Reusesoektog ná Kaapstad-skietery 6 eis

Argieffoto: Kent Williamson

ʼn Reusesoektog is begin na ʼn groep mans wat by ʼn huis in Khayelitsha ingestorm en ses mense doodgeskiet het.

Volgens brig. Novela Potelwa, polisiewoordvoerder, het die mans net wild begin skiet nadat hulle Sondag in die vroeë oggendure die huis binnegegaan het.

“Vyf mense is op die toneel dood en sewe mense in die skietery beseer. Een van die beseerdes is kort ná hul aankoms by ʼn hospitaal dood verklaar.”

Potelwa het gesê ʼn sesjarige meisie is ook in die skietery beseer. Volgens mediaberigte is ʼn sjebien van dié huis af bedryf

Sake van moord en poging tot moord word ondersoek.

Enigiemand met inligting oor die voorval word versoek om Stop Misdaad by 0860 10111 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Magda ·

Tragies – maar osn bly in die wille weste Afika – Sterkte aan alma wat geraak word met die onnodige misdaad in SA, en alles te danke aan ons Patetiese / onbevoegde (ALL Natiaonal Crimals) ANC regering.

LIEZL ·

Nee, die wilde weste het hulself hier kom vestig in ‘n land wat eens op ‘n tyd vreedsaam en wat met wet en orde gehandhaaf was

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.