Rasteikens ‘onsinnig’ en ‘absurd’

rassisme mnn_com

(Grafika: Mnn.com)

Die arbeidsminister het pas die landwye rasteikens vir 18 sektore vir openbare kommentaar bekend gemaak.

“Dit is ʼn nuwe raslaagtepunt en Suid-Afrika is nou sonder twyfel die mees rasgereguleerde land in die wêreld. Die minister het in die 60 bladsy-dokument Suid-Afrika in detail volgens ras gereguleer,” sê dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit.

Die teikens is bekend gemaak ingevolge artikel 15A van die nuwe wet op diensbillikheid en is Vrydag in die Staatskoerant gepubliseer.

John Steenhuisen, leier van die DA, meen ook die teikens is ʼn naakte poging om staatsbeheer oor die ekonomie uit te brei, maatskaplike verdeling te verdiep en sekere gemeenskappe van werk in bepaalde sektore en dele van die land te verbied.

Teikens vir sektor, vlak

Die sektorale teikens sal ná aanvaarding daarvan geld en moet boonop binne vyf jaar behaal word.

Dit word volgens ras en geslag gestel vir die vier boonste posvlakke (topbestuur, senior bestuur, professioneel gekwalifiseerd en geskoolde arbeid) asook vir werkers met gestremdhede.

Ingevolge die teikens moet verskillende bevolkingsgroepe (swart, wit, bruin en Indiër) en geslagte waar toepaslik die provinsiale of nasionale ekonomies aktiewe bevolking (diegene wat werk en/of werk soek) weerspieël.

Posted by Dirk Hermann on Tuesday, May 16, 2023

 

Aangewese ondernemings, dié met meer as 50 werknemers, wat nasionaal sake doen, moet aan die nasionale teikens voldoen en ondernemings wie se sake tot ʼn bepaalde provinsie beperk is, moet aan daardie provinsiale teikens voldoen.

Die sektore waarvoor teikens bekendgemaak is:

  1. Landbou, bosbou en visserye
  2. Mynbou en klipgroefwerk
  3. Vervaardiging
  4. Konstruksie
  5. Finansiële en versekeringsektor
  6. Vervoer en berging
  7. Inligting en kommunikasie
  8. Watervoorsiening, elektrisiteit, afvalbeheer en remediëringsaktiwiteite
  9. Elektrisiteit‑, gas-, stoom- en lugversorgingsvoorsiening
  10. Menslike gesondheid en maatskaplike werk
  11. Kunste, vermaak en ontspanning
  12. Eiendomsagentskap
  13. Professionele, wetenskap- en tegniese bedrywighede
  14. Groot- en kleinhandel, motor- en motorfietswerktuigkunde
  15. Verblyf en voedselvoorsieningsdienste
  16. Openbare administrasie en verdediging, verpligte maatskaplike hulp
  17. Onderwys
  18. Administratiewe en steundiensaktiwiteite

DA-leier John Steenhuisen (Foto: @ParliamentofRSA/Twitter)

Onsinnig en onsamehangend

Die DA het die onsinnigheid en gedetailleerdheid van die teikens kasty.

“In sektore soos landbou, bosbou en visserye, mynbou en klipgroefwerk, vervaardiging, finansies, kuns en wetenskap staan die ‘teikens’ wat vir bruin werknemers in provinsies soos Limpopo, Mpumalanga en Noordwes gestel is, op 0,0% – wat hierdie groepe in wese van werk verbied.

“Selfs in Gauteng, die land se ekonomiese hartland, word indiensneming deur mense wat deur die staat as bruin geklassifiseer, word soms tot onder 1% beperk. In die geval van werknemers wat deur die staat as Indiër geklassifiseer is, is die teikens dikwels so laag as 0,1% oor ekonomiese sektore heen.”

Hermann beaam dié absurditeit: “Bruin en Indiër werknemers is ook in die Wes-Kaap en KwaZulu-Natal oorverteenwoordig en sal agter werk aan moet trek.”

Ook maak die “wiskunde” van die regulasies min sin. Die onderskeie rasgroepe wat op ʼn bepaalde posvlak in ʼn bedryf saamgetel word, maak saam nie 100% op nie – en die vraag is dan wat presies met die “res” van die sektor gebeur en wie presies daar aangestel mag word.

ʼn Landboumaatskappy wat nasionaal funksioneer se topbestuur moet byvoorbeeld soos volg lyk:

30,4% swart + 3,5% bruin + 1,0% Indiër + 8,0% wit.

Hierdie is egter net gelyk aan 42,9% en 57,1% van die posvlak in dié bedryf en word ingevolge die regulasies dan net nie gereguleer nie.

Dit is dieselfde in haas elke bedryf, in elke provinsie en op elke posvlak. Dit is oënskynlik ook nie afrondingsfoute nie, maar moontlik logikafoute wat dui op die onsamehangendheid waarmee die tabelle opgestel is.

Veel belangriker as hierdie twyfelagtige wiskunde is egter die verwerplikheid van die beginsel, sê kenners.

Sosiale manipulering

Hermann meen die regulasies is ʼn ambisieuse plan van sosiale manipulering; ʼn soort sentrale rasbeplanning wat volgens hom in alle opsigte verkeerd is.

“Sentrale beplanning van bevolkings het histories tragiese gevolge gehad.”

Steenhuisen meen ook die perversie wat die teikens skep, vorm ʼn duidelike en dringende bedreiging vir die maatskaplike struktuur van Suid-Afrika.

“Die DA hou vol dat dié teikens die gevaarlikste stuk rasse-ingenieurswese is wat ons land sedert 1994 gesien het. Dit sal sosiale mobiliteit stuit en verdeeldheid verhoog. Ver van die bevordering van gelykheid, sal die teikens eerder verdeeldheid verdiep en ons land verder fragmenteer in groepe van binnestanders en buitestanders.”

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit (Foto: Solidariteit)

Solidariteit meen die teikens en die wetgewing wat dit bekragtig is ongrondwetlik en die organisasie het reeds ʼn regsproses van stapel gestuur om dit ter syde te laat stel.

“Ons verwag dat die stryd tot in die Konstitusionele Hof gevoer gaan word. Solidariteit gaan ook in Desember vanjaar voor die Verenigde Nasies verskyn oor Suid-Afrika se oortreding van konvensies oor rassediskriminasie.”

Volgens Hermann word werkgewers uiteindelik die swaarste getref.

“Hulle gaan nie meer mense kan aanstel op grond van wat hulle kan doen nie, maar hoe hulle lyk. Die regulasies maak inbreuk op die vryheid om te kan werk en sake te doen.”

Die teikens oorvereenvoudig ook ʼn komplekse arbeidsmark.

Indiensneming veel komplekser

Die Solidariteit Navorsingsinstituut het in 2020 navorsing gepubliseer wat juis die kompleksiteit van indiensnemingsamestelling uitwys; om lukrake rasteikens toe te pas, druis hiervolgens in teen ʼn meer natuurlike samestelling van die arbeidsmark.

In dié navorsing is verwys na die 2019-jaarverslag oor diensbillikheid waarin die destydse arbeidsminister gekla het oor die feit dat top‑ en senior bestuur steeds onderskeidelik 66% en 54% wit is – dus ondergetransformeer.

Een van die probleme hiermee is volgens dié navorsing die simplistiese benadering tot indiensnemingsamestelling wat die regering in die ontleding van transformasieteikens handhaaf.

“Die Springbok-rugbyspan kan slegs uit professionele rugbyspelers bestaan. Só ook het diegene wat aangestel word as top‑ en senior bestuur ʼn sekere mate van opleiding en ervaring nodig om vir die werk te kwalifiseer.”

Top‑ en senior bestuur is dus geneig om ouer werkers te wees met minstens ʼn tersiêre vlak van opleiding. Sowat 57% van mense tussen 50‑ en 75‑jarige ouderdom wat oor ʼn tersiêre kwalifikasie beskik, is wit.

Dit word bestempel as ʼn weerspieëling van die beskikbare poel waaruit top‑ en senior bestuur realisties aangestel kan word.

“Die probleem is dus nie die arbeidsmark wat nie ‘wil’ transformeer nie, maar veel eerder die regering wat volstrek weier om Suid-Afrikaanse burgers voldoende op te lei. Die ANC se antwoord hierop is nie om hand in eie boesem te steek nie, maar eerder die hele arbeidsmark harder te reguleer gegrond op die demografiese samestelling van minder as 3% daarvan.”

Hermann het ʼn beroep op die private sektor gedoem om regulasies teen te staan.

“Enige ingryping in die mark het verlies van werk tot gevolg. As die regulasies toegepas word, gaan eienaars van kleiner ondernemings nie meer self hulle ondernemings kan bestuur nie.”

Lees die volledige regulasies hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Douglas ·

This proposed law is blatant racism. It will enviably render the private sector as hopelessly inefficient and corrupt as the public sector.

Hendrik ·

Besigheid Suid-Afrika sal alles aanvaar want die CEO’s en MD’s se pakket gaan beinvloed word.

Hendrik ·

Besigheid SA se eie skuld want hulle het nooit kapsie gemaak teen AA, BEE, Kwotas en ons is deur ons eie mense uitgeskop om plek te maak. Nou wil die besigheidssektor huil en ek het nie baie simpatie nie.

Amelia ·

Mense se besighede sal vou Elke mens wat n besigheid het moet self besluit wie hy wil aanstel en hoeveel meer korupsie en diefstal ens sal daar wees Ek dink die wittes sal maar eerder besighede sluit al is dit hoe swaar as wat als deur ander weggedra word en dalk vir n mop R239000 betaal as ek n beisgheid sou he sal ek maar erder deur sluit

Sobymykoolkop ·

Maak my kop deurmekaar. Die
” minderheid” is seker in totaal nie 7 miljoen nie. Jy MOET wette maak om die oorblywende 53 miljoen te vevoordeel omdat die meeste nie op gelyke voet kan meeding nie.

Hendrik ·

Hoe maak jy sulke wette met die ANC en EFF wat die meerderheid is in die parlement.

George ·

julle vergeet hoe ver terug het apartheid mense geplaas. Ja ja 28jaar verby is niks teenoor wat teen ons gedoen is nie. Regverdig nie die wette nie. Maar julle het geen idee hoe ver terug dit ons geplaas het nie.

Pietertjie ·

Ek merk dat hierdie ras-tendens regoor die Westerse wêreld kop uitsteek. Dit lyk of die doel daarvan is om blankes uit te wis, onder die dekmantel van sogenaamde benadeeldes se opheffing. In baie gevalle is dit Blankes self wat agter die skerms bedrywig is: VSA is ‘n goeie voorbeeld.

Nettie ·

“The great replacement”. Die wat nog nie besef wat aan die gang is nie, is wragtig vas aan die slaap. En Pietertjie… daar’s ‘n groep wat wit LYK, maar hulself NIE as wit klassifiseer nie. Hul noem hulself om die waarheid te sê, volgens hul geloof. Dis maar gewoonlik hulle wat hierdie dryf.

TruthDealer ·

Uiteindelik! Iemand wat ook besef. Maar hierdie is iets waaroor mens nie eintlik kan praat nie.

Jacobus ·

Hierdie is omgekeerde rassisme. Dit is hoekom ek voorstel vir sanksies al gaan die minderheid ook swaarkry. Daar is al groot wit plakkerskampe rondom Pretoria, so sanksies sal die elite meer raak as die buiteland sommer hulle bankrekeninge ook vries.

Lourens ·

Dis bloot rassisme. Deur te sê dis”omgekeerde” rassisme, impliseer jy dat slegs sekere groepe rassisties kan wees, of alternatief dat slegs sekeres deur rassisme bevoordeel of benadeel kan word.
Dis dalk omgekeerde APARTHEID.

Martie Smartie ·

Lekke my lalie, so die ANC manipuleer nou die privaat sektor – niks anders as nasionalisering en sosialisme nie

Republikein in die Wes Kaap ·

Die ekonomie gaan vou, Dirk Hermann. Begin werk aan alternatiewe opsies. Julle mors julle tyd met met regsaksies en beroepe op wie ook al.

Wakkerslaper ·

Ek stem nogal saam. Dit is lankal tyd dat ons ophou om met hierdie klomp terroriste en kommuniste te probeer praat. Kyk wat het “onderhandelinge” met die einste klomp gemors ons gebring. Begin eerder daadwerklik daaraan werk om ons volk te verenig en aktief aan selfbeskerming en ekonomiese en staatkundige onafhanklikheid te werk.

Republikein in die Wes Kaap ·

Dis nou die regte tyd. ‘n Perfekte storm dreig.

ES ·

Ongelukkig is hul enigste opsies nou regsaksie – want enige alternatief waaraan hulle aan kan dink is waarskynlik onderhewig aan statutere regulasie.

Aai ·

Die ANC druk hulle kaders orals in want hulle weet hulle tyd raak min en as hy in is kan jy nie ontslae raak van hom.

Wakkerslaper ·

Waarom bly die privaatsektor hierdie twak aanvaar? Weier net eenvoudig om langer aan SEB te voldoen. Wat gaan die regime maak, die hele privaatsektor sluit? Hulle is heeltemal te lief vir geld om dit te doen.

Nettie ·

Hulle publiseer iets in die staatskoerant wat wiskundige foute bevat?

Ek het nie woorde nie. Of eerder, dit wat ek het, sal nie toegelaat word in die kommentare nie.

Christo ·

Kyk hoeveel besighede se deure gaan nou sluit en hoeveel mense gaan sonder werk sit. Alles te danke aan hierdie tonnelvisie wat die ANC het, want alles moet mos rassegedrewe wees in SA

Republikein in die Wes Kaap ·

Baie kleiner firmas sal groei tot 49 werkers en dan verdere uitbreidings staak.

Christo ·

Nes jy daar sê. En die wat tans meer as 50 is, sal afskaal na 49 en dit daar hou. Knapgedaan ANC !

Anel ·

Dit is gewoon komunisme. Hoe kan die staat vir die privaat sektor voorsê? Besef die spul nie dat dit agv die privaatsrktor is dat die land nog op ‘n manier funksioneer nie? Verder, die privaatsektor is die grootste belasting bydraer. So, raak ontslae van die privaatsrktor en hul swierig leefwyse kom tot ‘n einde. Stop dit in julle pyp en rook dit!!!

Jaco ·

Ek kan verstaan dat wit mense aan die kortste end trek met dié kwotas. Seker maar deel van die ewige “straf” vir apartheid. Maar wat ek nie verstaan nie is die kwotas vir kleurlinge en Indiërs. Hulle was dan ook slagoffers van apartheid. In die jare van die struggle teen apartheid het hulle hulle daarop geroem dat hulle ook “swart” was en hulle het name soos, kleurling, Indiër en Asiaat afgemaak as “die rassistiese wit regering se poging om ons te verdeel”. So hoe dan nou? Hoe diskrimineer die ANC dan nou teen party nie-wit slagoffers van apartheid? Iets maak nie sin nie.

SjN ·

Die staatsorganisaies en selfs die regering samestelling weerspieel nie hul prentjie nie, hoe dan nou?

George ·

Dis vir my te goed dat die beleid eers kom NA die harde werk van maatskappy opbou en aan die gang kry, hulle stel nie belang aan die moeilie deel nie, wil inkom NA dit reeds gedoen is. Belaglike wet, en dat ons as gekleurdes en indiers steeds laer as pre-94 gesien word.

CHRISTINE ·

Dis skokkend dat die anc met alles wegkom. Dis asof daar geen ander se is nie.

Johan ·

Gelukkig is hul totaal onbevoeg, bring maar jul regulasies ek sal dit ignoreer.

ES ·

Al wat besighede nou moet doen is om 49 werknemers per maatskappy aan te stel. As jy meer werknemers nodig het, skep ‘n aparte maatskappy. Maar ek wil weet op wat baseer hulle hul syfers? Wanneer het hulle sensus gedoen om te weet hoeveel mense per kapita werk in daardie provinsie ens.

RudWolf ·

Die regering se wiskunde spreek van die 30% slaag punt wat hulle vir leerlinge op skool stel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.