Regering moet ingryp in sitrusbedryf

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: verskaf)

Die DA het ’n beroep op pres. Cyril Ramaphosa gedoen om dringend in te gryp om die dreigende krisis wat Suid-Afrikaanse sitrusuitvoerders en sitrusboere in die gesig staar af te wend.

Maroela Media het vroeër berig deurlopende pogings van die Europese Unie (EU) om struikelblokke in die weg van die Suid-Afrikaanse sitrusbedryf te plaas, word op die spits gedryf deur ʼn splinternuwe wet wat die EU wil afdwing.

Daar word tans swaarde gekruis oor ʼn reuseverskeping van duisende ton lemoene met ʼn waarde van meer as R600 miljoen, wat reeds op die water is op pad na Europa.

Die Suid-Afrikaanse Sitruskwekersvereniging (CGA) het vroeër gesê die wet behels dat nuwe kouebehandelingsregulasies afgedwing word, wat eerstens onwetenskaplik is en tweedens skade aan die lemoene sal aanrig. Dit is glo om besmetting van vals kodlingmot te beperk.

Volgens die DA sal dié wet tot ’n verlies van miljoene rande aan inkomste en duisende werksverliese lei.

“Gegewe die land se minimale voorvalle van vals kodlingmotbesmetting die afgelope drie jaar moet pres. Ramaphosa aanvoer dat Suid-Afrika vrygestel word van die regulasies aangesien lande met baie meer aangetekende voorvalle van besmetting nie daaraan hoef te voldoen nie,” het Noko Masipa, die DA se lid van die portefeulje komitee oor landbou en hervorming, gesê.

“Die regulasies neem nie die skade in ag wat die uiterste verkoeling op die vrugte sal hê nie, ook nie die doeltreffende verkoelingsprotokolle wat Suid-Afrika reeds instel om besmetting te beperk nie.”

Indien die EU weier om die aanpassings te maak, moet Ramaphosa pleit vir meer tyd om aan die nuwe regulasies te voldoen, meen die party.

Die wet, wat Donderdag van krag geword het, is eers op 21 Junie gepubliseer – dit beteken dat die bedryf die onmoontlike taak gehad het om binne 23 dae aan die nuwe wet te voldoen en boonop is duisende ton vrugte reeds verskeep.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

H.A. ·

Probeer na Rusland toe uitvoer, want almal wil ons nou skielik boikot. Die anc het ook mos besluit wie se kant hulle kies.

Marshall ·

The World Economic Forum is purposefully disrupting world economies and supply chains. Their aim is to rebuild the disrupted economies on the model of centralised control. The Covid epidemic was put to good use in decimating small to medium independent businesses. It is highly likely that this is but another of their Machiavellian plots.
The Dutch Prime Minister Mark Rutte was recently praised by Dr Klaus Schwab (self-appointed head of the WEF) as his “favourite” prime minister. Note how he is attempting to destroy the agricultural economy of the Netherlands.

Boatsie ·

En so word ons meer en meer deur die wereld eenkant toe gestoot..
Maar as jy in die bed wil klim met vyande vd Westerse wêreld, jou land se ekonomie verval al hoe meer en wil dan vir eerste wêrelde lande kom voorskryf wat om te doen, het jy die verkeerde afdraaipad gevat

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.