Regstappe oor Kubaanse ingenieurs gaan voort

Lindiwe Sisulu, minister van menslike nedersettings, water en sanitasie. (Foto: GCIS)

Solidariteit het ʼn “robuuste” gesprek met die minister van menslike nedersetting, water en sanitasie gehad oor die sogenaamde invoer van Kubaanse ingenieurs om Suid-Afrika met sy waterprobleme te help, maar die regsproses om die besluit te betwis gaan voort.

Die organisasie het Maandag met min. Lindiwe Sisulu oor die omstrede besluit vergader.

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, sê hoewel die regstappe nie opgeskort is nie, die minister se span teen Woensdag om 16:30 ʼn voorstel sal maak om die dispuut te probeer ontlont.

“Die voorstel sal fokus op ʼn ooreenkoms om die private sektor by infrastruktuurprojekte te betrek,” sê Hermann.

Solidariteit hou voet by stuk daar is geen regverdiging om Kubaanse kundiges in te voer terwyl Suid-Afrikaners beskikbaar is om die werk te doen nie.

“Die kern van die probleem is ʼn algehele gebrek aan respek vir vaardighede en die private sektor in Suid-Afrika,” sê Hermann.

Sisulu het vroeër uitgevaar teen kritiek oor die besluit om Kubaanse ingenieurs te gebruik om Suid-Afrika met sy waterkrisis te help. Sy het toe gesê die Kubane is nie hier vir indiensneming nie, maar om munisipale amptenare te mentor sodat werk geskep kan word.

Die koste van die 24 Kubaanse ingenieurs beloop sowat R65 miljoen – en dít terwyl Kuba self probleme met sy waterinfrastruktuur ondervind.

Hermann sê Solidariteit voer aan daar is geen rasionele rede om die Kubane ten duurste die land in te bring nie en dat só ʼn besluit boonop nie ʼn rasionaliteitstoets in ʼn hof sal slaag nie.

Solidariteit voer voorts aan dat die Kubane nie voldoen aan die nodige plaaslike vereistes vir registrasie en lisensiëring nie.

“Hulle kan dus geen professionele werk doen of afteken nie. Volgens Solidariteit gaan hulle dus óf onwettig werk, óf baie beperk wees met wat hulle kan doen. Dit maak die invoer van die Kubane nog minder rasioneel,” sê Hermann.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Koos ·

Miskien kan die Kubane by Hartbeespoortdam kom help.Duidelik is daar niemand in die land wat iets weet vd toestande van die damme nie.Die minister het ook seker nog nie damme se toestand in lewende lywe gesien nie wat nog van riool wat in strate af loop.

Hendrik ·

Interesante aspek is dat goggas nou gebruik word om die hiasinte te beveg. Tans word daaar gewag dat die goggas hul werk doen om hiasinte dood te maak en terwyl die hiasinte nog die water suiwer. Partykeer weet ons seker nie alles wat daar gebeur nie.

Nie Verbaas ·

Laat sy vir haar kry. Dink mos hulle kan doen net wat hulle wil.

Jakes ·

Maar net nog n minister wat onbevoeg is vir die pos wat sy beklee.

absoluutgatvol ·

Dankie Solidariteit – eenmaal ‘n regering wat ons het wat eerder geld uitvoer as om sy eie mense werk te gee.

Althes ·

Dankie Solidariteit. Gee hul gas. Ons is keelvol dat daar teen ons gediskrimineer word, rassisties teen ons opgetree word en ons moet net die pak vat.
ANC gee nie om vir welstand van hul burgers nie. Wat die ANC nie besef nie, dat almal in SA met mekaar in vrede en gelykheid wil leef.
Dis net politieke partye wat tweedrag en spanning veroorsaak.

ES ·

Ja nee dit maak mos nou nie sin nie. Hoekom wil hulle so graag hand om die blaas met die Kubane en die Sjinese wees?

Ek is seker sy gaan R 60 miljoen van daai geld in haar sak stop, en die res aan die Kubane “betaal”.

Jack ·

Die ANC is diep in die skuld by Kuba vir die steun wat hulle tydens die “struggle” teen blanke regering van die Kubane en ou Sowjet Unie ontvang het. Die ANC sal dit nooit afbetaal kry nie, twyfel selfs of hulle dit wil doen. Hulle wil waarskynlik ‘n agterdeurtjie oop hou in geval hulle weer buitelandse hulp sou nodig kry om binnelandse opstand te onderdruk.

Dup ·

Die infrastruktuurprobleme in SA het ontstaan omdat kundige en bekwame mense moes plekmaak vir onkundige en onbekwame mense.Kubaanse tegnici gaan nie help nie want die skade is reeds te groot.Ek sien geen lig aan die einde van die tonnel nie want die tonnel het reeds in duie gestort.

Tubac ·

Partykeer is dit nodig om n robuuste gesprek met hulle te voer. Die enigste voorstel wat aanvaarbaar sal wees van hulle kant af, is om die Kubane te pos en ons kundiges te gebruik. Klink vir my ons rol in die geld wat vermors kan word. Enigste manier wat hulle nou afskrik is hofgedinge, want dit maak hulle beeld nog swakker.

Objektief ·

Gee my die posbeskrywing en ek sal genoeg PrIng siviel en chemies kry. Ek sien gereeld hoe gegradueerde ingenieirs aansoek doen vir leerling poste

Mariana ·

Net een oplossing, stuur Kubane huistoe en gee sie werk vir die SA ingenieurs wat sonder werk sit. Gebruik ons eie mense wat opgelei is.

Rudolph ·

Dankie Solidariteit. Die ANC moet weet hulle kan en sal teenstand kry wanneer hulle sulke onbesonne dinge aanvang

Genis ·

ANC PAYBACK = CUBAN EMPLOYMENT dit gaan nie oor vaardighede nie…

Esme ·

Dink die land skuld nog Kuba wat magte gestuur het tydens die Grens Oorlog – nou moet die land terug betaal en hoe gemaak om daai skuld af te los? Dirk Herman, ons het nie nog kostes nodig nie. Probeer asseblief om, ons mense werk te gee.
Verneem vanoggend dat Eskom R69-00 vir ‘n rolletjie toiletpapier betaal het.
Hoeveel gaan ons vir die ingevoerde Ingenieurs betaal wat nie eers die land, sy mense en sy taal verstaan nie?

JohanR ·

Die ANC is al seker soe siek, sat en dik vir Solidariteit en AfriForum…….LEKKER!

Jack ·

Waarom skitter die DA in hulle afwesigheid oor hierdie ongeregtigheid?

JohanR ·

Jy is reg Jack….tyd dat die DA meer aggressief raak. In Engels se mens “get some mongrel!”

Samuel ·

Dankie Solidariteit. Julle optrede word waardeer. Hoekom sal die minister haar steur aan regulasies wat bepaal dat ingenieurs geregistreer moet wees? Die minister en daarom die regering stel hulself verhewe bo die wet.

Dirk Mostert ·

Ek kry die indruk enige donker buitelander is bo wit Suid-Afrikaners op die BEE-skaal.

Tino ·

Vat so!

Dink MM kort ‘n spot prent afdeling, ek sien ‘n bloed neus in my verbeelding uit geskets

Jaco ·

Almal in SA is te gemaksugtig en lui om “buite die boks” te dink. Oorweeg bv. my voorstel:
Vat wit mense se stemreg weg en gee in ruil daarvoor vir wit kundiges werk in staatsdepartemente en staatsinstellings wat besig is om uit mekaar te val.

Nico ·

Dankie Solidariteit vir julle insete, daar is genoeg ingenieurs in ons land wat die werk beter kan doen, daar is genoeg bewyse. Die Kuba kan hulle self nie help nie, hulle kan by ons ingenieurs kom leer.

Jack ·

Wat is die kick back wat die minister kry vir die transaksie. Dit sal darem so 10% van die totale koste wees skat ek anders wat is die rede vir die uitgawe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.