Rusland: Straf die regering, nie die land

flip buys

Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging. (Foto: Reint Dykema)

“Straf die Suid-Afrikaanse regering – nié die land en sy mense nie.”

Dít was die versoek van Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, Vrydag aan die Amerikaanse regering net nadat dié land se ambassadeur, Reuben Brigety, Suid-Afrika daarvan beskuldig het dat hy wapens aan Rusland verskaf het om in die oorlog teen Oekraïne te gebruik.

Buys sê die jongste ramp wat die regering oor Suid-Afrika gebring het deur glo wapens aan Rusland te lewer, gaan die land en sy mense duur te staan kom.

“Die VSA het reeds streng sanksies teen talle lande wat teen hom kant gekies het in die oorlog in Oekraïne.

“Die Amerikaanse ambassadeur het waarskynlik opdrag van pres. Joe Biden gekry om in die openbaar standpunt in te neem. Dit is hoogs waarskynlik dat die onlangse Suid-Afrikaanse afvaardiging na die VSA onder leiding van mnr. Sidney Mufamadi misluk het om gemoedere in Washington te kalmeer,” het Buys gesê.

Hy meen die regering se optrede is onverskoonbaar, veral omdat dit op ’n tyd kom wat die land reeds diep in die moeilikheid is.

“Hierdie jongste fout verseker bykans die kans op ’n resessie, en die val in die rand verhoog alle landsburgers se reeds hoë lewenskoste.

“Daarom is daar net een boodskap wat die Solidariteit Beweging aan die Amerikaners kan rig, en dit is dat hulle nie die land moet straf vir wat die regering aanvang nie. Hulle moet eerder die verantwoordelike regeringsleiers self teiken vir hul beoogde strafmaatreëls.”

Buys beskryf die ANC se optrede as ’n diplomatieke ramp en sê Suid-Afrika kan nie bekostig om in konflikte betrokke te raak waarby die land geen belang het en wat duisende kilometers weg is nie.

“Die regering behoort in landsbelang op te tree, en nie vas te steek in die vergete Koue Oorlog-era nie.

“Die regering het nou die kanse vir ’n 2023-resessie vergroot en die ANC se optrede verswak die rand so dat almal se lewenskoste verhoog. Die grootskaalse verkoop van Suid-Afrikaans gebaseerde aandele benadeel alle pensioenfondslede en die ANC moet daarvoor verantwoording doen.

“Die regering se optrede kan ook duisende mense se werk kos omdat dit neerkom op ’n verbreking van die gunstige (Wet op Groei en Geleenthede in Afrika, bekend as Agoa) handelsooreenkoms met die VSA.”

Buys sê voorts dit is duidelik dat die regering lynreg teen die nasionale belang optree. Betrokke regeringsleiers het volgens regslui ook wetgewing oortree deur wapens te lewer aan ’n land wat in ’n oorlog betrokke is.

“Dit is algemene kennis dat die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) in ’n hopelose toestand is en nie in staat is om sy basiese pligte uit te voer nie. Dit blyk uit die powere stand van die lugmag, leër én vloot.

“Die regering het terselfdertyd die land se verdedigingsbedryf tot op die grond afgebreek deur die skandelike vernietiging van Denel. Die land wag ook nog in spanning vir vervolgings in die wapenskandaal wat dekades gelede al plaasgevind het. Daarby kom die vraag of daar enige korrupsie by die wapenverskaffing betrokke was.”

Volgens Buys het die regering nou al genoeg skade aangerig wat aan die verval van die land op elke gebied denkbaar sigbaar is.

“Die jongste krisis kan daartoe lei dat die land weer die muishond van die wêreld word, en ’n teiken van diplomatieke, ekonomiese en politieke strafmaatreëls.

“Daarom behoort hierdie korrupte en onbevoegde ANC-regering te bedank. Die land kan hulle net nie meer bekostig nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

104 Kommentare

skurweberg ·

Die getal kommentare bevestig pressies dit wat Christine sê. Belangstelling is hoog oor hierdie situasie. Tandsenuwees is raakgeboor.

Manie ·

Verduidelik asb hoe ‘n mens ‘n regering kan straf sonder om sy landsburgers te straf.

TruthDealer ·

Vra maar vir diegene wat Amerika aanbid. Hulle sal seker die antwoorde hê. Ek het n meer pertinente vraag: Wat de joos gee Amerika die reg om sy wil te wil afdwing op n soewereine land, SA? Wat de joos gee Amerika die reg om hulle neuse in te steek in die sake vd BRICS alliansie?? Die vermetelheid!!

Pierre ·

Dan moet RSA nie bakhand staan nie, basiese reels jy soek fondse, ek het dit so speel volgens my reels of jy kry dit nie.

TruthDealer ·

Wel hopelik leer die ANC nou om op te hou bakhand staan by Amerika. Die Allerlaaste land op die planeet om mee deurmekaar te raak. Hoop hulle het nou hul les geleer.

JohnnyS ·

Ja liewer by China en die res van die kommunistiese spul bakhand staan. Daar is GEEN manier wat Suid-Afrika alleen die mas sal opkom.

Jacobus ·

TruthDealer so jy wil eerder Brazilie, Rusland,India en China se maatjies wees as Amerika en Europese Unie? ?????????

Republikein in die Wes Kaap ·

Binnekort is daar 24 lande in BRICs. Dan is die bloc groter as die VSA en EU tesame, in terme van ekonomie en mense. Die VSA en sy maters se gloeilamp verflou. Deel van ou wêreld.

TruthDealer ·

Ja. Amerika en die EU is NIE die vriende vd mensdom, en van ons, wat jy dink hulle is nie. Maar julle sal dit met die jare saam moet uitvind.

Hendrik ·

Amerika het die reg om handelsbetrekkinge met enige land te verbreek. Wat gee SA die reg dat Amerika handel met SA moet dryf?

TruthDealer ·

Hulle het absoluut die reg om handelsbelange te verbreek en die SA regering moet begin besef: Jy kies n kant en dan moet jy jou omstandighede skik volgens daardie keuse. Daar is ander lande waarmee hul kan handel dryf vir uitvoer, daar is bv die hele Suid Amerika, ander BRICS lande, Suid-Oos Asië ens. Hulle moet hulself begin afspeen van Amerika. America doesn’t see trade as simply that, it sees trade as an economic sword over the lesser country. It’s a tool of enslavement to the Yanks.

kaplyn ·

Manie, deur beslag te le op die buitelandse bates van die regeringsamptenare en reis beperkings op hulle te plaas en mense en besighede te verbied om met die regeringsbeamptes sake te doen, soos byvoorbeeld, dat buitelanders nie meer buffels by Ramaposa mag aankoop nie, deur hulle te verbied om sulke aankope in hulle lande in te bring. Dan word die regeringsamptenare direk gestraf

TruthDealer ·

Ek ken genoeg om te weet Amerika het die voortou geneem om ons ondergang te bewerkstellig. Om ons afgestorwe grens soldate se opoffering weg te skop asof dit niks was nie. Amerika en De Klerk. Politiek en politici. My eks man was op die grens en selfs hy kan dit indien. DIT is hoekom ons vandag sit waar ons sit! Amerika en De Klerk!

Jacobus ·

So jy dink Rusland het nie die Suid Afrikaners se vyand van wapens voorsien nie? As jou man daar was sal hy weet dat daar heelwat Russiese raadgewers gedood is.

piet ·

Ek wil ook graag weet? Die meerderheidskiesers het mos die regering daargestel. Dis soos ‘n demokrasie werk.

skurweberg ·

Ons sal in die toekoms duidelik moet onderskei tussen kwaliteit of kwantiteit. Dis wat ‘n maatskappy ook kan laat sink of floreer.

WitBlits ·

Stem 100% saam – Straf die Skuldige, korrupte, skelm en totaal onbevoegde Regeringsamptenare, nie die land se mense nie… Ons word genoeg gestraf deur die onkwame ANC regering op elke moontlike vlak of deel van ons lewens elke dag in die land.

Jacobus ·

Straf die massas wat vir die ANC STEM dan sal die regerende party by n stembus verander.

Jakkie ·

Die toerusting is 40 jaar of selfs ouer, mens sal kan reken die gevaar om die verouderde toerusting te gebruik dat dit gevaarliker vir persoon wat dit gebruik is as vir die persoon wat aangeval word. By die laaste parade wat op TV vertoon is toerusting en voertuie gebruik wat ons in 1980’s reeds gebruik het. Reisbeperkings op regeringsamptenare kan die land baie spaar……..

Jacobus ·

N G5 kannon kan nog sy werk doen as hy net weer mooi gediens word asook sy ammunisie kan nie te oud wees om nog te gebruik nie. Plofkoppe kan oud word nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Vandag se Russiese kannone skiet baie verder as die G5.

Jacobus ·

Dit mag dalk so wees as jy Russiese propogande glo. Het jy vanoggend gelees hoeveel wapentuig Rusland as verloor het, as jy dit wil glo.

Republikein in die Wes Kaap ·

En die westerse media vertel vir ons die arme Oekraïne wen die oorlog.

George ·

Cyril en sy pelle line hulle pockets. Onthou as al jou geld in dollars is soos Cyril, is die verval van die rand niks op jou radar nie

Hendrik ·

Dis hoekom sanksies teen die regeringsamptenare toegepas moet word. Vries hulle buitelandse rekeninge.

Anton ·

Dis die Suid-Afrikaanse” majority wat hierdie regering aangestel het.

melaney ·

Stem saam Anton. En ons was destyds deel van daardie majority. Ons het toegelaat dat die majority mag saam met ons stem.

Jacobus ·

Anton jy is 100% reg dit is hoekom die majority en ons gaan dit ook voel maar moet saam ly. Die EU moet ook net nog sanksies instel.

Talitha ·

Die vraag is eerder: Wat sal Rusland nie hê wat Suid Afrika kamstig kon gegee het nie? Watter wapens in werkende orde kon ons aanbied…

Fran ·

…jy verstaan duidelik nie. Amerika gee miljoene dollar vir Suid Afrika elke jaar en ons kies om ons grootste handelsvenoot die rug te draai deur Rusland te steun. Is dit nou duidelik of nog steeds te moeilik?

TruthDealer ·

En daardie miljoene gaan in kaders se sakke, so dis irrelevant. Om n handelsvenoot van n land te wees beteken jy konsentreer op Besigheid, dit beteken nie jy het die reg om daardie land deur dreigemente te onderwerp aan jou wil nie. Dit beteken nie daai land is jou slaaf nie. Maar boelie Amerika ken mos net een ding,Intimidasie.

Jacobus ·

Hoeveel rand het Rusland al vir SA gegee? Hulle het met die grensoorlog gehelp ja, om jou en my kinders te dood en dit om die ANC in beheer te kry. Maak dit vir jou sin? Was jy daar indie grensoorlog en gesien wat gebeur het?

TruthDealer ·

En toe het AMERIKA deur politiek en sanksies grotendeels die opoffering van ons afgestorwenes gedaan gemaak! Hulle het die grootste rol gespeel in ons ondergang, hoekom Dink jy verag ek hulle so?? Lande maak oorlog ja, maar Rusland kon ons toe nie vat nie. Maar die politici, insluitende grotendeels Amerika en De Klerk se politiek het ons soldate se beste pogings in die wiele gery, hulle en ons uitverkoop. Plaas jou haat op wie dit verdien!

Fran ·

Daardie miljoene gaan na nie na die kaders se sakke nie. Dit gaan na die uitvoerders van hulle produkte- vars en ander. Tans is die Agoa ooreenkoms waar siud Afrikaanse produkte wat na Amerika uitgevoer word nie belasbaar nie so die voordeel gaan aan die uitvoerder. Amerika wil daardie ooreenkoms hersien omdat Suid Afrika Rusland ondersteun. DAN gaan die uitvoerder seerkry en nie die ANC regering nie.

Jacobus ·

Fran die Eurpese Unie moet ook net sanksies instel dan kry ons almal swaar. Dit is dalk wat almal van ons kort om ons saam te laat staan.

Hendrik ·

Dit pas Rusland 100% indien Amerika teen SA sanksies sou toepas, want dit skep dan vir hom n leemte, geleentheid wat hy ten voordeel goed kan gebruik, misbruik. Dit is Afrika se geskiedenis om die weste teen die ooste af te speel.

Hendrik ·

Rusland het nie ‘n mark vir SA produkte nie. 50% van rusland se bevolking het nog nie normale spoeltoilette nie. Jy kan nie verkoop aan mense wat nie geld het om te betaal nie.

Sarel ·

Die VSA het.nog altyd die ANC ondersteun tenspyte van bewyse van swak Regering..
Dieselfde met Europa…voel.niks vir die mense van SA nie

domheks ·

Hoe gouer ons BRICS geld kan begin gebruik hoe beter vir Suid Afrikaners. R/$ is ons ondergang.

Jacobus ·

Die helfte BRICS lande se ekonomie is in n resessie en die ander helfte maak oorlog so jy vra daar om hulp. Cyril bedelaar Mufamadie is dan nou in Amerika om te bedel vir nog Dollers. Hoekom gaan bedel hy nie by die BRICS lande nie???????

Republikein in die Wes Kaap ·

Amerika is diep in skuld. En die EU is in ekonomiese chaos.

Jacobus ·

Dit antwoord nog nie my stelling nie. Mufamadie is deur CR na Amerika gestuur om te gaan bedel vir nog Dollers.

Republikein in die Wes Kaap ·

Mufamadie moes vure gaan blus. Dit wat die Yank gesê het is maande terug met Ramaphosa bespreek.

Hendrik ·

Snert – die armste staat in die VSA, Louisianna, se BBP is op dieselfde vlak as Frankryk s’n. Dit gaan finansiëel beter met Amerikaners as enige ander land in die wereld.

Republikein in die Wes Kaap ·

Hendrik, Yanks landswyd verloor huise in hul miljoene. Rakke is sonder kos. Banke vou. Pensoengondse onder druk. Gaan kyk hoe lyk Kalifornia.

TruthDealer ·

Ja ek lees elke dag hoe hulle, die gemiddelde Amerikaners, nou kla en bekommer oor hul stygende lewenskoste. Klink of die lewenskoste daar nou so duur is soos hier. Kos, verbruikersprodukte, huur en behuising ens. Die aanpassing maak hulle bang vir die toekoms, hulle is nie gewoond aan sukkel nie.

Shakespeare ·

Wat op dees aarde gaan Rusland met al die knopkieries, pangas en messe maak wat die ANC skenk ???

melaney ·

Ek glo dat daar wel wapens oorgedra is van een hand na die ander. Ek was onder die indruk dat SA geen noemenswaardige wapens besit nie. Nou net ‘n vraag: Is dit dalk moontlik dat Rusland SA gebruik om hier van hulle wapens weg te steek, of andersom, het Rusland dalk hulle eie wapens wat al ‘n ruk weggesteek was, kom oplaai om sodoende verder teen hulle vyand te gebruik? Die punt van SA speel ‘n belangrike rol in enige oorlog situasie.

Jacobus ·

Melaney Rusland is in n oorlog gewikkel hulle wil nie hulle wapens kom wegsteek in SA nie. Verwat??????

miche ·

Jacobus, daar was lank terug reeds melding gemaak van kratte wat van die Russiese skip afgelaai was tydens “loadshedding” en in stikdonkerte na Koeberg toe vervoer was. Ek ys as ek dink wat moontlik in daai kratte kon wees…

Jacobus ·

Daardie kratte is nie na Koeberg vervoer nie maar na die noorde van die land. Wie se vir jou dit was nie dalk lee kratte wat volgelaai is hier en in n Russiese vliegtuig wat paar weke later op Waterkloof lugmagbasis geland het gelaai nie?

miche ·

Ek verstaan van die kratte is ook afgelaai in Limpopo maar ook in Koeberg, in stikdonkerte en geheimhouding. Hou maar dié spasie dop. Iets broei wel iewers.

miche ·

Melaney, ek stem saam met jou.
Iets broei en niks sal my verbaas nie. Daar was lank reeds op ander nuuswerwe genoem dat direk nadat die Russiese skip gearriveer het, kratte afgelaai is wat na Koeberg toe vervoer is. Dit tydens in algehele donkerte…glo erge loadshedding gewees…

Cherokee ·

“Hierdie jongste fout…..”
Dit is g’n fout maar onbetwisbare verraad.

Republikein in die Wes Kaap ·

Flip, die “mense” stem vir die regime. Dis hoe demokrasie glo werk.

Pierre ·

Die wapens was heel moontlik deer China vwerskaf en deer RSA vervoer na Rusland, almal staar hulle blind aan “wt” kan RSA hulle bied, in my opinie was RSA die middelman in die transaksie.

Waarom ·

Dit maak sin vir landsburgers wat nie vir die regering stem nie. Ongelukkig stem die meerderheid nog vir hulle en sal almal gestraf word.

Jackie ·

Dis ongelukkig die land se mense wat so stupid is om nog vir die regering te stem.

Stoffeltjie ·

Al wat nou sal help is ‘n staatsgreep teen die mafiastaat. Ons gaan almal bietjies bietjies huil. 80% gaan terughardloop na hul land van herkoms en ons ander, wat geen keuse het nie, sal moet sit met die gemors van die ANC.

Marius ·

Die jongste fout van die regring bewys net weereens dat die die klomp kaders geensins gepla is oor die mense van die land nie.
Dit gaan net oor hulself en die verouderde storie van apartheid.

Siestog !!!

Jacobus ·

Mnr Buys dit is nou hier waar ek met jou verskil. As die land gestraf word gaan die inwoners ongelukkig die swaarste dra en ek is bly daaroor. Die kiesers wat hierdie korrupte ANC BENDE in beheer hou moet dit aan hul eie lywe voel. Ek gaan dit ongelukkig ook voel, maar dit is maar reg so ek sal dit aanvaar sodat daar hopelik n verandering van stemme by die stembus kan kom deur die meerderheids groep. Dit is al hoe hierdie ANC BENDE UITGESTEM GAAN WORD.

Republikein in die Wes Kaap ·

In teorie, Jacobus. Maar die ANC se kiesers is reeds teen die planke. Die regime sorg vir hulle.

Jacobus ·

Jy is reg maar as die ANC se geld opraak wat dan? Het jy al gedink wat gaan 17 miljoen mense maak wat nie meer n toelae kry nie?

Manie ·

Die regering sal dit wel op die een of ander manier van jou en my verhaal, maar die omkoop toelaes sal hulle betaal.

Hendrik ·

Jou redenasie werk net in ‘n land met ‘n gesofistikeerde kieserskorps. In SA stem mense op rasgrondslag, nie beleid nie.

Joe Olivier ·

Ek wonder of Biden, in die toestand wat hy is, kan onthou hoe hard baklei het om die anc in bewind te kry. Sal hy en al die ja stemmers van 1992 ooit erken dat hulle ons in die gemors gedompel het?

TruthDealer ·

Daar was al 2/3 Amerikaners wat my om vergifnis gesmeek het namens hulself en hul regering, vir wat hulle aan ons gedoen het. Noudat hulself sekere ernstige probleme het met n sektor van hul bevolking, begin hul besef, die wiel draai.

Republikein in die Wes Kaap ·

WO 3 is met ons. Die gevegslyne word getrek. Dit gaan morsig wees.

agnes ·

Hoog tyd vir n nuwe intelligente regering. Ondenkbaar dat n land in 30 jaar so agter uit kan gaan. Sies ANC

Doompie Daan ·

Dankie Flip Buys vir jou raakvat en vasvat inligting en kommentaar!

TheSnake ·

Suid Afrika het net een reël nodig. Net enetjie. Gee stemreg SLEGS aan diegene wat ‘n geldige belasting verwysing nommer het. Laat belasting betalers alleen mag stem. Dan sal enige regering daaraan werk om werkloosheis hok te slaan.

Manie ·

Grote genugtig, die arrogansie. Ek lees so pas dat die ANC regering ‘n diplomatieke waarskuwing aan die Amerikaanse ambassadeur uitgereik het. Voor 5 vanmiddag verhandel die rand teen R20.00 teenoor die dollar.

Jacobus ·

En dan stuur Cyril vir Cydnie Mufamadie Amerika toe om te gaan bedel vir geld. HOE ARROGANT KAN MENS WEES!!!!!!!!!

Republikein in die Wes Kaap ·

Beide lande se ambassadeurs gaan “teruggeroep” word. Ons sal nou ook die ander kant van Amerika beleef. Hou maar die lugruim dop.

Hendrik ·

Dit is kommerwekend dat die burgers so uitgelewer is ‘n swak regering en so ‘n regering word in plek gehou deur die kiesers. Die Republiek moet val en vevang wird deur Federale state van Suid-Afrika. Sessie is natuurlik ‘n baie beter oplossing vir die verantwoordelikes en ons hoef nie toestemming te vra ,vanaf die ANC, om die regte ding te doen nie.

Manie ·

Die tyd is nou ryper as ooit tevore, met al die vure rondom hulle, behoort dit nou makliker te wees.

Sobymykoolkop ·

Stem nie met als saam wat jy sê nie TD maar ek verstaan en hoor duidelik wat jy sê. Mooi gestel

skurweberg ·

Die wêreld sien nou wat hulle na 94 gekry het, met die sanksies teen SA. Die inwoners wat in SA “ja” stem het is ontnugter, terwyl die wat “nee” gestem het, huil in stilte.

Nick ·

Dis die problem Flip. Hulle sal nooit die regering straf nie want as hulle die mense onderdruk dan verwag hulle dat die publiek die regering omver sal gooi sodat Amerika hulle sin kan kry. Maak oop julle oe, Amerika is die boelie

Theunis ·

En net wanneer ons dink dat beurtkrag die gunsteling oorsaak is vir totale ekonomiese vebrokkeling, kom daar ‘n tweede gunsteling tenvore, die wissel waarde van ons geld eenheid, nie dat die swak rand nog nooit ‘n probleem was nie, dit word nou net baie sterker beklemtoon en perongeluk reageer mense nie meer op die waarheid nie, maar wel op persepsies.

annie ·

Al die ou Grenssoldate glo sowaar hulle het teen die Russe geveg vir vryheid en vanderland. Die VSA het lekker gelag want julle het Savimbi gehelp om Angola se oliebronne vir die VSA te beskerm. Net daarna druk dieselfde vriende julle uit SA se regering. Oulik nê? Nou glo julle nog steeds die storie. Wat die Weermag se topmanne mee besig was is ‘n ander storie… Nie te oulik nie…

skurweberg ·

Dis die indruk wat ons gehad het, die troops is dit wat agter toe deure en in die donker gekonkel is, sal van die dakke af uitgeskree word.

Carel ·

Rusland het ‘n waarskynlik ‘n nes korrupte kaders privaat genader om wapens te “verkoop”.

Hierdie Nes Kaders het met OMKOOPGELD hulle Privaat Hande kloue, op die Weermag se Wapen Arsenaal geslaan.

Wed julle dat daai Miljarde US$ Russie aankoop geld in Private Kader oorsese bankrekeninge lê; ek twyfel STERK of die Tesourie ’n enkele sent van daai geld gekry het & of die Reserwe Bank enigsins bewus was van hierdie Korrupte Kader Transanksie

Squirrel monitor die situasie oudergewoonte.

Hierdie is AFRIKA, waar aanspreeklikheid nie bestaan nie . . . DIS ’N WESTERSE DING

• Wapenskandaal . . . niemand tronk toe nie
• Olie verkope skandaal . . . niemand tronk toe nie
• Zondo komissie . . .. niemand tronk toe nie
• Guptas skandaal . . . niemand tronk toe nie
• “Eskom Files” . . . de Ruyter is die skuldige??

Russiese Wapen verkope . . . VERWAG JULLE REGTIG DAT IEMAND SKULDIG BEVIND SAL WORD??

Wakkerslaper ·

Mnr. Buys, is dit nie die ideale tyd om as Boere op te staan en te sê ons erken nie hierdie kommunistiese, terroriste waaraan ons uitgelewer is nie? Die Weste wil ons nou skielik boikot… is die kommuniste nie JUIS waarteen ons baklei het nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.