Reisbeperkings kan ‘meer skade as goed’ doen

(Foto bloot ter illustrasie: Anugrah Lohiya/Pexels)

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) waarsku dat reisbeperkings nié die verspreiding van die nuwe Omikron-variant van die koronavirus gaan stuit nie.

Dít volg nadat nóg lande inderhaas reisbeperkings ingestel het nadat die variant verlede week deur wetenskaplikes in Suid-Afrika aangemeld is.

Die reisbeperkings is hoofsaaklik op lande in Suidelike Afrika gemik.

Maroela Media het vroeër berig dat die nuwe variant aanvanklik in Botswana opgemerk is en later in Suid-Afrika en Hongkong. Wetenskaplikes meen dit is egter onmoontlik om te sê waar die Omikron-variant oorspronklik vandaan kom.

Nog gevalle is intussen ook in lande soos België, Israel, Australië, Brittanje, Kanada, Italië en onlangs in Latyns-Amerika aangemeld. Pres. Joe Biden het ten spyte hiervan aangekondig dat die VSA se reisverbod vir Suider-Afrikaanse lande van toepassing sal bly, sonder dat hy na enige gevalle in ander lande verwys het.

Terwyl Kanada ook die veters van sy reisbeperkings stywer getrek het, waarsku die WGO dat ʼn kombersbenadering in dié verband “meer skade as goed” sal doen.

Volgens die organisasie kan hierdie reisbeperkings lande eindelik ontmoedig om data en inligting oor die ontwikkelende virus te deel.

Ook pres. Cyril Ramaphosa het vroeër gesê daar is geen wetenskaplike regverdiging vir lande om in hierdie stadium ʼn reisverbod in te stel nie.

Die WGO het wel aanbeveel dat oningeënte mense wat kwesbaar is vir Covid-19, onder wie mense bo 60, reise na gebiede waar groepinfeksies voorkom moet vermy.

Tedros Adhanom Ghebreyesus, hoof van die WGO, sê dit is verstaanbaar dat lande hul burgers wil beskerm teen ʼn “variant wat ons nog nie ten volle verstaan nie”. Hy het egter ʼn beroep op lande wêreldwyd gedoen om “kalm, gekoördineerd en samehangend” te reageer en lande aangemoedig om rasionele en proporsionele risikoverminderingsmaatreëls in te stel.

Die waarskynlike sinneloosheid van breë reisbeperkings is verder uitgelig toe Nederlandse owerhede aangedui het dat die Omikron-variant reeds in dié land teenwoordig was nog voordat Suid-Afrika sy eerste bevestigde gevalle op 25 November amptelik aangemeld het.

Die nuwe variant, wat wetenskaplikes glo meer oordraagbaar en weerstandig teen entstowwe kan wees, is op 19 en 23 November in Nederlandse toetsmonsters gevind, waarvan nie een ʼn reisgeskiedenis soos in sommige van die ander gevalle gehad het nie.

AFP berig hoewel baie nog onbekend is oor die Omikron-variant, dit weke kan neem om te bepaal of en in watter mate die variant entstofbestand is en dat die wêreldwye stryd teen Covid-19 nog lank nie verby is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

marius ·

Leunaars . Dit gaan net oor een ding en dit is geld . Punt

casper ·

Ok so:
1. Jy moet gevaccineer word om nie Covid te kry nie.
2. Maar jy moet nogsteeds ‘n masker dra sodat jy nie Covid kan kry nie.

OK – Ek verstaan alles tot op die punt. Nou :

3. Jy moet nog steeds ‘n PCR toets kry al is jy ingeent. — Hoekom?
4. Jy kan nog steeds Covid kry al het jy jou inentings. Wow !! Is dit nie nou in teenstelling met Punt 1 nie????
5. Jy kan nog steeds Covid versprei al is jy ingeent — WOW ne!!
6 Hulle will nou Covid passpporte uitreik en mense verban uit plekke maar as jy dan nog steeds Covid kan versprei wat is die punt????

So al dit beteken ons gaan buitendien weer ‘n lockdown het kom wat wil

Is die kudde immuniteit dan nou ook ‘n miete ??????

Tersia ·

Dit is presies wat ek ook wil weet Casper. Al wat die vax doen is keer dat mense ernstig siek word, wat gee die WGO of enige iemand for that matter om of ek ernstig siek raak of nie! Ja, ek gaan ‘n hospitaalbed beset, maar dit is ook al.

Blomme ·

Casper en 7..hulle is nog nie eens seker of die vaccine bestand is teen die nuwe variant nie.

annie ·

Tedros is mos van Afrika… Van daai lekker land Ethiopië waar dit kos reën. Nou sê hy so en gister so… Maak die virus mense baie vergeetagtig?

Belinda ·

ag hulle kan maar my baas daar in Thailand hou, ons kom reg sonder hom hier…

Althes ·

Los die reisbeperkings, laat ekonomieë oopbly. Covid is hier om te bly, definitief kon die parmaseutiese maatskappye dit nie effektief stop nie.
En SA het ñ baie lae dodesyfer van onder 90 000 na 2jaar.

Geregtigheid ·

DIE OMIKRON DIE SOGENAAMDE 4DE BEPLANDE VLAAG.
DIE OMIKRON VARIANT LEI TOT SIMPTOME SOOS LIGTE HOES BIETJIE SPIERPYN EN MOEGHEID VIR DAG OF TWEE. TOT DUSVER HET MENSE MET DIE VARIANT NIE SMAAK OF REUK SIMPTOME VERLOOR NIE. DR. ANGELIQUE COETZEE VAN DIE SA MEDIESE VERENIGING – SPUTNICK NEWS
THE OMIKRON VARIANT LEADS TO SIMTOMES LIKE LIGHT COUGH, A LITLLE MUSCLE ACHE AND TIREDNESS. UP TO DATE NO PERSON HAS LOST THERE SIMPTOMES OF SMELLING AND TASTING. DR. ANGELIQUE COETZEE OF THE SA MEDICAL BOARD. SPUTNIC NEWS.
NO DEATH REPORTED.
NIEMAND IS DOOD VAN DIT NIE.

Baardman ·

Wereld sou beter af wees sonder die WGO. Hulle is die mense wat die meeste paniek saai

Tokkel ·

82 000 mense sit op Twikinam rugby veld sonder maskers. 8000 plus gevalle elke dag, dan bang hulle SA . Alwat gesê word nou, hulle maak nie reg nie. Wat van kinders wat 2jaar laas by die huis was???
Met elke vakansie wat bietjie lank is, is daar nou ‘n covid verbod om te reis. Slang indie gras wat deur politiek gelei word deur die wereld. Dit kan net nie altyd met vakansie tye wees wat alle lande reisverbod kry nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.