Rassie se Nic wen blaserprys

Die Australiese skeidsregter, Nic Berry. Foto: Andrew Samson/AFP.

Kan jy dit oorvertel?

Nic Berry, die skeidsregter vir wie Rassie Erasmus so gekritiseer het, het die Roger Vanderfield-toekenning ontvang. Dit is ’n eerbewys wat slegs Australië se beste skeidsregter beskore is.

Die 37-jarige Berry was onder meer aan die stuur van Superrugby-AU-wedstryde en internasionale toetse, terwyl hy ook sy teenwoordigheid tydens die Britse en Ierse Leeus na Suid-Afrika laat, uhm, geld het.

“Ek wil vir Nic gelukwens met hierdie wonderlike prestasie in ’n baie uitdagende jaar. Ek is trots daarop dat sy hoë standaard en professionele bydrae tot rugby raakgesien word,” het Andy Marinos, Rugby Australië se uitvoerende hoof, gesê.

“Om vir hierdie toekenning in aanmerking te kom moet ’n skeidsregter nie net ’n hoë standaard op die veld handhaaf nie, maar ook ’n rolmodel wees. Nic is ongetwyfeld die versinnebeelding van hierdie waardes.”

Op sy beurt het Berry gesê dat 2021 inderdaad vir hom ’n moeilike jaar was, terwyl hy ook sy familie en vriende vir hul ondersteuning bedank het.

Erasmus (SA Rugby se direkteur van rugby) is tydelik uit rugby verban nadat hy verlede jaar ’n video van langer as ’n uur oor Berry se kleitrappery in die eerste toets tussen die Springbokke en die Britse en Ierse Leeus in Kaapstad gemaak het. Hy het onder meer 26 skeidsregterfoute uitgewys, terwyl hy ook voorbeelde uitgelig het waar daar nie genoegsame respek aan die Bokke, en veral nie aan Siya Kolisi, betoon is nie.

Berry het aangevoer dat sy goeie naam onder die striemende aanval skade gely het.

Volgens die skeidsregter, wat in sy speeldae vir die Queensland Reds en die London Wasps uitgedraf het, het sy gesin ook deurgeloop.

“Ons het net slegte herinneringe van die hele ervaring. Ek het jare lank probeer om my naam as internasionale skeidsregter op te bou en die aanlyn video het binne ’n oogwink onmeetbare skade aangerig.

“Ek voel my naam as skeidsregter en persoon is vir ewig aangetas, ongeag die uitslag van enige moontlike optrede,” het hy destyds gesê.

Erasmus het later om verskoning gevra.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

George ·

Baie geluk! Rassie gaan nou weer sy toys gooi en in sy Bok jersey sit en suip

krodedil ·

As Direkteur van Rugby moes Rassie ook ‘n aandeel gehad het om Kolisi as SA Rugby Speler van die Jaar te kies. Hy moet nie nou te veel huil oor swak besluite nie.

krodedil ·

Wat gaan aan in die rugby wereld?????
Nic Barry en Kolisi kry toekennings maar nie een verdien dit nie. Daar is baie beter keuses wat oorgesien is.

Nie Verbaas ·

Hier weet ons dinge gebeur omdat dit polities korrek moet wees.

krodedil ·

Polities korrek word te maklik gebruik vir swak besluite en die slegste van alles die rugby ondersteuners aanvaar dit.

Anoniem ·

Letterlik ‘n geval van in die land van die blindes, is eenoog koning.

Corne123 ·

Wat het van goeie ou rugby geword? Als is so vol politic esv ek kyk dit nie eers meer nie bring ou rugby terug wat dit nog n harde spel was nie die klomp sissie goed van vandag nie

Herman L ·

Dit maak ‘n klug van rugby se administrateurs, veral daar onder. Rassie se video kan tog nie lieg nie! As ‘n skeidsregter nie onpartydig is nie, word hy vereer. Dit gee ‘n nuwe betekenis aan die woord onaantasbaar!

Henri ·

Dit laat mens wonder wat die wêreld van Suid Afrika in die rugbywêreld dink. In 2011 het ene Bryce Lawrence die Suid Afrikaanse rugby fanatici rasend gehad met sy absurde hantering van die wêreldbeker kwarteind teen Australië. En hy was ook inderdaad deur Nieu Seeland se rugbyraad daardie jaar vereer as hulle skeidsregter van 2011. Dit laat mens dink.

Nie Verbaas ·

Wat n klug. Rassie was reg en ander het saamgestem. Australie gebruik seker ANC standaard.

Nie Verbaas ·

As dit Australië se beste is is hulle standaard baie laag.

JohanR ·

Rerig? Is die nou asprys gedoen om aan Suid Afrika en Rassie Erasmus die middel vinger te ge?

Nick ·

Shame. Is dit hulle beste? Amper net so treurig soos hul span. Mediocrity rules baby. Seker by ons gavamint geleer.

Karpraat ·

As hy hulle beste is, o wee dan is gaan dit pateties daar Downunder!

Treurwilger ·

Tog nie uitermate vreemd dat Australië sy toppresteerder vir 2021 met ‘n Australiese toekenning beloon, ongeag een swak wedstryd waarmee Rassie en Suid-Afrika ontevrede was nie.
Die “Rassie-video” se kil ontvangs by Wêreld Rugby moet klaarblyklik nog insink by kortsigtiges.
Soortgelyke videos na elke wedstryd deur verloorspanne sal professionele skeidsregters ‘n uitgestorwe spesie maak.

johan ·

Feit is dat hy ‘n goeie skeidsregter is. Rassie soek altyd verskoning as enige van sy spanne verloor. Dan blameer hy altyd die skeidsregters. Dit raak afgesaag.

krodedil ·

Rassie sal GEEN komitaar lewer nie. Hy het sy klein sagte vinnertjies lekker verbrand met sy laaste tantrum wat hy gegooi het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.