Rybewyse: SA kort ander plan met sukkelende masjien

(Foto: Maroela Media)

Die proses om rybewyse in Suid-Afrika te druk en uit reik moet na ʼn provinsiale vlak afgewentel word om die doeltreffendheid daarvan te verbeter en die proses te versnel.

Só het die DA Vrydag gesê nadat die departement van vervoer aangekondig het dat die land se enigste masjien wat rybewyse vervaardig vir die soveelste keer opgepak het. Dit het opnuut tot aansienlike agterstande in die uitreiking van die kaarte gelei.

Die afwenteling van die proses is ʼn voorstel wat die DA al voorheen gemaak het. Die regering het dit egter verwerp.

Hierdie kaarte is sedert 1998 in gebruik en die departement het planne vir ʼn nuwe bestuurslisensiekaart en nuwe masjiene aangekondig. In September het die kabinet dié nuwe bestuurslisensiekaart goedgekeur, waarvan die eerste fase vir November 2023 beplan word. Die huidige lisensiekaart en drukmasjien sal egter eers op 1 April volgende jaar uit diens gestel word,” sê Thamsanqa Mabhena, die DA se woordvoerder oor vervoer.

“Die departement se administratiewe tekortkominge het hulle genoop om die verkrygingsproses vir die nuwe bestuurslisensiekaarte van vooraf te begin. Gegewe hierdie situasie moet die departement die drukproses onmiddellik afwentel om die omkeertyd vir nuwe bestuurslisensies te verminder. Deur hierdie proses aan provinsiale owerhede oor te gee kan ons dienslewering bespoedig.”

Die burgerregteorganisasie AfriForum sê intussen die stukkende drukmasjien beklemtoon opnuut die meriete en noodsaaklikheid van AfriForum se hofsaak later vanjaar wat die verstrykingsdatum van bestuurslisensiekaarte betwis.

AfriForum sal op 7 en 8 Augustus in die Pretoriase hooggeregshof wees om onder meer ʼn verklarende bevel te eis dat die vyfjaar-geldigheidstydperk van rybewyse ongrondwetlik is, asook alle boetes wat vir lisensies wat verval het opgelê word.

Ernst van Zyl, veldtogbeampte vir strategie en inhoud by AfriForum, sê die minste wat die regering kan doen is om ʼn grasietydperk toe te staan vir motoriste wat nou weer “slagoffers van die regering se swak beplanning is”.

“Hierdie onbeholpe regering het nie eens die visie om te belê in ʼn tweede drukmasjien vir lisensiekaarte nie.

“Ek sukkel om te glo dat die globale aanbod van hierdie noodsaaklike stuk gereedskap op nul staan. Hierdie en ander verswarende omstandighede is juis hoekom AfriForum in Augustus weer eens in die bresse tree vir die publiek om motoriste te red van hierdie sirkus.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Johan ·

Die oplossing is eenvoudig, hou op om elke paar jaar die nuttelose lisensie kaart te her druk, sit dit soos van ouds op jou ID of voeg dit met ‘n barcode by.

Koos 100 ·

Johan, elke departement wil op sy eie hopie bollie sit, daarom sit jou beursie vol met kaarte.

JvR ·

Daar is n ander plan. Waarom moet die kaart so gereeld hernu word. Die ID kaart bevat n microchip wat, volgens binnelandse sake juis daar is om ekstra inligting soos huwelikstatus, lisensies ens te stoor. Kan met een scan opgetel word

Nicky ·

Stem met Johan julle neuk alles op en dan moet ons bontstaan. Maak soos van ouds

Elizabeth ·

Stem saam met DA. Ook dat gereelde hernuwings nonsens is.

Tikkel Tokkel Jimpels Gogga ·

Afrika-regerings, veral SA se regerende party, is mal oor burokrasie, rompslomp en red tape. Hulle floreer daarop. Gaan kyk maar na al die staats departemente, die een is so onbeholpe, oneffektief, onbetroubaar, met verouderde tegnologie soos toe Jan in 1652 voet aan wal gesit het. Daai lisensie kaart masjien het nog die VOC se stempel op as jy mooi kyk.

Eugene ·

Hierdie regering kan nie eers gesins beplanning doen nie, wat nog van iets beplan wat uiters belangrik is.

Papsak ·

Hoekom moet kaart elke jaar hernu word kom jou geldmaak besigheid want our people kry nooit genoeg van skelm wees of geld nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.