Rower gewond ná rooftog, skietery by kruidenierswinkel

misdaad-polisie-crime-scene-kent-williamson-5

(Argieffoto: Kent Williamson)

’n 33-jarige man is Sondagoggend deur die polisie geskiet en in hegtenis geneem nadat hy en drie ander ’n kruidenierswinkel in Kuilsrivier in die Wes-Kaap beroof het.

Kol. Andrè Traut, woordvoerder van die polisie, sê vier mans het die winkel beroof kort nadat dit oopgemaak het. Die winkel is op sosiale media as ’n Food Lover’s Market geïdentifiseer.

Die polisie was egter vinnig op die toneel. Een van die verdagtes het polisiebeamptes in die parkeerterrein van die winkel gekonfronteer en skote op hulle afgevuur. Die polisiebeamptes het teruggeskiet en die verdagte is gewond. Hy is later in hegtenis geneem.

Die verdagte se makkers het egter ’n Toyota gekaap en op die vlug geslaan. Die voertuig is intussen in Mfuleni gevind. Die verdagtes word steeds gesoek.

Die omstandighede rakende die voorval word ondersoek. Die gewonde verdagte sal binnekort in ’n hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

MakersMark ·

Misdaad versprei in die Wes kaap soos ‘n veldbrand. Vanaf al die informele nedersettings en skollie areas die hele plek vol. Paar jaar dan is daar ook niks oor nie. ANC soveel stemvee aangery geen werk of ordentlike behuising nie.

Paul ·

Dit is die probleem. Waar daar blankes in beheer is, is daar orde en voorspoed. Ongelukkig trek die voorspoed wat daar heers andere aan en oor tyd verval orde en voorspoed.

Coolbanana ·

Invoer van Oos-Kapenaars vanaf die 80s al…… dis nou die gevolg..n jammerte !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.