Regering maak ‘bespotting’ van openbaredeelnameproses

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Die tydperk wat gegee word vir kommentaar op nuutgepubliseerde Covid-19-rampregulasies, maak ʼn bespotting van die openbaredeelnameproses en skep die idee dat die regulasies reeds in werking getree het, met of sonder die publiek se kommentaar.

Só sê verskeie organisasies en politieke partye nadat Nkosazana Dlamini-Zuma Dinsdag aangekondig het dat die ramptoestand moontlik so gou as 5 April opgeskort sal word.

Die publiek het net 48 uur om kommentaar te lewer op die nuutste regulasies, wat Dinsdag in die Staatskoerant gepubliseer is, voordat dit ’n maand ná die ophef van die nasionale ramptoestand in werking sal tree. Dié 30 dae kan as ’n sogenaamde oorgangstydperk beskou word waartydens die publiek se kommentaar oorweeg sal word.

Die voorgestelde regulasies behels dat die dra van maskers binnenshuis verpligtend sal bly terwyl daar ’n permanente beperking sal wees op die aantal mense wat geleenthede mag bywoon.

Die voorgestelde wysigings aan die regulasies sal die staat ook in staat stel om mense in kwarantynkampe in te dwing en mediese behandeling op hulle af te dwing.

Hoewel dié regulasies soortgelyk is aan dié wat vroeër die maand deur die departement van gesondheid gepubliseer is, en waarvoor die publiek tot 15 April het om op te reageer, moet dit nie met mekaar verwar word nie.

Oor die nuutste regulasies sê Michal Groenewald, VF Plus-LP en hoofwoordvoerder van samewerkende regering en tradisionele sake, “Dlamini Zuma gee die publiek slegs dae om insette te lewer oor só ʼn belangrike saak wat reeds soveel ontwrigting veroorsaak het. Dit is belaglik en klink inderdaad na ’n Aprilgek-grap.”

Anton van der Bijl, hoof van regsake by Solidariteit, sê ook hy weet nie of dit veel impak gaan hê as lede van die publiek net twee dae het om hierop kommentaar te lewer nie.

Die manier waarop die regulasies verwoord is, laat dit boonop voorkom of die regulasies reeds in werking gestel is.

“Die wysiging van die regulasies sal in werking tree met publikasie in die Staatskoerant”, lui die bewoording. Dít net nadat die voorgestelde regulasies reeds enkele paragrawe boontoe gepubliseer is.

Indien minister Nkosazana Dlamini-Zuma nié haar woord gestand doen en teen volgende week die nasionale ramptoestand ophef nie, sal Solidariteit die hof vra om dit namens haar te doen.

Die vakbond se hofsaak rakende die ramptoestand sal Dinsdag (5 April) in die Pretoriase hooggeregshof voortgaan sou die ramptoestand nie voor dán opgehef word nie.

Hy sê die vakbond voorsien boonop dat die gesondheidsregulasies “uiters irrasioneel” gaan wees wanneer die ramptoestand eindelik opgehef word en dié regulasies eindelik in werking tree.

Vrae oor maandlange ‘oorgangstydperk’

Minister Nkosazana Dlamini-Zuma. (Foto: Jairus Mmutle/GCIS)

AfriForum het Woensdag in ’n verklaring gesê hy sal ook ongetwyfeld voortgaan met sy hofsaak indien die regering nie die ramptoestand ophef voordat sy saak volgende maand in die hof aangehoor word nie.

Dié organisasie is nie beïndruk met die huidige ramptoestandregulasies wat steeds vir 30 dae sal geld nadat die ramptoestand opgehef word nie.

“Al is daar geen ramptoestand nie, sal die regering steeds alle onnodige regulasies kan afdwing totdat hy die huidige wet aangepas het om die regulasies in permanente wetgewing te vervat.”

Die burgerregteorganisasie beplan om die voorgestelde wysiging aan die gesondheidswet sowel as aan die Covid-19-rampregulasies, teen te staan.

“Dit is net nog ’n poging deur die regering om die mag, wat deur die instel van drakoniese regulasies die afgelope twee jaar verkry is, te behou.

AfriForum gaan kommentaar indien om dié beplande wysigings teen te staan. Die organisasie het ook reeds sy regspan opdrag gegee om die nodige regsaksie te neem indien die regering besluit om die wysigings te implementeer.

“Die ANC is magsmal en doen sy uiterste bes om allerhande slinkse maniere uit te dink om aan sy onbeperkte magte te klou,” sê Jacques Broodryk, AfriForum se veldtogtebestuurder.

“Solank as wat hierdie regulasies in plek is, kan die president en ’n klein groepie ministers die parlement omseil en regulasies uitdink soos hul lus kry. Vir alle praktiese doeleindes, is Suid-Afrika al vir twee jaar nie meer ’n demokrasie nie en daarom sal ons aanhou baklei vir burgers se regte.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Pietertjie ·

En as Covid heeltemal van die aardbol af verdwyn het, moet ons dan nog steeds maskers dra en ingespuit word? En half-vol pawiljoene hê? Vir ewig? Geen “sunset clause”, soos met regstellende aksies en trawante.

Nommer 7 ·

Met die gewone verkoue virus wat al die afgelope 500 jaar op die “aardbol” is, is die kanse goed dat covid nie gou gaan verdwyn nie. Heel moontlik nie binne die volgende dekades nie.

Manie ·

Dis tyd dat ons ons agterente aan die regering afvee met wetgewing en regulasies en al. Die regering sal ons nooit ons volle vryheid weer teruggee nie, ons sal dit self moet terugneem, wat dit ookal verg.

Nommer 7 ·

Gee plek en datum waar ons moet vergader en ‘n plan van aksie bespreek.

hendrie ·

Innie kol in! Daar’s geen ander uitweg as die afvee enekie nie.

Trotse Boervrou ·

Elke mens op aarde dra die gevolge van sy besluite. Julle is niks anders nie. Die land is keelvol….

Renier johannes ·

Almal moet hulle teen staan hulle kan nie almal toe sluit nie genoeg is genoeg dis n klomp st…t

Anel ·

Ons moes 2 jaar terug al begin opstaan het teen die lot. Enigste land wat nog so aan gaan. Van ‘n demokrasie tot volslae komunisme in 2 jaar sonder dat ‘n druppel bloed van teenkanting gevloei het. Dit wasrvoor baie van ons se broers, pa’ s, oupas gesterf het. Alles onnodig!!! So Afriforum, gee hulle gas, asseblief. Laat die burgers van hierdie land hulle land terug vat van die ANC komuniste!!!

Sarie ·

Dink jy die wat buiteland toe gevlug het is beter af? NZ het nou mos covid kampe. China ook. Aus word met ysterhand beheer. Verskillende lande. Selfde ——

Sarie ·

Dit gebeur in menige ander lande. Eintlik alal. Want die leiers wat die probleem ontken, word vervang

Christine ·

Kommunisme is oral besig om sagkens in te sluip, in Kanada ook. Mense moet hul oë begin oopmaak en sien vir wat dit is : ‘n klug wat gebruik word om die wêreld na sosialisme en kommunisme te lei. Dis die manier om ons vryhede in te kort en covid is ‘n manier om ons gehoorsaamheid te toets. Mense, staan op teen hierdie drakoniese reëls anders gaan ons spyt wees.

Henri ·

“AfriForum het Woensdag in ’n verklaring gesê hy sal ook ongetwyfeld voortgaan met sy hofsaak indien die regering nie die ramptoestand ophef voordat sy saak in die hof aangehoor word nie. Die saak is op die rol vir 20 Maart.” Seker 20 April?

Die hele blêddie regering is ‘n helse ramp.

Strandloper ·

Sjoe…skrik ek nou vir daaaaai foto….genoeg om enige mens die hories te gee

Sarie ·

Ek sien sodra mens die poging van 2003 noem, en die toilet papier toets, dan word kommentare verwyder?

john ·

Nothing is so permanent as a temporary government program.

Milton Friedman

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.