Regter Zondo vra meer getuies oor staatskaping

(Argieffoto: Untu)

Adjunk-regterpresident Raymond Zondo het Maandagmiddag ‘n oproep uit die hart gedoen op Suid-Afrikaners wat die land lief het en oor getuienis rakende staatskaping beskik, om na vore te kom en voor sy kommissie te getuig.

Die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping het Maandag in Johannesburg hervat ná drie maande se onderbreking weens die koronavirus en die gevolglike afsonderingsperiode.

Die voormalige raadvoorsitter van die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa), Popo Molefe, het getuienis gelewer oor staatskaping by dié probleemgeteisterde staatsbestuurde instelling.

Dit het by tye maar stadig daaraan toe gegaan met die getuienis, met Molefe, Zondo en die getuienisleier, adv. Vas Soni, wat verskeie misverstande ondervind het oor onder meer watter dokument in watter stadium ter sprake was.

Molefe het gesê die topses-leierskap van die ANC (indertyd Jacob Zuma, Cyril Ramaphosa, Gwede Mantashe, dr, Zweli Mkhize, Jessie Duarte en Baleka Mbete) het teen 2015 geweet van die Prasa-raad se vermoedens van grootskaalse korrupsie in die voorstedelike treinsektor.

Hy het voorts getuig hoe twee voormalige ministers van vervoer, Joe Maswanganyi en Dipuo Peters, hom en sy raad wederregtelik probeer afdank het terwyl hulle die korrupsie in Prasa probeer hokslaan het, en hoe Zuma aangedring het op die aanstelling van die omstrede Lucky Montana as Prasa se hoofbestuurder.

Oor Montana se tyd as hoofbestuurder het Molefe getuig dat daar ‘n twyfelagtige tender van R2 miljard was vir die Braamfontein-depot in Johannesburg, wat deur die raad gestop is nadat die raad lont geruik het.

Molefe het ook getuig dat baie van sy kollegas byvoorbeeld onder druk geswig en bedank het om korrupte aanstellings ter wille te wees, maar dat hulle nou te bang is om daaroor te getuig.

“Ja, ja, ja, dit is so. Dit is ‘n groot probleem,” het Zondo saamgestem. “Hierdie kommissie gaan oor die daarstel van nuwe riglyne vir ‘n beter Suid-Afrika met minder korrupsie. Ek wens meer mense kom na vore met die inligting wat hulle het. Hulle moet ophou dink hul vriende of hul organisasie of hul party moet eerste gestel word. Hulle moet die land bo daardie belange stel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

tweeling ·

Intimidasie is een van die fondasies van die korrupte ANC regering.

J ·

Die ZONDO (bieg) kommissie is die grootste en duurste ‘whitewash’ van ‘n misdadige regering, in die geskiedenis van SA.

Die land kan dit (die klug) nie langer bekostig nie.

J ·

As Regter Zondo NIE die hele ANC top struktuur kan TRONK TOE stuur nie … dan mors hy net sy tyd en die belastingbetaler se geld.

Want ALMAL moes geweet het wat aangaan met die STAATSTROPING deur die anc rampokkers.

Regter Zondo is ‘ontplooi’ om die rampokker kaders te ‘whitewash’. Nie een van hulle gaan tronk toe nie en nie een SENT gaan herwin word nie.

‘We didin’t struggle to remain poor!’

Pieter ·

Ag asb hou net op om ons belasting geld so te mors. Jy mnr die regter weet die menisters gaan niks oor kom nie en in tussen lag jy al die pad bank toe

007 ·

Wat van Ace Magashule, wanneer gaan hy tronk toe? Die grootste skelm van almal.

marius ·

Belasting betalers verwag meer boeie en lewenslange vonisse oor regerings diewe wat staatskaping as verskoning gebruik …maar hulle is weet ook wat poppe spel beteken . En dit is presies wat dit is .

Kruger ·

Ag shame en almal is sooo onskuldig!!!! Dis altyd “hulle”.

Kokerboom ·

Indien Regter Zondo opreg en toegewyd is aan sy taak sal hy ALLE politiekery oorboord gooi en die mag van die reg aanwend en AL die genoemde skuldiges en selfs die wat wegkruip aan die pen laat ry. Ons soek NOU optrede en ophou praat!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.