” Soe iemand wat hulle hele lewe in Mitchells Plein gebly het, en gewerk het moet nou sy huis verkoop, kinders uit die skool neem, vroulief vat, en werk in Limpopo gaan soek soday 600000 nog ANC kaders kan vreet!

Republikein in die Wes Kaap ·

Ag wat, môre kyk ons rugby, braai vleis, dra ons Bok truie, swaai die vlag, sing Nkosi, drink bier en ons is sommer net gelukkig.

annie ·

Eintlik is dit bloot maar net om die resep te volg van aanwas as manier om alles oor te vat. Mandela het toe hy president word, gratis hospitalisasie vir kraamgevalle onderstreep. Die ANC sal homself mettertyd uitboer uit spasie en werksgeleenthede.

Di ·

Die korrupte ANC is ‘n RASMALl spul wat ALLES en ALMAL beheer! Verrot tot op die been, kyk maar hoe alles verval het vandat hierdie EINSTE wette ingestel is. Mense word in poste ingedruk sonder die nodige kwalifikasies en het nie die vermoe om die werk waarvoor hy aangestel is, te doen nie, DAAROM stort alles in duie. Solank die kleur reg is, kry jy die werk, malligheid

Papsak ·

Die regering kan doen wat hulle wil dit nie hulle besluite nie of hoekom verdwyn hulle nie liewers nie hulle kan nie besluit vir wie of wat moet maatskappye aan stel nie

Nettie ·

Die regering skop wit mense uit orals waar hulle kan. Wit mense begin toe maar eie maatskappye.
Nou moet hierdieselfde wit mense nie meer in bestuursposte in hierdie maatskappye wees nie, want daar’s nou weer te veel wit mense in bestuursposisies.

Die regering kort logika. Groot hope logika.

Jannie van Niekerk ·

Indien ek ‘n besigheid gehad het sou dit my glad nie gepla het as ek nie besigheid by die Staat kry nie want hulle gaan jou BESLIS nie betaal nie. Indien hulle my beboet oor ek te veel wittes in diens het sou ek my besigheid sluit en dan sit die anderskleuriges in elk geva sonder werk

Hasie ·

Die ” minister” het ‘n probleem om kognitief die boonste helfte van sy anatomie te gebruik .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.