Rentekoers styg November moontlik weer

Argieffoto van Lesetja Kganyago van die Reserwebank. (Foto: GCIS)

Lesetja Kganyago, president van die Reserwebank, het Donderdag gewaarsku dat inflasie dalk verslap het, maar dat nog ʼn rentekoersverhoging vanjaar nie uitgesluit kan word nie.

Kganyago het by ʼn PSG Wealth Think Big-webinaar gesê die rentekoers kan moontlik op 23 November – tydens die monitêre beleidskomitee (MBK) se laaste sitting van die jaar – weer verhoog word.

Hy sê die rentekoers sal na verwagting eers teen einde volgende jaar begin daal.

“Ek sou nie sê inflasie gaan wisselvallig wees nie, maar dit kan vir langer hoër bly as wat ons dink,” het Kganyago gewaarsku.

Hy sê die risiko vir inflasieverhogings kan hoofsaaklik aan die olie- en voedselpryse toegeskryf word, asook die waarde van die rand op buitelandse valutamarkte. Dit het tot dusver vanjaar met meer as 10% teenoor die dollar verswak namate die Amerikaanse sentrale bank koerse verhoog het.

Die rentekoers is in September vir ʼn tweede agtereenvolgende keer onveranderd gehou op 8,25%. Die rentekoers is in Mei die laaste keer verhoog – die tiende agtereenvolgende verhoging. Dit het in Julie en nou in September dieselfde gebly.

Inflasie het in Julie op 4,7% gestaan en volgens Statistieke Suid-Afrika (StatsSA) is die syfer die laagste sedert Julie 2021, toe die koers op 4,6% gestaan het.

“Inflasie het aanhou klim en het eintlik eers in Julie verlede jaar begin daal. Maar selfs dié dalings was baie klein. Dit was slegs in die mees onlangse maande dat inflasie aansienlik afgeneem en teruggesak het binne die inflasieteiken van 4,7% en 4,8% – redelik naby aan die middelpunt van ons teikenband van tussen 3% en 6%.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Karoo ·

“Goeie nuus” as jy geld in die bank het… maar baie “Slegte nuus” as jy met skult sit.

Aggie ·

Behalwe vir (“skult” ) stem ek saam met jou dat mense met skuld swaarder gaan trek.

Ian ·

Wie is hiervoor verantwoordelik. Sekerlik nie Jan Publiek nie. Swak besluite dalk die oorsaak?

Koen ·

Baie mense wil nie by hulle buurmanne afsteek nie. En die luies het allerhande hulpe. Huishulpe, tuinhulpe, karweihulpe, ens,ens. Kla met die witbrood onder die arm. Amper vergeet…ek moet nou ons Desember vakansie bevestig. 5 weke by die see. Salig!

otter ·

Koen , jy is ook maar van die wat kla met witbrood onder die arm . My buurman het nou die dag met n splinternuwe 4×4 raptor by die huis aangekom , daai ding sien ek is sowat 1.6 mil . so ek vat dit maar as , hy wou nie afsteek by my nie want daar is nie n manier wat ek daai geld gaan betaal nie.

Murray ·

Hierdie inflasie syfers wat hulle noem word nie in my kos mandjie gereflekteer nie

annie ·

Noudat die VSA nie die rentekoerse opstoot nie sal die oom dalk ook besluit om die ‘baas’ se voorbeeld te volg veral omdat die mnister van finansies die verkoopsbelasting ook wil verhoog (wat die gemoedere gaan laat oorkook).

Aggie ·

Genade, nou hoekom sê jy dankie daarvoor. Jy skryf dit seker tong in die kies, maar ek sal dit waaragtig nie geskryf kry nie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.